Niks Vang Die Here Onkant Nie

“’Ek weet wat Ek vir julle beplan,’ sê die Here: ‘voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!’” J29:11

Toe ek die Staar Egskeiding In Die Gesig - Hoofstuk 1 lees het ek geleer dat al het jy nie die egskeiding beplan nie, al het die egskeiding jou hoe erg onkant gevang, dat die Here dit nog steeds onder beheer het. 

Ek en my kosbare vriendin het die gewoonte as iets verkeerd loop, om te sê: onthou dit het die Here nie ontkant gevang nie. So kosbare liefste vrou het jy so pas uitgevind dat daar 'n ander vrou in jou man se lewe is, het jou man uitgetrek, het hy ingetrek by die ander vrou, is 'n egskeiding aanhangig gemaak, is die egskeiding deur... onthou net niks kan die Here onkant vang nie, Hy het alles nog steeds onder beheer!

Lees asseblief hierdie gedeeltes aangehaal uit die boek Staar Egskeiding In Die Gesig:

Selfs al was dit dalk nie jou idee of jou plan nie, vertrou dat die Here dit totaal onder beheer het, selfs al voel dit asof iemand anders dalk beheer het—soos jou eggenoot, die “vyand” of die ander vrou, of ander man in jou eggenoot se lewe. Maar God sê anders . . . “’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop” (Spreuke 16:9).

So, nou is daar geen nodigheid om bekommerd te wees, angstig te wees, of selfs vir jou om sleg te voel oor dit wat voorlê nie. Hy het vir my gesê om vir jou te sê dat jou toekoms helder lyk!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Niks Vang Die Here Onkant Nie”

  1. Dankie liefste Janine ja niks vang die Here om kant nie en hy het als onderbeheer. Die Here het my gister aand gelei om n christelike fliek wat gebaseer is op n ware verhaal te kyk en die naam van die fliek se woorde het my meer laat dink. The case of Christ.(Die saak van Christus.) Dit is die Here se geveg en dit is die Here se saak. Ons moet net als oorgee aan hom en hy sal elke saak vir ons veg. Hy het als onderbeheer.

    1. Ons moet net als oorgee aan die Here kosbare Kristy en Hom vertrou, want Hy het als beslis onder beheer.

  2. Dankie liefste Janine, die Staar Egskeiding boek is regtig so ‘n goeie boek en kursus, daar is soveel beginsels in wat in so baie situasies toegepas kan word, nie net egskeiding nie en ek sal die boek aanbeveel vir enigiemand wat enigiets in die gesig staar.

    En dit is so bemoedigend en gerusstelend om te weet niks vang ons Geliefde onkant nie!

    1. Dit is ‘n baie goeie boek kosbare Adina en dit kan rerig in so baie siutasies toegepas word, ek leer so baie uit hierdie boek en kursus.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui