Liefde

 Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie.
Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie.
Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier.
Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.
Die liefde sal nooit vergaan nie. Maar profesieë sal tot niet gaan, die spreek in tale sal ophou, en kennis sal verouder raak.‭
1K13:4-8NLV‬

Toe ek DAG 1 Hoofstuk 1 “My Geliefde” gelees het, het ek die waarheid geleer oor liefde. Ek het die volgende geleer:

  • Liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
  • Liefde is geduldig en vriendelik.
  • Liefde sit ander se belange eerste.
  • Dit is nie jaloers nie.
  • Liefde vergaan nie 

Ek het voorheen ook gedink die liefde is soos wat die wêreld mense laat dink liefde is. En dit is glad nie dieselfde as wat liefde regtig is nie. Toe my gedagtes hernu begin word het en ek die beginsel van Liefde deel van my gemaak het, soos die Here in my werk, het ek n verandering begin sien tussen my en my meisiekind, selfs huiswerk het meer vreugdevol geword.

Ek is dankbaar dat die Here my elke keer help wanneer ek nog kort kom in die regte beginsels van liefde. En dat ek dadelik na Hom toe kan hardloop wanneer ek besef dat ek verkeerd was.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Liefde”

  1. Dankie dat jy deel wat jy uit die les geleer het kosbare Kristy. Ja is dit nie wonderlik dat ons na ons kosbare Here toe kan hardloop as ons te kort skiet nie, want sonder Hom kan ons niks doen nie.
    “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” J15:5 https://www.bible.com/af/bible/5/JHN.15.5.AFR53

  2. gracias por compartir, y como al leer esto mi corazón se lleno de algo muy especial, porque justo en estos últimos meses yo he entendido y experimentado en mi corazón algo parecido y que es en verdad el verdadero amor, que muchas veces decimos tenemos o damos pero no es así porque es totalmente egoísta de nuestra parte. gracias le doy a mi amado por tanto en mi. y gracias por compartir.

    Estaba buscando y me encontré con esta pagina y por eso quise compartir.
    ~~~~~~~
    Dankie dat jy dit deel, en hoe my hart met die lees hiervan gevul was met iets baie spesiaals, want net in die laaste paar maande het ek iets soortgelyks in my hart verstaan ​​en ervaar en dit is werklik ware liefde, wat ons dikwels sê ons het of gee maar dit is nie so nie want dit is totaal selfsugtig van ons kant af. Ek dank my geliefde vir soveel in my. en dankie vir die deel.

    Ek het gesoek en ek het op hierdie bladsy afgekom en dit is hoekom ek wou deel.

    1. Dankie dat jy dit deel met ons kosbare Nelly, ek is so dankbaar dat jy na ons Afrikaanse blad toe gekom het en kommentaar kom los het. En ja die liefde wat ons van ons kosbare Here kry is ware liefde en eks so dankbaar dat ons werklike ware liefde ervaar, daardie liefde wat ons vul met ‘n vrede en vreugde wat alle verstand te bowe gaan.
      ~~~~~~
      Gracias por compartir esto con nuestra preciosa Nelly. Estoy muy agradecida de que hayas visitado nuestra página de afrikáans y hayas dejado un comentario. Y sí, el amor que recibimos de nuestro precioso Señor es amor verdadero y ex tan agradecido que experimentamos un verdadero amor verdadero, ese amor que nos llena de una paz y alegría que sobrepasa todo entendimiento.

  3. Dankie liefste Kristy, hierdie vers en die les het my ook met nuwe oee na liefde laat kyk. Harde liefde is nie liefde nie, onvergifnis en bitterheid is nie liefde nie. Om ander te oordeel is nie liefde nie. Alles wat die wereld ons leer is nie wat liefde is nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui