🙌Belofte Woensdag🙌

"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee." M11:28

Kosbare bruide ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir haar gesê het! L1:45 https://www.bible.com/af/bible/6/LUK.1.45.AFR83

    Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.R8:38-39 https://www.bible.com/af/bible/6/ROM.8.38-39.AFR83

  2. “Onthou altyd dat die Here jóú God is. Hy is getrou. Wie Hom liefhet, sal altyd die Here se verbondsliefde ervaar. Hy sal tot in die verste geslag vir mense bly omgee wat aan Hom getrou is.” ‭‭Deuteronomium‬ ‭7:9

    https://bible.com/bible/50/deu.7.9.DB

    En dan natuurlik my GUNSTELING:
    Ek weet wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister. As julle met alles in julle na My soek, sal julle by My uitkom. Julle sal julle doel bereik deurdat Ek die taal van julle hart sal verstaan. Ek verstaan wat julle graag wil hê. Ek sal sorg dat julle nie langer as gevangenes in ’n ander land sal bly nie. Ek sal julle wegvat tussen al die nasies waar julle nou is. Dit is so dat Ek die rede is dat julle daar in die vreemde sit, maar Ek sal julle na julle eie land toe terugbring,” sê die Here.” ‭‭Jeremia‬ ‭29:11‭-‬14

    https://bible.com/bible/50/jer.29.11.DB

  3. “….“Don’t be afraid. Am I in the place of God? 20You intended to harm me, but God intended it for good to accomplish what is now being done, the saving of many lives. 21So then, don’t be afraid. Genesis 50:19
    ~~~~~~~~~~
    “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het. Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.” G50:19-21 https://www.bible.com/af/bible/6/GEN.50.AFR83

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui