“In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here.
Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat
van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.”
—1 Petrus 3:15-16

Sodra jou eggenoot wegloop nadat hy/sy met jou gepraat het, of die telefoon neersit, gaan onmiddelik na jou gebedshoekie en vertel vir die Here alles wat jy voel en dink. As jy wyslik nie enige vrae gevra het nie, en weerstaan het om te sê of doen wat jy wou, dan sal jy vind dat jy nie net vinniger sal herstel van hierdie aaklige hou nie, maar dat jy een stap nader aan herstel sal wees.

Sodra jy gaan en vir die Here alles vertel, dan (en dit is baie belangrik en iets wat ons dikwels mis), sit baie stil en vra vir die Here om vir jou te vertel hoe Hy voel en wat Hy dink! Dit is wanneer jy die Here se stil, klein stemmetjie sal hoor!! Jy wil dit nie mis deur uit te hardloop en ‘n vriend/vriendin te gaan bel nie, of erger, haas om vir jou eggenoot te vertel wat jy dink of voel, of om vir hom/haar vrae te vra oor wat hy/sy gesê het nie!

Onthou: Moenie voortvarend wees nie, moenie by 'n swak saak staan nie, gee liewer pad voor die koning, want hy[sy] doen wat hy [sy] goed vind” (Prediker 8:3).

God wil hê dat jy moet leer om Sy stem te hoor, sodat Hy jou kan lei om jou oorvloedige lewe te vind. Hy wil jou deur die “dal van doodskaduwee” lei. Maar om dit te doen, moet ons ons gedagtes en gees stil maak en net luister. As jy sopas in die hart gesteek is, is jou hart oop om Sy stem te hoor soos nog nooit vantevore nie. Dan, sodra jy geleer het hoe om alleen saam met Hom te wees en Sy stem te hoor, sal jy in staat wees om Hom te hoor sonder ‘n gewonde hart—jy sal kort voor lank in staat wees om Hom duidelik in ‘n lawaaierige kamer te hoor. Maar dit begin, eerstens, deur na ‘n stil plek te gaan, jou hart uit te stort en dan stil te wees sodat Hy Sy hart in joune kan stort!

Gewoonlik, in my geval, begin Hy deur Sy Woord met my te praat, soos ‘n Bybelvers, wat in my hart en gedagtes opkom. Dit is hoekom dit so belangrik is dat jy die Bybel verslind en die beloftes merk (met gekleurde potlode) wat Hy jou wys. Onthou, die meeste van jou beloftes gaan in die Psalms gevind word, en later sal jy spesiale dinge van Hom af regdeur die Bybel vind, insluitend sommige van die Ou-Testamentiese boeke wat baie min Christene lees. Laat net toe dat Sy Heilige Gees jou lei. Begin jou Bybelstudie deur die Here te vra wat Hy jou elke dag wil wys.

God sê vir ons in die Onse Vader om vir ons “daaglikse brood” te vra, daarom, het Hy alreeds geestelike kos, net vir ons ontwerp, elke dag. Moenie die fout maak om nie te vra of om nie geestelik gevoed te word nie—veral terwyl jy egskeiding in die gesig staar. Elke geestelike maaltyd is nie genoeg vir twee dae nie. Dit is ook nie genoeg om slegs een keer in die oggend te eet nie, En net soos die deskundiges in ons fisiese gesondheid vir ons vertel dat dit beter is vir ons om baie klein maaltye deur die dag te eet, wat geestelike sake betref, sal ek vir jou vertel dat om die Woord van God te geniet en in Sy teenwoordigheid te wees deur die dag, jou sal onderhou en geestelik voed in plaas van ‘n langer tyd, net een keer per dag.

Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!” (Psalms 34:8 AFR53).

Geestelike maaltye “gebeur” nie net nie, so wees seker om jou dag so te beplan dat jy kan “smaak en sien dat die Here goed is,” nie net een keer in die oggend nie, maar smul aan Sy Woord en Sy beloftes deur die dag. Dit sal jou in perfekte vrede hou eerder as baklei en aan wanhoop ly.

Lofprysing is nog ‘n gebied wat jou sal neem na die hoogtes van VREUGDE wat jou sal verander, jou lewe, en wat ook al jy nou deurgaan en in die toekoms mag deurgaan. As dit wat voorlê jou verhoed om God te prys soos Hy geprys moet word, laat jou gedagtes “vining vorentoe” gaan na die toekoms wat Hy vir jou beplan het. Moenie kyk na wat “dalk” voorlê nie, soos wat sal gebeur as of wanneer jy die egskeiding dokumente teken, of die vrees om in die ander vrou vas te loop by die sport byeenkoms, of wie jou man/vrou dalk sien wanneer hy/sy nie by jou is nie—in plaas daarvan, kyk na die toekoms—‘n toekoms wat Hy net vir jou beplan het!

“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.

Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie, dit bring net ellende. Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land” (Psalms 37:4-9).

Wat ook al die Here jou belowe het—kyk vorentoe en fokus op dit. Begin dan om Hom te prys soos wat jy weet jy Hom sal prys wanneer (nie as) dit gebeur!! Sal jy voor die Here dans en sing wanneer jou wonderwerk opdaag? Dan wys vir God dat jy Hom glo en prys Hom nou! Moenie wag nie, te midde van elke aanslag van kwaad of boosheid—wees bly, want jy is nou een tree nader aan die begeertes van jou hart!

Toe die Israeliete Jerigo ingeneem het, het hulle geskreeu vir oorwinning wat die mure verkrummel het! Hulle het nie geskreeu nadat die mure geval het nie—dit was hulle geskreeu voor die tyd wat die mure verkrummel het! En weereens, in 2 Kronieke, hoofstuk 20, het Josafat God geprys en die Leviete het opgestaan om die Here te prys met ‘n baie harde stem voor die oorwinning wat veroorsaak het dat die vyand hulself vernietig!!! En asof dit nie genoeg was nie, nadat die vyand heeltemal vernietig was, het dit hulle drie dae geneem om al die buit bymekaar te maak wat agtergebly het!! Glo dit vir jou situasie aangesien God dit ook vir ons belowe vir al die onreg wat ons aangedoen was.

“Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die Here dubbel ontvang het vir al haar sondes.” (Jesaja 40:2 AFR53). Het jy opgemerk dat Hy gesê het jy sal dubbel ontvang, nie vir dit wat jy reg gedoen het nie, maar ook vir wat jy verkeerd gedoen het? Onthou dit wanneer jy jouself probeer slaan met jou foute. Hy het ook gesê Hy sal jou dubbel gee vir dinge wat aan jou gedoen is! Lees dit…

In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê” (Jesaja 61:7).

Dit is wat jy glo wat die bepalende faktor is tussen voorspoed en vernietiging.

“Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur” (Markus 11:23)

As jy glo dat vernietiging voorlê, sal dit sekerlik gebeur. As jy egter glo dat God ‘n goeie God is en hierdie krisis gebruik om jou te seën (en om jou te seën elke tree van die pad), dan is dit wat sal gebeur.

Wees seker om te fokus op wat God vir jou gedoen het, eerder as dit wat teen jou mag kom! Elke dag, soos die liedjie sê: “Tel jou seëninge, noem hulle een vir een, tel jou seëninge, sien wat God gedoen het!” Doen dit in die aand as jy in die bed gaan lê en weer in die oggend. Bedank Hom vir elke ding wat Hy die vorige dag vir jou gedoen het. Wanneer jy met jou vriend/vriendin op die telefoon praat, noem jou seëninge een vir een—hou op om oor die slegte dinge te praat. God is mal daaroor om geloof te word, daarom sal Hy aanhou om diegene te seën wie die tyd neem en moeite doen om vir Hom die lof te gee wat Hy verdien!!

Loof die Here met sang. Sing liedjies wat vir Hom sing, nie oor Hom nie; liedjies wat met die Here praat, in die eerste persoon. Dit is baie maklik om fantastiese lof en aanbidding liedjies te vind—prys die Here—dit is orals! Jy mag aangetrokke wees tot wat jou kerk sing, maar probeer ook uitbrei deur jou vriende te vra (wie aan die brand is vir die Here) waarna hulle luister. Ek is bly om seuns te hê wie in die Lof en Aanbidding groep in hulle kerk speel. So, aangesien hulle dikwels oefen, is dit hulle lof en aanbidding musiek wat ek voortdurend hoor en wat ek neig om te verkies.

Nie net is lofmusiek ‘n manier om jou rou in dans te verander nie, maar so ook is liefdesliedjies wat jy vir die Here sing. Daar is baie Christelike liefdesliedjies wat jy op troues kan hoor. Hierdie liedjies het gewoonlik my hart deurboor want, soos Lea in die Bybel, het ek nooit werklik geliefd gevoel deur my man nie. (Mans, luister julle? Want ek sal jou vertel dit is hoekom jou vrou jou verlaat het.) Maar vandat ek liefdesliedjies vir die Here begin sing het, voel ek soos die mees geseënde en geliefde vrou op hierdie aarde! Ek is waarlik SY bruid.

Sodra jy die Here klaar geprys het met sang en dans, en jy het daardie spesiale liefdesliedjie vir Hom gesing, maak seker om ook vir Hom te sê hoe jy oor Hom voel. Sê vir Hom hoe lief jy Hom het. Sê vir Hom dat daar niemand en niks is wat jy nodig het behalwe Hom nie. Hierdie tipe interaksie moet die hele dag gedoen word—wanneer jy negatiewe gevoellens ervaar en elke keer wat jy goeie dinge ervaar wat met jou gebeur. Maak net seker dat jy die tyd neem om vir Hom te sê hoe lief jy Hom het en koester Hom.

Hierdie tipe interaksie met die Here sal jou voorberei vir enige en elke “gesprek” waarmee jou eggenoot jou mag nader. Dit sal geen werklike “inspanning” van jou kant neem om eenvoudig saam te stem nie, maar om entoesiasties te reageer op wat hy/sy sê!! Want, jou vertroue is in die Here, nie die planne wat die vyand probeer laat gebeur nie, en wanneer ek sê “vyand” praat ek nie van die planne wat jou eggenoot of die ander persoon in hul lewens mag hê om jou te vernietig nie, maar wie daaragter sit. Onthou hulle is ook in die proses om hulle lewens te vernietig—hulle besef dit net nie!

So, in plaas daarvan om bekommerd te wees, sal jy by die Here aansluit terwyl Hy lag vir wat die vyand probeer doen, want Sy Woord sê…

“Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne – en dit tevergeefs? Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde en sê: “Kom ons maak ons vry en gooi hulle juk af!” Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle” (Psalms 2:1-4).

Deur die krag wat ek verkry het deur ‘n noue intimiteit met die Here, tesame met die doop in die Heilige Gees (wat jou outomaties geestelike vrymoedigheid gee), wat ek nie die eerste keer gehad het nie, saam met die getuienisse wat ek begin lees het om bymekaar te maak vir hierdie boek, was ek in staat om nie net saam te stem (verduur) nie, maar ek kon entoesiasties reageer op al my man se bose planne. Dit is omdat ek geweet het dat alles wat gebeur en alles wat negatief lyk, sou uiteindelik vir my ‘n seën wees (en my kinders)!

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is” (Romeine 8:28).

Ek was in staat om: al ons familie- en sakeskuld entoesiasties aan te vat (en daar was tien keer meer as wat ek gedink het), die egskeidings dokumente entoesiasties te teken sodat my man nie enige kinderonderhoud hoef te betaal nie, en entoesiasties na my man te luister wat vir my al hoe meer begin vertel het van die vrou waarby hy betrokke was.

Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?” (Romeine 8:35)

“Die man wat ek liefhet, is myne en ek syne . . . Skaars was ek by hulle verby of ek het hom wat ek liefhet gekry. Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie . . . sê vir hom die liefde verteer my.” (Hooglied 2:16; 3:4; 5:8).

*Wanneer Jesus al is wat jy nodig het en wil hê—kan niemand jou seermaak nie.

As gevolg hiervan het ek nie net vrede nie, maar ek het vreugde wat my wil laat spring en dans. Maar dis nie al nie, die Here het voor my uit gegaan en omring my met guns orals waar ek gaan! Geleenthede het opgekom wat ek nooit kon droom met my sou gebeur nie, sowel as finansiële seëninge wat elke dag opdaag!

Dit is nie net vir my beskikbaar nie, maar vir elkeen van julle wat hierdie pad kies wat Jesus ons aanmoedig om te vat—eerder as die wye en vernietigende pad wat die wêreld vat wanneer hulle egskeiding in die gesig staar.

“’Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.’ ‘Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min’” (Matteus 7:12-14)

Ongelukkig is die wye pad na vernietiging die einste pad wat meeste Christene kies om te vat, reg langs die ongelowige. Dwaaslik neem hulle dieselfde pad as die ongelowige deur ‘n “goeie” prokureur te behou om vir hulle te baklei en deur te probeer om die kwaad te stop en daarteen te baklei wanneer Jesus duidelik vir ons gesê het om dit nie te doen nie!

“Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer” (Matteus 5:38-40).

Sommige Christene mag nie in staat wees om hierdie “heilige” vrymoedigheid te bereik nie, want hulle is nie gevul met die Heilige Gees nie. En terloops, heilige vrymoedigheid is nie die “in-jou-gesig” tipe houding nie; dit is eerder die vermoë om die ander wang te draai en stil te bly wanneer jy onregverdig beskuldig word.

“Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg . . . Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel” (1Petrus 2:21-23)

Wat beteken dit om gevul, of gedoop te wees in die Heilige Gees? Dit is om meer van God te kry. Ek weet sonder twyfel dat hierdie een bate wat ek hierdie keer gehad het, wat my die geestelike vrymoedigheid en geestelike brandstof gegee het wat ek nodig gehad het om te “baat,” eerder as om net te verduur” teen hierdie geestelike aanslag van die bose teen my (en my kinders), wat beteken het dat ek nie nodig gehad het om te worstel nie.

Dit is ‘n geskenk om deur die Heilige Gees gevul te word, wat beteken jy kan dit nie verdien of daarvoor werk nie—net soos jou redding ‘n geskenk is. Dit is slegs iets waarvoor jy vra en vertrou dat jy dit sal ontvang. Om begrip te verkry oor hierdie geskenk, lees die boek van Handelinge 2 en Handelinge 4. Luister ook na die “Be Encouraged” video’s, wat ook hierdie geskenk verduidelik waarvoor Jesus vir Sy dissipels gesê het om te wag.

As Jesus vir die apostels (wie in die boonste kamer weggekruip het na die kruisiging) gesê het om daar te wag todat hulle gevul word deur die Heilige Gees, dan is dit iets wat jy ook moet begeer om te besit, maak nie saak wat jou denominasionele oortuigings is nie. Ek wil alles hê wat God vir my het, wat van jou?

C3-Journal-e1542811532964

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

1 thought on “FDA Hoofstuk 4. Hoe Om “Daardie Gesprekke” Te Hanteer”

  1. Kosbare liefste bruide ek het dit so verkeerd hanteer toe my aardse man my meegedeel het dat hy wil skei en vandag besef ek dis omdat ek dit sonder die Here probeer doen het. Net nou die dag het die Here my herinner aan my tyd toe ek ‘n jong dogterjie was en die Here my gebed beantwoord het en as ek so terugkyk op my lewe besef ek dat ek die een is wat die Here se hand gelos het, maar ek is so ongelooflik dankbaar vir al Sy liefde en genade en dat Hy nooit ooit opgegee het met my nie en weet net dat Hy jou so ook ongelooflik lief het. Leer om Sy stem te hoor, want Sy leiding is die beste leiding ooit. Laat Hy die Een wees teenoor wie jy jou hart uitstort en nie teenoor almal behalwe teenoor Hom nie en loof Hom, want Hy is die Een wat jou hart gaan genees en Hy is die Een wat jou na hoogtes van vreugde sal neem. Ek belowe jou Hy het vir jou planne van voorspoed ten spyte van waardeur jy nou gaan, vertrou Hom net en jy sal ook nog ‘n getuienis kom los, van hoe Hy jou seer verander het in iets wat ander weer hoop sal gee. Bly net gefokus op Hom en kyk self wat ons kosbare Here vir jou gaan doen, terwyl jy jou vreugde in Hom vind.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui