Kry Jou Vrede By Die Here

“Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee." N6:26

Toe ek Hoofstuk 8 in Vind Die Oorvloedige Lewe, is ek herinner aan 'n tyd toe ek na my vriendin toe gehardloop het. Ek het 'n oproep van my aardse man af ontvang, wat my ontstel het, maar vandag kan ek nie eens onthou waaroor dit was nie. Oppad na haar toe het ek die Here hoor sê ek wens jy wil so na My toe hardloop, ouch ek weet! En ja sy het geluister en was iemand en is nog steeds iemand wat vir my die regte raad gee, maar die feit bly staan dat die Here wou hê dat ek heel eerste na Hom toe hardloop.

Vandag weet ek dat as ek heel eerste na die Here toe gehardloop het, sou ek Sy vrede, wat alle verstand te bowe gaan ervaar het. Na wie toe hardloop jy?

So kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om heel eerste na die Here toe te hardloop - die Een wat jou die vrede kan gee wat alle verstand te bowe gaan en boonop jou situasie in 'n oomblik kan verander. Onthou ons kosbare Here is ons vrede ten spyte van ons omstandighede!

"Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin." J16:33

"Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie." J14:27

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Kry Jou Vrede By Die Here”

  1. Dankie liefste Janine, dis iets wat ek ook oor die verloop van my reis moes leer, om eerste na my Hemelse Man toe te hardloop. Ons moet na Hom toe hardloop en in Sy teenwoordigheid bly tot al die negatiewe gevoellens weggaan. Dan sal ons vind dat ons nie nodig het om na iemand anders te hardloop nie.

    1. Ja kosbare Adina dis net Hy wat al die negatiewe gevoelens kan wegvat, so ons kan net so wel van die begin af na ons kosbare Here toe hardloop.

  2. Dankie liefste Janine. ja ek so bly dat ek dit geleer het en dit soveel makliker om na Hom toe te hartloop en Hy is altyd gereed vir ons wanneer ons na Hom toe hartloop

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui