GEE OP – GEE OOR AAN DIE HERE – DEEL 2

Adina se geselsie oor Wanneer Gee Ek Op en Erin se kommentaar het my so geraak dat ek dit net moes deel met wie ookal die Here na my toe gestuur het. En natuurlik toe ek die boodskap deel van GEE OP, is mens se natuurlik reaksie nee nooit, maar die Here pamperlang my toe met 'n verduideliking om die boodskap oor te dra. (En omdat ek 'n prentjiemens is, het ek dit so geniet om hierdie hele verduideliking aan 'n vrou oor te dra en ek deel dit met julle).

Uittreksel uit Leef die Oorvloedige Lewe: Hoofstuk 4:
So, ja, ek het in werklikheid op die plek gekom waar ek wou opgee, maar toe besef ek dat wat ek ook al gedoen het om my moegheid te veroorsaak, en daartoe gelei het dat ek wou opgee, die gevolg was van my wat te veel van die las dra―die laste wat vir Hom gegee moes word! Laste van planne maak of dink of enigiets anders wat ek gedoen het, wat my begin af trek het. Om by die oorweldigende gevoelens te kom van opgee, wys vir my en jou dat ons moet opgee, sodat ons gedraai kan word om alles oor te gee aan die Een wat wag om daardie laste te vat wat Hy wil hê ons moet opgee―Nee, nie om terug te draai nie―maar sodat ons kan besef dat Hy ‘n Heer is, ‘n Krygsman, ‘n Voorsiener en enigiets anders wat ons nodig het, eerder as om dit self te doen.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “GEE OP – GEE OOR AAN DIE HERE – DEEL 2”

  1. Dit is so wonderlike dat ons als vir die Here kan gee om beheer te vat en te kan weet als sal uit werk volgens sy wil en om te weet Hy is in werking met als en Hy is in beheer van als wat ons oor gee aan Hom

    1. Ja kosbare Kristy dit is die wonderlikste versekering dat ons alles vir ons Hemelse Man kan gee en Hy presies weet wat om daarmee te maak.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui