Niks Is Vir Ons Kosbare Here Onmoontlik Nie

“Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?” J32:27

Kosbare liefste vrou voel jou situasie onmoontlik en los dit jou met geen hoop nie? Het jy al orals hulp gesoek, net om te voel alles raak erger? Glo my dit is nie pertoeval dat jy ons webwerf gevind het nie, net soos wat dit nie pertoeval is dat ek die Herstel Jou Huwelik boek jare gelede vir die eerste keer gelees het nie!

Dit is jou afspraak met ons kosbare Here en jou lewe is op die punt om te verander! Gryp hierdie geleentheid met altwee hande aan. Jy weet ek praat nou spesifiek met jou en jy weet jy is geroep vir die groter plan wat die Here met jou lewe het.

Selfs al voel jou situasie nou heeltemal onmoontlik, dit is nie onmoontlik vir ons Kosbare Here nie!

“Ag, Here my GOD, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks (nie ‘n ding) is vir U onmoontlik nie!” J32:17

Soek jy herstel vir jou huwelik, wel ons Here kan dit doen! Soek jy net herstel vir jouself, wel ons Here kan dit doen! Soek jy herstel tussen jou en jou kinders, wel ons Here kan dit doen! Is jy besig om te skei en voel daar is werklik nou geen meer hoop nie, wel daar is hoop in die Here! Hy kan enige situasie wat nou vir jou nou onmoontlik voel, genees!!!

Ek is ongelooflik dankbaar dat jy die blog kom lees, want sonder jou wat lees dien die blog nie 'n doel nie, maar kom doen ons kursusse en word verewig verander. En as jy nie weet waar om te begin nie, los 'n kommentaar en ek stap saam met jou die pad. En saam met die kursus vul jy 'n kort joernaal in, waar jy die geleentheid kry om jou hart teenoor die Here uit te stort (sodat jy in die gewoonte kom om jou hart teenoor die Here uit te stort, wat natuurlik lewensveranderend is) en jy kry ook die kans om te deel wat jy in die les geleer het.

Die Here het my lewe verander, van geen hoop tot hoop in die Here en ek wil daardie verandering vir elke gebroke vrou ook hê!

Van 'n vrou wat al haar "fair share" van seer gehad het, maar wat nou beleef hoe die Here al daardie seer in hoop verander...

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Niks Is Vir Ons Kosbare Here Onmoontlik Nie”

  1. Dankie Janine, NIKS is vir God onmoontlik nie! Maak nie saak hoe onmoontlik ons situasies lyk nie, vir Hom is dit ‘n moontlik en ‘n geleentheid om Sy glorie te wys!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui