🙌Belofte Woensdag🙌

"En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie." J1:22

Lees hoe pragtig stel die Boodskap Bybel hierdie selfde vers:

"Doen wat God vir jou sê. Daar wag ’n groot verrassing op jou as jy maar net daarna sit en luister en niks daaraan doen nie. Jy dink dalk jy is mooi godsdienstig, maar eintlik is jy besig om jouself lelik te kul." J1:22

Kosbare liefste bruid, ons moenie net die woord hoor en nie doen wat die Here vir ons sê nie, so kom ons wees daders van die woord.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. “Wie met trane saai, sal die oes met ‘n gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.” Psalm 126:5-6

    “As iemand jou aanval, het Ek hom nie gestuur nie, wie jou aanval sal die onderspit teen jou delf.” Jesaja 54:15

  2. “Maar Gij, Here, zijt een barmhartig en genadig God,
    lankmoedig en rijk aan goedertierenheid en trouw.” Psalm 86:15 https://www.bible.com/bible/328/PSA.86.NBG51#:~:text=Maar%20Gij%2C%20Here,goedertierenheid%20en%20trouw.

    “Wacht op de Here, wees sterk,
    uw hart zij onversaagd; ja wacht op de Here.” Psalm 27:14
    https://www.bible.com/bible/328/PSA.27.NBG51#:~:text=Wacht%20op%20de,de%20Here.
    ~~~~~~
    “Maar U, Here, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.” P86:15 https://www.bible.com/af/bible/5/psa.86.15

    “Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!” P27:14 https://www.bible.com/af/bible/5/psa.27.14

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui