Lewensles Week 58

"Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die HERE is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.” J30:18

Met die lees van Lewensles Week 58 het ek net weereens besef dat ons, ons kosbare Here elke sekonde deel van ons lewe moet maak. Ons kan ons kosbare Here se leiding met enige iets vra, selfs met wat ons moet koop of nie moet koop nie. Ons moet ons kosbare Here se hand vashou en elke tree saam met Hom gee. Daar is 'n groter rede as ons kosbare Here vir ons sê om net te wag en as Hy vir ons sê om te wag moet ons luister.

Ek onthou daar was 'n tyd wat ek sonder my kosbare Liefling Here se leiding geleef het, ek het op my eie gevoel geleef en op my eie insigte staatgemaak en ek wil nooit ooit weer teruggaan na daardie manier van leef nie. Ek sal nooit vergeet toe ek so hele ruk terug my kar geparkeer het en ek die Here hoor sê het: WAG en ek gaan nou eerlik wees, ek het nie geluister nie en my kar baie lelik gekrap, want langs my kar was daar 'n ysterpaal en nou is daardie krapmerk aan my kar vir my 'n herinnering dat ek vir my kosbare Liefling Here moet luister as Hy vir my sê om te wag.

Kosbare liefste vrou onthou om ons kosbare Here se leiding met alles te vra en as Hy vir jou sê om te wag, "WAG NET".

Ek wag op die Hereek wag, en hoop op sy woord. Ek wag op die Here, meer as wagte wag op die môre, wag op die môre." P130:5-6

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 58”

  1. Dankie dat jy deel liefste Janine ja ons het die Here se leiding elke dag en seconds nodig. Ons Hom in als nodig.

    1. Ja kosbare Kristy, ek weet dis hoekom my lewe so verkeerd gegaan het, was toe ek die Here nie elke sekonde deel van my lewe gemaak het nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui