Al Wat Saak Maak

Want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. M16:25

Toe ek die les

Vind-die-oorvloedige-lewe Hoofstuk 14 ”Jy is Al Wat Saak Maak"

het ek die volgende geleer:

Dat my Geliefde Hemelse Man al is wat saak maak. My verhouding met Hom is wat die belangrikste is. Die res is bygevoeg. Als wat ek het is Syne en is te danke aan Hom. My Geliefde is myne en ek is Syne, Hy is my Man en my als, Hy is als wat ek wil hê, Hy is al wat ek nodig het, Ek wil vir Hom lewe. Hy is by my maak nie saak wat gebeur nie ek hoef nie te vrees  nie, Sy liefte dryf vrees weg. En om op Hom my Geliefde Man te fokus.

Die man wat ek liefhet, is myne, en ek syne . . . ek het hom wat ek liefhet, gekry. Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie . . . sê vir hom die liefde verteer my H2:16; 3:4; 5:8

Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak. O19:7

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Al Wat Saak Maak”

  1. Dankie dat jy deel wat jy geleer het kosbare Kristy, die Here is beslis al wat saak maak en ja als is te danke aan Hom. Dankie vir die deel van die pragtige beloftes.

  2. Ja Kristy, God is beslis al wat saak maak, ek is so dankbaar om so ‘n groot goeie God te dien wat al jou vrese wegvat en jou laste dra. God is al wat ons nodig het, soos jy sê die verhouding met Hom is al wat saak maak, die res is bygevoeg! As ons die Here het, het ons absoluut alles wat ons nodig het.

    ‭U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. Ps. 16:11

    https://bible.com/bible/6/psa.16.11.AFR83

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui