BLY KALM!!!

"Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie." 1J4:18

Na die lees van Hoofstuk 9, Staar Egskeiding In Die Gesig het ek geleer dat dit ongelooflik belangrik is om kalm te bly!

Alhoewel ek 'n herstelde huwelik gekry het, het ek in vrees geleef dat my aardse man weer ontrou sou wees. Ek het altyd gespot dat ek die beste spioen is wat 'n mens kan kry, natuurlik het dit verskriklike nagevolge gehad. My man het op 'n spesifieke tyd nie huis toe gekom nie en toe het ek hom gaan soek. Hy wou by die agterdeur uitslip van die plek waar hy was, maar ek was vasbeslote om hom op heterdaad te betrap, so toe besluit ek om, om te hardloop. Ek het so erg geval dat ek my stukkend geval het en later vir x-strale moes gaan, wat toe bevestig het dat ek my been gekraak het - en ja ek het my man gekry (maar dit het hom nie gekeer om dit weer te doen nie) en toe ons by die huis kom het ek nog boonop van onsteltenis my eie duim perongeluk in die kardeur vasgeslaan (ek kon vir dae lank nie slaap oor 'n kloppende seer been en vinger) - maar niks goeds het uit my spioenwerk uitgekom nie. Vandag kyk ek terug en besef ek hoe desperaat ek was en wil nooit ooit weer daardie pad loop nie, want my vrede is in ons kosbare Here.

Kosbare vrou lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die les:

"Hier is ‘n beginsel wat alle Christene moet ken en naby hul harte moet hou regdeur hul lewe en iets wat hulle vir hul kinders moet leer:

Wanneer jy ook al sien hoe goddeloosheid toeneem, beteken dit slegs dat die boosheid nader kom om VIR GOED uitgewis te word."

“Wie dit nie besef nie, is ‘n dom mens, wie dit nie insien nie, is sonder verstand. Al is die goddelose voorspoedig, al floreer almal wat onreg doen, hulle sal vir goed uitgewis word.” P92:7-8

Kosbare liefste vrou onthou die sonde gaan vir goed uitgewis word, so bly kalm en los alles vir ons kosbare Here, Hy is die Een wat die sonde sal stop.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “BLY KALM!!!”

  1. Dankie liefste Janine vir die pragtige boodskap en die verse. Ja ek kan self voel hou nader die tyd begin raak hou moeiliker raak dit. Ek weet die Here het kla die vyand oorwin.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui