Lofprysing Laat Die Krag Los

"HALLELUJA! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel! Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid! Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder  simbale, loof Hom met klinkende simbale! Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja!" P150:1-6 

Net gister het ek in Beginsel #11 van Hoe Om Hierdie Jaar Geseënd Te Wees gelees hoe belangrik lofprysing is en dat dit die krag loslaat en terwyl ek Staar Egskeiding In Die Gesig, Hoofstuk 4 lees, lees ek weer hoe belangrik lofprysing is en dat dit ons na die hoogtes van vreugde sal neem, wat ons natuurlik sal verander. Ons kannie ons kosbare Here loof en prys en nie verander word nie.

Ek onthou toe ek covid in Januarie 2023 gekry het en ek sommer net depressief begin voel het. Ek het onmiddelik vir my, my gunsteling lofprysingsmusiek opgesit en vir my kosbare Here vertel hoe lief ek Hom het en hoe wonderlik Hy is en daar het ek die krag van lofprysing ervaar want ek is dadelik met 'n vreugde en vrede gevul wat alle verstand te bowe gaan. 

Lees asseblief hierdie treffende gedeeltes aangehaal uit die boek Staar Egskeiding In Die Gesig - Hoofstuk 4:

Lofprysing is nog ‘n gebied wat jou sal neem na die hoogtes van VREUGDE wat jou sal verander, jou lewe, en wat ook al jy nou deurgaan en in die toekoms mag deurgaan. As dit wat voorlê jou verhoed om God te prys soos Hy geprys moet word, laat jou gedagtes “vining vorentoe” gaan na die toekoms wat Hy vir jou beplan het. Moenie kyk na wat “dalk” voorlê nie, soos wat sal gebeur as of wanneer jy die egskeiding dokumente teken, of die vrees om in die ander vrou vas te loop by die sport byeenkoms, of wie jou man/vrou dalk sien wanneer hy/sy nie by jou is nie—in plaas daarvan, kyk na die toekoms—‘n toekoms wat Hy net vir jou beplan het!

Kosbare liefste bruid kom ons loof Hom ten spyte van ons omstandighede, want dis presies wat ons kosbare Here verdien.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Lofprysing Laat Die Krag Los”

  1. ja Liefste Janine en wanneer ons hom loof en saam sing raak die gedagtes ( wat ek vining weg jaag, gedagtes van die vyand) raak dit ook somer doewer en kan nie n houvas kry nie. Ek dink dat lofprysing en sing baie meer kan doen as wat ons dink.

    1. Ja kosbare Kristy ek weet die oomblik wat ons die Here loof en prys neem ons kosbare Here oor.

  2. Dankie Janine, ja om Hom te dank en loof, en veral in opoffering van prys (wanneer dinge baie sleg gaan of lyk) hou soveel krag in. Ons moet leer om Hom dadelik te prys as iets teen ons kom, want Hy het dit onder beheer en het ‘n plan met als.

    1. Ek stem saam kosbare Adina, ons moet leer om Hom dadelik te prys, want Hy het dit beslis alles onder beheer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui