Tiendes?

Kosbare liefste bruide vandag het ek 'n joernaal van 'n bruid ontvang wat graag meer sal wil weet oor tiendes asook getuienisse oor tiendes.

So kom deel asseblief die lesse wat jou meer gehelp het om tiendes te verstaan asook jou getuienisse.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “Tiendes?”

  1. Kosbare liefste bruid vir my was dit lewensveranderend en ek het nog met die Here onderhandel dat ek later sal betaal en ek sal nooit die dag vergeet wat die Here vir my gesê het, betaal terwyl jy min het, ek het die Here vertrou en dit gedoen en vandag weet ek dit was vir my eie beskerming en elke dag verstom die Here my oor hoe Hy beheer gevat het oor my finansies.

    Hier is ‘n paar van my getuienisse wat ek voorheen gedeel het:
    https://uiteindelikhoop.com/tiende-betaal-is-lewensveranderend/
    https://uiteindelikhoop.com/onnodige-vrees-oor-tiendes/

    Ek deel ook lesse oor tiendes:
    https://uiteindelikhoop.com/mylpaal-1-tiendes/

  2. Ja liefste bruid ek het by RMI die waarheid geleer van tiendes en op die oomblik van my reis is dit die enigste ding wat ek die meeste voor uitsien wanneer dit einde van die maand is, is om my tiende aan die Here te gee. Liefste bruid asb moenie die leun glo van ek het nie genog nie want hy sal vir jou voor sien. Die eerste keer wat ek tiende betaal het paardae later moes ek barra hospitaal toe gegaan het vir my meisie kind se jaarlikste check up en die petrol gebruik was minder as gewoonlik en kere wat dit regtig moeilik gegaan het,Het die Here nog elke keer voorsien , n onverwagte pot sop, en ek kan so goed onthou die kere wat ek niks meer oor gehad het om te maak om te eet nie,Het die Here voorsien ons het nie honger gaan slaap nie .

  3. Liefste bruid, toe ek die eerste keer begin tiendes gee het, het ek niks gehad nie, net die bietjie kosgeld wat my VM betaal het. Ek het daaruit begin tiendes gee, en dit het ALLES verander!!
    Ek wil graag die getuienis met jou deel: https://loveatlast.org/this-time-i-made-a-commitment-to-not-stop-tithing-again/.

    “Beproef My tog hierin,
    sê die HERE van die leërskare,
    of Ek vir julle nie die vensters
    van die hemel sal oopmaak en
    op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.”

    —Maleagi 3:10

  4. Liewe Bruid ek was ook onder die verkeerde indruk wat die 10de beteken volgens wat vir my gesê is jy gee net jou 10de elke jaar die 10de maand wat mos Oktober is en deur die hele jaar gee jy net jou dankoffer. Toe is ek getroud maar my am (aardse man) het nooit sy 10de gegee en net soms n dankoffer. Maar toe ek by RMI uitkom en meer geleer het wat die betekenis agter die 10de is ek het eers uit vrees al my rekeninge betaal en toe die gelde wat oor is as my 10de gegee ek het toe nog erger swaar getrek toe praat ek met ons HEMELSE MAN en vra vir leiding en ek het toe begin om my 10de heel 1ste te betaal voordat ek enige iets anderste betaal of koop en ek gee ook deur die maand my dankoffer ek het ook erg getwyfel hoe nou gemaak maar jy moet dit uit jou hart uit wil gee en dan sal jy nie glo hoe amazing ons Hemelse Man is nie ek sukkel nie meer so erg finansieel nie kan darem nou meer as net die nodige koop ek kan nie net nie ophou om te sê hoe AMAZING ONS HEMELSE MAN IS NIE 💜

  5. Kosbare bruid, vir my was dit lewensveranderend. In die begin was ek onseker of ek my tiende moet betaal, die vyand het my probeer oorreed dat om my tiende te betaal gaan ek nie met my geld uit kom nie! Absolute leun, ek het nog elke maand met my geld uit gekom en het ‘n ekstra geldjie oorgehad vir my en my dogtertjie. Ek voel die Here het my gelei om my tiende te betaal, ek dit betaal sonder twyfel.

    Hier is my getuienis:
    https://uiteindelikhoop.com/ek-het-my-tiende-gegee/

    want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het. 1 Kronieke 29:14

    https://bible.com/bible/6/1ch.29.14.AFR83

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui