Lewensles Week 42

"Gee, en vir julle sal gegee word..." L6:38

Week 42 “Geleenthede om te Omhels”

Uit hierdie lewensles het ek geleer dat wanneer jy jou tiende gee werk hierdie beginsel agter die skerms: Lukas 6:38 "Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word." Dat ons met rêrig enige iets na die Here, ons Hemelse Man toe kan gaan, ja selfs met ons motors as daar dalk ietsie fout is, want Hy is die beste Motorwerktuigkundige, Hy is die beste Geneesheer, Hy is die beste in alles! En dat God geleenthede orkestreer sodat ons meer oor Hom vertel en dat ons daardie geleentheid nie moet mis nie.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die lewensles:

Liewe bruide, ek en jy weet net GOD kan hierdie soort geleenthede orkestreer, wat die heeltyd gebeur, meer dikwels in die middel van klein of groter krisisse. Jy moet net vir hulle uitkyk. Dit is wanneer meeste gelowiges (en ‘n paar bruide) die geleentheid mis. Moet nooit vergeet nie—ongemaklike oomblikke of wanneer iets breek is dit God wat vir ons geskenke stuur—toegedraai in ‘n mooi strik, gemerk “Geleenthede!!”

Kosbare liefste bruid kom deel asseblief wat jy geleer het uit hierdie lewensles.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 42”

  1. Ja liefste Janine. Die Here ons Geliefde Hemelste Man is die wonderlikeste en die beste. Ons kan na Hom toe gaan met eninge iets. Wanneer ons binne krisisse is sien ons nie duidelik wat in die geskenk boksie is nie tot dit die regte tyd is vir die seeninge om te gebeur.

    1. Ja kosbare Kristy, dis mooi gestel, ons sien nie wat ons kosbare Here vir ons in die geskenkboksie het nie en dis beslis seëninge wat die Here vir ons op die regte tyd wil gee, ons moet Hom net vertrou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui