My Kinders is Syne deel 2

"Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.” E14:14

Soos ek in deel 1 van my lofprysing gesê het, die kinders se Vader, my Man, het hulle gesê Hy sal vir hulle veg, maar nie een van ons het gedink dit gaan so gou gebeur nie.

Hulle het aangesluit by 'n boekklub wat een keer 'n maand op 'n Vrydag bymekaar kom en die eerste bymekaarkoms is op hulle pa se vrydag. Hulle is klaar bekommerd om hom daarvan te sê wat nog van as hulle die tuisskool goed sien.

Al die dinge lyk vir ons as grootmense na klein goedjies, maar vir kinders is dit huge en hulle Vader weet dit.

Die eerste ding wat hulle Vader vir hulle daai oggend doen is Hy skuif hulle boekklub van die tweede Vrydag van elke maand na die eerste Vrydag, wat beteken, hulle is by my die eerste paar kere.

Hulle boeke wat hulle moes lees vir die klub so volgende week kom, dit kom toe daai dag en omdat hulle eerste boekklub samekoms oor 'n week is, moet hulle gou begin lees.

Hulle Vader bewerk dit dat hulle klaar maak met al hulle werk vir die week en nou kan hulle dus hulle boeke saamvat na hulle pa toe om te lees. Hulle hoef nie te worry oor wat hulle stiefma en stiefboetie gaan sê oor die werk nie en hulle pa kan nou sien van die boekklub en hy is baie lief vir lees so dit gaan sy hart sagmaak wanneer dit op sy naweek val.

Is Hy nie net absoluut fantasties nie. Julle mag dalk vra: "Yvonne, hierdie was net 'n uitstel, hulle gaan seker volgende keer hulle skootrekenaars moet saamvat" en ek gaan vir jou sê: "Ja my liefste bruid, jy is heeltemal reg, maar kom ons kyk wat maak hulle Vader." Hy is kragtig en magtig en kan enige iets doen.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “My Kinders is Syne deel 2”

  1. Dankie vir die deel van hierdie pragtige lofprysing, dis so pragtig om te sien hoe jou kinders saam met jou op hulle Vader vertrou en kyk hoe draai Hy dinge net nie, Hy is sowaar die beste Vader vir ons kinders! Hy is absoluut fantasies en kan enige iets doen!!!

  2. Kosbare Yvonne,
    Ja, ons mag dink dis net ‘n uitstel maar wat Hy begin, sal Hy klaarmaak. Ek is opgewonde saam met jou om te sien hòe Hy die situasie volgende gaan draai in jou en jou kinders se guns! Want gaan, gaan Hy! By Hom is ALLES moontlik!

  3. dankie liefste Yvonne vir jou pragtige lof verslag ja Die Here is werklik wonderlik vanogend gaan ek om vir my meisie kind te se sy moet opstaan en aantrek. Se sy vir my ek bid net gou mamma. aw dit so wonderlike en toe sy kla aan getrek het was sy self vriendelik gewees (sy wou graag by die huis gebly het en nie skool toe gaan nie). My Geliefde Man en haar Vader is regtig so wonderlik

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui