Hy loop voor my uit

Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. 2K6:2

Wow! Vandag kàn ek nìks anders doen as om God te loof en prys nie!
Vandag het die Here my sò geseën!
Ek is so dankbaar vir die werk wat die Here vir my gegee het!
Ek wou sò graag die werk gehad het!
Buiten dat die Here die werk, wat ek nie verdien nie, vir my gegee het, is die salaris en voordele soveel beter as wat ek ooit kon dink!
Ek is ongelooflik dankbaar dat die Here my Hemelse Man is en dat Hy waarlik in AL my behoeftes voorsien!
Ek wil nooit weer iemand anders hê behalwe die Here nie.
Ek is sò lief vir die Here!

Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in •Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak. F4:6-7

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “Hy loop voor my uit”

  1. Ek is saam met jou dankbaar vir die werk wat ons wonderlike Here vir jou voorsien het kosbare Betty.
    Jou lofprysing se opskrif laat my aan hierdie mooi belofte dink: “Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan. En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel.” J45:2-3 https://www.bible.com/af/bible/5/ISA.45.2-3.AFR53

  2. Prys ons Geliefde Hemelse Man liewe Betty!! Hy is die een wat vir ons deure kan oopmaak wat niemand anders kan nie!

    “Kyk, Ek het voor jou ‘n oop deur gegee, wat niemand kan sluit nie. Al is jou krag min, het jy vasgehou aan my woord, en het jy my Naam nie verloën nie.” Openbaring 3:8

  3. Prys die Here! God is wonderlik, Hy bewys net oor en oor aan ons dat Hy in beheer is. Ons is opgewonde saam met jou liefste Betty!

    Hy het geregtigheid en reg lief, die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde. Die Here verdien lof, want Hy doen altyd wat Hy sê. Jy kan Hom vertrou, want Hy is betroubaar. Ps 33:5

    https://bible.com/bible/6/psa.33.5.AFR83

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui