Hy Beloon Dié Wat Hom Soek 

“As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil.

Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan

en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.”

―Hebreërs 11:6

Jy mag dalk hierdie boek vir ‘n vriend of vriendin gekry het, vir ‘n familielid, of vir jouself, maar wie ook al egskeiding in die gesig staar—hulle is heel moontlik net so geskok of verras soos wat ek was—selfs al is dit die tweede of derde keer dat ‘n egskeiding teen hul aanhangig gemaak word.

Niemand kan eerlikwaar sê dat hulle aan egskeiding gedink het toe hulle getrou het nie, ten minste nie ernstig nie. So wanneer dit wel gebeur, is ons almal ‘n bietjie geruk en kan nie help om te dink: “Nie ek nie” of “Nie sy nie” of “Nie hy nie” of “Nie hulle nie,” selfs al is egskeiding algemeen in ons samelewing.

Vir elkeen van julle wat deur egskeiding getref was, hierdie boek is net vir julle geskryf. God het aan julle gedink van die eerste oomblik wat ek begin tik het, en Hy het jou nog steeds in Sy gedagtes. As jy niks anders van hierdie boek wegvat nie, wees asseblief seker om dit te vat: Hy is nie kwaad vir jou nie, Hy is nie teleurgesteld in jou nie, Hy dink nie jy is ‘n mislukking nie. As dit is hoe jy voel, of hoe iemand met jou gepraat het—dit kom nie van God af nie. Ek belowe.

“As iemand jou aanval, het Ek hom nie gestuur nie; wie jou aanval, sal die onderspit teen jou delf” (Jesaja 54:15).

Sy tydsberekening en doel in my lewe (en joune), is ver bokant wat ons kan verstaan. Sy weë is duidelik hoër as ons weë!

“My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.” (Jesaja 55:8-9).

Selfs al was dit dalk nie jou idee of jou plan nie, vertrou dat die Here dit totaal onder beheer het, selfs al voel dit asof iemand anders dalk beheer het—soos jou eggenoot, die “vyand” of die ander vrou, of ander man in jou eggenoot se lewe. Maar God sê anders . . . “’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop” (Spreuke 16:9).

Toe my man na ons slaapkamer toe gekom het om met my te “praat,” hierdie keer, om vir my te sê dat hy daardie middag op pad was na ‘n prokureur om ‘n egskeiding aanhangig te maak, weer, het hy gesê dat hy van plan was om iemand anders te “vind” om mee te trou (alhoewel hy alreeds by sy hoërskool meisie betrokke was). Ek was in staat om vinnig ieder en elke beginsel toe te pas wat jy nou op die punt staan om te lees. Selfs al het ek geen idee gehad van wat onder my neus gebeur het nie, God het geweet en was gereed om my te help. Dieselfde is waar vir jou en jou situasie.

Dit is hoekom jy nou hierdie boek vashou, God was ook nie geskok of verras deur jou egskeiding nie. Hy het daarvan geweet en was ver voor jou. Hy het my gelei om hierdie boek te skryf om jou die hulp en aanmoediging te gee en om vir jou van Sy liefde te vertel wat jy nodig het—nou dadelik.

Wat Hy besluit het om te doen, net om jou te help, was om my vooruit te stuur. Hy het geweet dele daarvan mag dalk vir jou skrikwekkend wees, sekere dele van die pad mag dalk bietjie te smal voorkom, te styl of die kloof te wyd, so Hy het my vooruit gestuur om vir jou ‘n brug te bou.

Die Brug Bouer

deur Will Allen Dromgoole

‘n Ou man, op ‘n eensame hoofweg,

Het gekom, teen die aand, koud en grys,

By ‘n kloof, groot, en diep, en wyd,

Waardeur ‘n verwoede gety gevloei het.

Die ou man het in die dowwe skemer oorgesteek;

Die verwoede gety het geen vrees gehad vir hom nie;

Maar hy het omgedraai, veilig aan die ander kant,

die kloof oorgesteek, diep en wyd -

Hoekom bou jy die brug in die aand?”

Die bouer het sy ou grys kop gelig:

“Goeie vriend, op die pad wat ek gekom het,” het hy gesê,

“En bou ‘n brug om die gety te oorbrug.

“Ou man", het ‘n mede-pelgrim naby gesê,

“Jy mors jou krag deur hier te bou;

Jou reis sal eindig met die einde van die dag;

Jy moet nooit weer hierlangs kom nie;

Jy Daar volg my vandag

‘n Jeugdige, wie se voete hierlangs moet loop.

Hierdie kloof, wat vir my niks was nie,

Vir daardie jeugdige met die ligte hare, mag dit ‘n slaggat wees.

Hy, moet dit ook in die dowwe skemer oorsteek;

Goeie vriend, ek bou hierdie brug vir hom.”

So, nou is daar geen nodigheid om bekommerd te wees, angstig te wees, of selfs vir jou om sleg te voel oor dit wat voorlê nie. Hy het vir my gesê om vir jou te sê dat jou toekoms helder lyk!

“’Ek weet wat Ek vir julle beplan,’ sê die Here: ‘voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!’” Jeremia 29:11

Ek weet dit mag dalk nie nou so lyk nie, en dit voel sekerlik nie so nie, maar sal jy iemand vertrou wie nounet daardeur gekom het en wat gelukkiger as ooit is?

Nee, ek glo nie aan egskeiding nie. Ek sal nooit (in ‘n miljoen jaar) egskeiding kies vir myself of my kinders nie—maar dalk soos jy, het jy nie ‘n keuse in die saak gehad nie. Toe daardie dag wel getref het, het ek ‘n keuse gemaak wat ek graag sal wil hê jy moet maak. My keuse was om daardeur te loop as ‘n WARE gelowige. As ek God kan vertrou met my ewigheid, die oomblik as ek tot sterwe kom, kan ek Hom dan nie vertrou met die hier en nou nie? Wat van jou?

So ek het gekies om hierdie keer daardeur te loop sonder vrees en sonder om die klein baba treë te gee wat ek die vorige keer gegee het, want destyds het ek gedink dat ek enige oomblik van ‘n krans sou afval!

Hierdie keer het ek geweet dat God my geroep het om nie net die beginsels toe te pas wat ek die eerste keer geleer en geleef het nie—hierdie keer sou ek hulle entoesiasties volg—en die resultaat was verstommend!

Nie net het hulle gewerk nie, maar hulle het gewerk in direkte proporsie tot hoe entoesiasties ek hulle toegepas het! Binne 24 uur wat ek entoesiasties op my man se plan gereageer het (om my te verlaat en ‘n egskeiding aanhangig te maak), het my man se hart onmiddelik na my teruggedraai en het hy die egskeiding gekanselleer, maar dit is nie al nie. Hy het voortgegaan om my te prys vir die ongelooflike vrou wat ek was en hy het gesê dat hy ‘n dwaas sou wees om my te verlaat!

Maar, as dit daar geëindig het, waar sou jy wees? Wonderwerke gebeur wel, maar vir meeste van ons, roep God ons om deur daardie valleie te loop wat soos dood voel—doen Hy nie?

“Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig” (Psalms 23.4)

God het ‘n groter plan vir my lewe gehad (en joune), so Hy het my gekies om die realiteit van egskeiding te ervaar om jou sodoende te kan help. God se plan mag wees om jou egskeiding te stop, of Hy mag jou roep om daardeur te gaan sodat jy ten minste een ander man of vrou kan help—is jy bereid om op Hom te vertrou?

Selfs al wou my man se hart by my bly (en ons kinders), het hy in die diep put van owerspel geval, weereens.

“’n Slegte vrou is soos ‘n gevaarlike afgrond, ‘n ander man se vrou is soos ‘n put waaruit jy nie kan kom nie, sy lê op die loer soos ‘n rower, sy laat die een man na die ander ‘n egbreker word” (Spreuke 23: 27-28)

Selfs al wou hy uit sy plan kom, het die “vangstrikke wat hom vasgehou het” hom teruggetrek—so hartseer. “Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou” (Spreuke 5:22 AFR53). So, terwyl jy hierdeur loop hou dit ingedagte… dinge sal vreemd lyk of voorkom want daar is ‘n geestelike oorlog aan die gang wat jy nie kan sien nie. As jou eggenoot by iemand anders betrokke is, mag hy of sy by jou wil wees, maar net soos elke sonde: soos dwelms of drank, alhoewel hulle dit mag haat en wil uitkom, word hulle vasgehou deur die vangstrikke van hul sonde.

So, alhoewel hy by my wou bly, was hy klaar te diep in, so die egskeiding was gou weer aan die gang, maar dit is wat die Bybel sê, so ek het geweet dit gaan gebeur.

“Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeerte wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeerstes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood” (Jakobus 1:14-15)

Wanneer egskeiding of enige ander tragedie gebeur, weet jy dat God ‘n baie groter doel het? “Al is die goddelose voorspoedig, al floreer almal wat onreg doen, hulle sal vir goed uitgewis word” (Psalms 92:8)

Ken God Se Beginsels

Al die verse wat ek sover met jou gedeel het, is net die begin van die beginsels wat ek met jou wil deel in hierdie boek. Hierdie beginsels is die waarhede wat my vry gemaak het! My vry gemaak het van bekommernis, van pyn, en het my gelei na die oorvloedige lewe wat Jesus gesterf het om vir elkeen van ons te gee wat gewillig is om op Hom te vertrou.

Een van die grootste komponente wat my in staat gestel het om die beginsels “entoesiasties” te volg (my stem was opgewonde, gelukkig, sonder die vrees wat ek die eerste keer gehad het toe my man van my geskei het), was as gevolg van die getuienisse van ander vroue wat ek saamgestel het vir hierdie boek—twee in besonder het my geweldig gehelp. Hulle was van vroue wie gedeel het hoe die Here vir hulle die geloof gegee het om eintlik die egskeidingsdokumente te “teken” toe hul mans gevra het.

Alhoewel een gedeel het hoe haar hand gebewe het in die prokureur se kantoor, en dat trane in haar oë opgewel het, was dit as gevolg van haar geloof dat ek in staat was om te gaan en my egskeidingsdokumente te teken sonder dat my hande gebewe het (selfs net ‘n bietjie) en met ‘n glimlag op my gesig, want ek het vreugde in my hart gehad!

“En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie” (Die Openbaring 12:11 AFR53).

So baie vroue wonder hoekom ek weereens deur ‘n egskeiding gegaan het. Ek glo dit is omdat die Here wou gehad het dat ek daaruit leer en weer egskeiding ervaar net om jou te help! Die eerste keer wat ek deur egskeiding gegaan het was ek in ongelooflike pyn as gevolg van soveel vrees!

Jy moet dit glo. . . God weet dat jy op hierdie dag egskeiding in die gesig sou staar en Hy wil hê dat jy geloof, die beginsels, die kennis, die begrip en die moed moet hê om dit entoesiasties in die gesig te staar aangesien Hy ‘n wonderlike plan vir jou lewe het!!

“Maar soos daar geskrywe staan: ‘WAT DIE OOG NIE GESIEN EN DIE OOR NIE GEHOOR HET NIE en wat IN DIE HART VAN ‘N MENS NIE OPGEKOM HET NIE, DIT HET GOD GEREED GEMAAK VIR DIÉ WAT HOM LIEFHET’” (1 Kor. 2:9)

As jy Sy beginsels omhels en die liefde wat Hy vir jou het, dan sal jy ook ‘n “wandelende getuienis” wees van Sy liefde en Sy krag wanneer jy enige vyand, beproewing, of verdrukking in die gesig staar, as gevolg van jou egskeiding in die gesig staar getuienis.

Laat ek dadelik vir jou vertel dat God wel ‘n plan het vir jou lewe.

“’Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!’” (Jeremia 29:11).

Hierdie verse vertel vir ons dat dit Sy plan is vir goeie dinge, nie vir rampe soos baie lief is om vir jou te vertel nie. So wonderlik is Sy planne vir jou dat Hy sê. . . niks wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie, en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, is so wonderlik soos wat Hy vir jou voorberei het as jy Hom liefhet nie!

Dit is so waar: Ek kan nie begin om vir jou te vertel van die ongelooflike omkeer van gebeure net omdat ek God vertrou het en dit entoesiasties gedoen het nie, want ek het regtig hierdie een beginsel geglo. Ek het geglo Hy het ‘n plan vir my lewe, daarom kan ek na dit toe hardloop sonder vrees.

Hy Sal Vir Jou ‘n Keuse Gee

Die eerste keer wat ek egskeiding in die gesig gestaar het, het die Here my huwelik herstel want dit was op daardie stadium die begeerte van my hart. Ek het eerlikwaar geglo dat my hart nie meer gebroke sou wees as my man net sou huistoe kom en my huwelik herstel sou word nie, wat vir my ondraaglike pyn veroorsaak het, en ek is seker dit is hoekom jy ook herstel nastreef.

Maar, omdat ek geen vrees vir my toekoms gehad het nie, was ek in staat om die Here se beginsels vinniger te volg, en entoesiasties (soos ek gesê het); daarom het my man se hart dié keer vinniger teruggedraai (soos ek ook gedeel het). Maar dit was nie die einde daarvan nie. NADAT ons egskeiding afgehandel was, het my eks man my gevra om weer met hom te trou! God het my ‘n keuse gegee.

My keuse was, weereens, gebaseer op die begeertes van my hart (aangesien ek myself weereens in Hom verbly het). Hierdie keer het die Here gewen! Altwee die mans in my lewe (Jesus en my eks man) het my die hof gemaak en mooi dinge vir my gesê. Maar, soos wat ek vir my eks man gesê het toe hy my gevra het om met my te trou, wie kan meeding met ‘n Man soos wat ek nou het.

“Die man wat ek liefhet, is myne en ek Syne… Skaars was ek by hulle verby of ek het Hom wat ek liefhet gekry. Ek het Hom vasgegryp en nie laat los nie… sê vir Hom die liefde verteer my” (Hooglied 2:16, 3:4, 5:8).

Liewe leser, die keuse sal joune wees. Moenie dink, net omdat ek gekies het om enkellopend te bly, dat jy ook so sal opeindig as jy die beginsels entoesiasties volg of verlief raak op jou Beminde, Jesus, soos ek nie. Net soos Paulus wil ek nie enige druk op jou sit nie, maar in plaas daarvan wil ek net hê dat jy die oorvloedige lewe moet vind (soos ek) wat die Here gesterf het om vir jou te gee. En daardie oorvloedige lewe moet nou begin!!

“Ook die ongetroude vrou en die jongmeisie gee aandag aan die dinge van die Here, om na liggaam en gees aan Hom toegewy te wees. Maar die getroude vrou gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe sy haar man kan behaag. Dit alles sê ek vir julle eie beswil. Ek wil julle nie aan bande lê nie, maar ek wil hê julle moet in eerbaarheid lewe en in onverdeelde toewyding aan die Here” (Kor. 7:34-35). En vir mans, vers 32-34: “Ek wil hê julle moet vry wees van sorge. Die ongetroude man gee aandag aan die dinge van die Here, aan hoe hy die Here kan behaag. Die getroude man gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe hy sy vrou kan behaag, en sy aandag is verdeel.”

Glo dit of nie, deur egskeiding entoesiasties in die gesig te staar, sal nie net jou man of vrou se hart terugdraai na jou toe nie (alhoewel hy/sy dalk vasgevang moet bly in die sonde todat hy/sy dit haat), maar hierdie soort kragtige reaksie wanneer jou man of vrou die egskeiding aanhangig maak of deurvoer, sal op die ou end een van die wonderlikste en vreugdevolste ervarings wees wat jy sal ervaar!

Hoe? Hoekom? Want dit mag dalk net die naaste wees wat jy nog ooit aan die Redder was! En met hierdie hoeveelheid intimiteit met die Here, voel jou hart asof dit wil bars omdat dit nog nooit hierdie soort vreugde ervaar het nie—jou hart loop oor van opgewondenheid!

Is daar absoluut geen pyn nie? Eerlikwaar, daar was hierdie keer geen pyn nie; net ‘n klein stekie en die stekie het eintlik ‘n gevoel van “soetheid” gehad. Nie net dit nie, maar die trane wat ek hierdie keer gestort het was so anders aangesien hulle van ‘n hart gekom het wat dankbaar was vir die teenwoordigheid en liefde van die Here, nie trane wat gestort was van pyn of eensaamheid soos die eerste keer nie.

Dit is my hoop en gebed dat my getuienis en hierdie boek jou sal aanmoedig om verby die vlak van geloof te gaan wat ek van Vivian in Singapoer verkry het, wie haar dokumente geteken het. Ek glo dat as jy die waarheid in hierdie boek omhels (die beginsels en die getuienisse), dat jy in staat sal wees om verder te gaan as wat een van ons gegaan het om God selfs groter glorie te gee! Ek en Vivian wil baie graag deel hoe geseënd ons lewens nou is, omdat ons op die Here vertrou het.

Meer nog wat jy in hierdie boek sal leer, jy moet eerste daarop fokus om ‘n hegte en intieme vriendskap met die Here te ontwikkel. Dit kan slegs gebeur wanneer jy begin om meer en meer tyd saam met Hom te spandeer. Dit is in my gebedshoekie wat ek getroos was en die krag verkry het om in die gesig te staar wat ek in die gesig gestaar het gedurende die jaar van my egskeiding, net gister, wat ek vandag in die gesig staar en wat ek môre in die gesig sal staar.

Vas het ook ‘n groot rol in my oorwinning oor my “self” gespeel. Dit het my in staat gestel om stil te wees en nie kommentaar te lewer wanneer my vlees “iets” kon gesê het nie. In plaas daarvan was dit die stilte wat regtig die oorwinning gebring het oor elke stryd wat ek in die gesig gestaar het. Wanneer ek vas bygesit het, soos wat die Here my gevra het, het ek gevind dat dit selfs groter vreugde gebring het, groter vrede en groter oorwinning vir elke beproewing wat ek in die gesig gestaar het.

Maak seker dat jy nie net hierdie beginsels ken, dit oordink en bestudeer nie, maar dat jy hulle toepas nadat jy diep intimiteit met jou Here ontwikkel en gekoester het—wie nou jou Man is en jy Sy bruid is as jy ‘n vrou is. En vir julle mans, wel, ek is nou nie seker hoe om die gevoellens te beskryf wat jy sal hê nie, maar sonder twyfel, dit sal net so wonderlik wees. Luister nou hierna…

“’Moenie bang wees nie, jy sal nie weer in die skande kom nie, moenie so verleë daar staan nie, jy sal nie weer verneder word nie. Jy sal die skande uit jou jong dae vergeet en nie meer dink hoe jy verneder is toe jy ‘n weduwee was nie. Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die HERE die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wêreld genoem. Jy is ‘n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die HERE roep jou terug, want hoe kan ‘n man sy eie vrou vergeet? sê jou God’” (Jesaja 54: 4-6).

Die oorwinning is nie dat ‘n egskeiding dalk gestop mag word nie, aangesien dit dikwels vir ‘n man of vrou nodig is om deur die egskeiding te gaan om regtig te sien wat hy of sy weggegooi het (veral met die nuwe man of vrou wat jy besig is om te word!). Dit is nie net in ‘n herstelde huwelik nie (soos wat dit met die anders vroue gebeur het wie hul dokumente in geloof geteken het of wat die eerste keer met my gebeur het). Oorwinning is om Sy plan vir jou lewe te leef—die oorvloedige lewe wat Hy gesterf het om vir jou te gee.

Ons baklei daagliks teen ons vlees wat sy eie sin wil hê en huil om gevoed te word (deur te doen wat ons wil doen). Ons baklei teen die vyand wat onvermoeid werk om ons getuienis, ons vreugde en ons wonderwerk te steel. In die boek Openbaring word vir ons vertel dat die vyand letterlik by die geboorte stoel sit om die wonderwerk te verslind wanneer God dit in die wêreld bring.

“Sy was swanger en het geskree van die pyn, want die geboortepyne was daar. Sy stert het 'n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op die punt was om 'n kind te kry. Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring” (Die Openbaring 12:2,4).

“Sou Ek die moederskoot laat oopgaan en nie 'n geboorte laat plaasvind nie? vra die Here. Of sou Ek wat geboortes laat plaasvind, die moederskoot toesluit? vra jou God” (Jesaja 66:9).

Moet asseblief nie wag om hierdie boek heeltemal deur te lees nie, of wag om dit vir ‘n vriend/vriendin te gee nie. Selfs al het jou man of vrou nog nooit die woord “egskeiding” genoem nie, ons moet die feit in die gesig staar dat een uit elke twee huwelike in egskeiding eindig! Ek het geen idee gehad dat my man daardie dag sou inloop en vir my sou sê dat hy besig is om van my te skei nie! Die volslae verrassing of skok is dieselfde reaksie wat omtrent almal ervaar. Die feit dat jy op hierdie oomblik hierdie boek lees sê vir my (en dit moet vir jou sê) dat dit dalk binnekort in jou lewe mag gebeur, of in die lewe van iemand wat baie naby aan jou is.

Hierdie boek was deur God aan jou gegee om jou gereed te maak vir wat voorlê, sodat jy kan baat vind, ja baat vind, uit die egskeiding wat jy in die gesig staar, eerder as om daardeur vernietig te word! “Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie” (Psalms 91:7).

Sonder die wysheid, die beginsels en die getuienisse wat God my laat bymekaar maak het net vir jou, sal vernietiging en verwoesting sekerlik gebeur soos in die geval van meeste egskeidings. Maar met hierdie beginsels, saam met die diep intimiteit wat jy saam met die Here sal ervaar (en vas wanneer jy gevra word deur die Heilige Gees)—belowe ek jou dat jy geen skade sal ly nie!

Om die waarheid te sê, jy is op die punt om te floreer reg te midde van dit alles – net soos ek nou doen! Op dieselfde dag dat my egskeiding finaal sou wees, het ek geweet dat God dit toegelaat het, want Hy HET my LIEF! Hy het dit toegelaat om my voorspoedig te maak, en Hy het dit toegelaat om vir my 'n ontsagwekkende toekoms te gee!

“Ek weet wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê” (Jeremia 29:11 Die Boodskap Bybel).

As jy kies om op hierdie waarheid te fokus, eerder as dit waarop jy gefokus het, vernietiging, sal jy ook alles verkry wat God vir jou eenkant gesit het! Maar, as jy eerder kies om die leuens te glo wat ander mense vir jou vertel, of jy vermaak die vrees wat die vyand in jou hart probeer sit, dan waarborg ek jou dat jy sal val net soos al die ander wat egskeiding met vrees of woede in die gesig gestaar het. Onthou: “Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie” (Psalms 91:7).

Dit kos eenvoudig geloof en om te glo in wat God in Sy Woord sê teenoor wat jy sien of gesien het. “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebreërs 11:1). “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon” ( Hebreërs 11:6).

Neem dit van my af, en die ander mans en vroue wie ons toegelaat het om hulle getuienisse te gebruik vir hierdie boek—as jy geloof in God het en eenvoudig saam met Hom deur hierdie beproewing loop, entoesiasties in plaas van vreesbevange, sal jy iets ervaar wat slegs ‘n paar mense ooit in hul lewe sal ervaar—dit is die opstandingskrag wat Jesus uit die dood uit opgewek het! Jy sal letterlik daardie krag deur jou voel vloei. Liewe leser, jy het geen aardse idee wat God vir jou beplan het nie. Jy gaan binnekort ervaar wat Lazarus en Jesus gevoel het toe God se opwekingskrag hul uit die dood uit opgewek het!

Vir my was dit slegs na my egskeiding wat ek hierdie krag begin voel het, en hierdie krag kan nie beskryf word nie. Ek kan jou vertel dat dit ‘n gevoel is wat ek gedink het slegs gevoel kan word sodra ek dit tot in die hemel maak. Huwelik, my herstel en om liefgehê te word deur ‘n man hier op aarde, kan nie vergelyk nie. Opstandingskrag, wat gevind kan word in die Vader se liefde (en dit is dieselfde liefde wat ons na ons Redder stuur), is wat Jesus die vermoë gegee het om geslaan te word en aan die kruis te hang.

As egskeiding die kruis is wat God voor jou geplaas het, liewe leser, moet dan nie bang wees nie—God het jou die krag en die vrede gegee om dit op te tel en te dra. En net soos Jesus se dood aan die kruis slegs die voorloper was vir Hom om opgewek te word uit die dood, sal jy ook sien dat God toegelaat het om jou te seën, jou voorspoedig te maak en vir jou ‘n toekoms te gee wat jy nooit kon droom met jou kan gebeur nie!

C3-Journal-e1542811532964

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui