Vat Jou Seer Hart Na Die Here Toe

"Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde." P147:3 

https://uiteindelikhoop.com/toewydings/my-beminde/januarie/#19Januarie

Vandag se oggendtoewyding het my laat dink aan jare gelede, toe my man my gelos het en my hart so ongelooflik seer was. Ek het met al my vriendinne gepraat, wat bygesê glad nie my hart kon genees nie, inteendeel het dit my net erger laat voel, want hulle het my aangemoedig in my kwaad.

Vandag weet ek dat net die Here my hart kon genees, want Hy is ons groot Geneesheer en die beste van alles is, Hy genees nie net siektes nie, Hy genees gebroke harte ook!

Kosbare liefste bruid maak vir jou 'n koppie koffie, sit en geselfs met die Here, stort jou hart teenoor Hom uit, vertel Hom van al jou vrese, vertel Hom van al jou seer, vertel Hom dat dit nie is wat jy vir jou lewe beplan het nie en hoor hoe Hy vir jou sê: "Ek sal jou gesond maak, jou wonde genees." J30:17 

"Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee." J29:11 

Ervaar hoe ons kosbare Here jou gebroke hart met Sy ewigdurende liefde vul en hoe Hy jou gebroke hart weer heel maak en met Sy vrede en vreugde vul.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Vat Jou Seer Hart Na Die Here Toe”

  1. Ja liefste Janine ons Geliefde Hemelse Man genees ons gebroke harte. Die Here genees ons seer en hy sal elke keer die gebroke harte genees elke keer war ons, ons die seer vir hom gee. Dit so hartseer dat daar so baie mense nie die beginsels hele mal verstaan hou die Here enige seer die diepste gebreukste harte kan hy genees en ons vry kan wees van die seer. en hou meer ons gevul word met hom hou minder maak goed n mens seer

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui