Lewensles Week 54

"Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” H13:5

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit Lewensles Week 54:

So die volgende dag, met hierdie nuwe begrip—het ek gekies om nie uit te gaan nie—al was die weer en die geleentheid die guldige geleentheid om uit te gaan. Dit het gebeur toe ek gekies het om nie uit te gaan nie, toe ek opgehou het om teen die opposisie te baklei, dis toe dat DIT gebeur het. Dis toe dat ek die mees wonderlikste DEURBRAKE gehad het wat ek in jare gehad het!! Daar is geen ander rede hoekom dit op daardie spesifieke dag gebeur het nie—die dag dat ek gekies het om “vasgevang” te wees en “om nie uit te gaan nie” wat ek die opposisie wat ek gevoel het in my opkom, oorwin het. 

Met vandag se lewensles het ek geleer dat ons moet ophou om teen die opposisie te baklei, dat dit is wanneer deurbrake kom. In my lewe het ek gesien dat as ek opgee en oorgee aan die Here, dat dit juis is wanneer my deurbrake kom. Maar ek moet erken, soms is dit vir my moeilik om oor te gee, seker oor ek in beheer van die situasie wil bly, maar dan moet ek saam met dit erken, wanneer ek opgee en dit net aan die Here oorgee, oor ek moeg gebaklei is teen die opposisie, dan is dit juis wanneer my deurbraak kom.

Kosbare liefste bruid hou nou dadelik op om teen die opposisie te baklei, gee op en oor aan ons kosbare Here, laat Hy oorneem en vir jou, jou deurbraak gee, waarvoor jy dalk nou al so lank wag.

Asseblief deel wat jy uit vandag se lewensles geleer het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui