‘n Saadjie Wat Gesaai Is…

"Want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai." G6:7

Min het ek geweet toe die Herstel jou Huwelik boek jare gelede in my lewe gesaai is, dit die begin van my passie sou word en dit is om stukkende seer vrouens te help besef daar is hoop in die Een wat alles omtrent Hoop is, ons kosbare Here!

In Kursus 1, Dag 26 - Saai en Maai is daar geskrywe: "Een van die mees belangrikste beginsels in die Bybel is saai en maai. Om ‘n oes in te samel, moet ons EERSTE saad saai."

"Daarom, as jy vriendelikheid wil oes, saai vriendelikheid. As jy vergifnis wil oes, vergewe! As jy liefde wil oes, saai liefde (moet dit net nie saai waar die grond hard is nie, wat klaarblyklik is waar jou man se hart teenoor jou nou is). As jy finansieël wil oes, saai finansieël—verwag ‘n oes, aangesien God se beginsels en Sy beloftes waar is, en Hy is getrou!!"

"EN, as jy bemoediging wil oes (om jou te help om voortdurend bemoedig te bly om jou reis oorwinnend te voltooi)—saai Bemoediging!"

Kosbare liefste vrou, moenie ophou saai nie. Daar is duisende stukkende seer vrouens in die wêreld en dit vat net 'n saadjie om 'n verskil te maak...

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “‘n Saadjie Wat Gesaai Is…”

  1. ‘n Vrou so na aan my hart het die herstel jou huwelik boek in my lewe gesaai, ek is so dankbaar vir die boek en al die kursusse. Ek het nooit gedink dat deur al my seer en moeilike tye sal my reis met die Here begin nie, ek is so dankbaar. God is meer as in staat om enige iets te doen, niks is onmoonlik vir God nie, my geloof en hoop is in Hom alleen.

    Dankie vir hierdie pragtige boodskap vanoggend, ek was net weer herinner hoe belangrik dit is om te saai, ‘n saadjie kan ‘n verskil maak in ‘n ander persoon se lewe.

    Die vers Fil 1:6 het God ook gister op my hart gedruk, en ek klou styfvas, omdat ek voel God het my herinner dat Hy my nie alleen sal los in moeilike tye nie.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Mila, ek is dankbaar dat daardie kosbare vrou die Herstel jou Huwelik boek in jou lewe in gesaai het en die belangrikste van alles is, ek is ongelooflik dankbaar dat jou reis met die Here begin het, want jy niks maar niks is onmoontlik vir God nie. En ja kosbare Mila, Hy is reg langs jou en sal jou beslis nooit alleen los nie.

  2. Ja liefste Janine daar is baie vrouens wat seer het. Ons wat self deur dai seer is,kan ander vrouens bemoedig en help en dat hulle nader aan hulle Hemelse Man te kom dat Hy hulle kan genees

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui