“My yoke is easy and
My burden is light”
—Matthew 11:30

“My juk is sag en
My las is lig
—Matteus 11:30

As a Christian, you and I will each face times in our lives when all we want to do is give up. No great man or woman who we’ve read about, no matter how noble, has not experienced the feelings or thoughts of quitting—not one. Even Jesus, on His knees, with blood dripping from His brow asked God if there was “another way” other than the cross when He prayed that night in Gethsemane. It is natural, and even expected to have these feelings.

As ‘n Christen, sal jy en ek tye in ons lewe in die gesig staar wanneer al wat ons sal wil doen is opgee. Geen groot man of vrou waarvan ons gelees het, maak nie saak hoe edel, het nie gevoelens of gedagtes van opgee ervaar nie—nie een. Selfs Jesus, op Sy knieë, met bloed wat van Sy wenkbrou af drup het God gevra of daar ‘n “ander manier” is eerder as die kruis toe Hy daardie aand in Getsemane gebid het. Dit is natuurlik, en selfs verwag om hierdie gevoelens te hê,    

The difference between those who are later considered “great,” versus those who never make it into the pages we Christians read for encouragement, is what that person does with the thought or feeling of quitting. Those who may have been called to greatness, those whom we never hear from again are the ones who act on those thoughts and feelings—turning back. Yet, those who go on, like Jesus, are those who rely on Someone and something greater to carry them through. LOVE. “For God so loved the world…” (John 3:16).

Die verskil tussen die wat later as “groot” oorweeg word, versus die wat dit nooit maak in die bladsye wat ons Christene lees vir aanmoediging, is wat die persoon met die gedagte of gevoel  van opgee doen. Diegene wat dalk geroep word vir grootheid, die van wie ons nooit weer hoor nie is die wat op daardie gedagtes en gevoelens reageer—en terugdraai, Tog die wat aangaan, soos Jesus, is die wat op Iemand en iets groter staat maak om hulle deur te dra. LIEFDE. “God het die wêreld so liefgehad…” (Johannes 3:16)     

The man who wrote most of the New Testament, the apostle Paul, had a lot to say about giving up. He said, finally, “I have fought the good fight, I have finished the course, I have kept the faith, in the future there is laid up for me the crown of righteousness, which the Lord, the righteous Judge, will award to me on that day; and not only to me, but also to all who have loved His appearing” (2 Timothy 4:7-8).

Die man wat die meeste van die Nuwe Testament geskryf het, die apostel Paulus, het baie te sê gehad oor opgee. Hy het gesê, finaal “ Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms” (2 Timoteus 4:7-8). 

Did this man, Paul, have to endure and pass through very much in order to be such a help to us? One day, while having to defend himself to the Corinthians, he said this, “I speak as if insane—I more so; in far more labors, in far more imprisonments, beaten times without number, often in danger of death. Five times I received from the Jews thirty-nine lashes. Three times I was beaten with rods, once I was stoned, three times I was shipwrecked, a night and a day I have spent in the deep.

Het hierdie man, Paulus, verduur en baie deurmaak om in staat te wees om so ‘n hulp vir ons te wees? Een dag, terwyl hy homself teen die Korintiërs moes verdedig, het hy dit gesê, “ En nou praat ek asof ek van my verstand af is: ek nog meer! Ek het harder gewerk, ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan, ek was dikwels in doodsgevaar. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van nege en dertig houe gekry, en een maal is ek met klippe gegooi, drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek ‘n dag en nag in die oop see deurgebring. 

“I have been on frequent journeys, in dangers from rivers, dangers from robbers, dangers from my countrymen, dangers from the Gentiles, dangers in the city, dangers in the wilderness, dangers on the sea, dangers among false brethren; I have been in labor and hardship, through many sleepless nights, in hunger and thirst, often without food, in cold and exposure.

“Ek was dikwels op reis en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my volksgenote en gevare van heidene, gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers. Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue.

“Apart from such external things, there is the daily pressure on me of concern for all the churches. Who is weak without my being weak?” (2 Corinthians 11:23–29).

“Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes. As iemand swak is, voel ek asof ek self ook swak is?” ( 2 Korintiërs 11:23-29).

Most of us cringe when we think of enduring such hardship in order to help others with our testimony. When it comes right down to it, unless we get something out of it, most of us will simply give up and turn back. To be honest with you, what I “used to” hope to get out of my adversities along my journey was a verse that many Christian leaders hang onto when they want to hear Jesus tell them, “Well done, good and faithful servant!” (Matthew 25:21). Yet, even that thought no longer motivates me now—not winning, not even the prize that the Apostle Paul uses to motivate you and me (and I have always been a very competitive person). Part of the reason is that I would prefer my Husband be Who greets me, not as His “good and faithful servant” but embracing me in the way I imagine my Bridegroom doing—grabbing hold and swinging me around the clouds upon our meeting when I leave this earth.

Meeste van ons sidder wanneer ons aan aan die teenspoed dink wat ons moet verduur om in staat te wees om ander te help met ons getuienis. Wanneer dit daarop neerkom, tensy ons iets daaruit kry, sal meeste van ons eenvoudig opgee en terugdraai. Om eerlik met jou te wees, wat ek “gehoop” het ek sou uit my teenspoed kry langs my reis was ‘n vers waaraan baie Christen leiers aanhang wanneer hulle wil hê Jesus moet vir hulle sê, “Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf!” (Matteus 25:21). Tog, alhoewel daardie gedagte my nie nou meer motiveer nie—om nie te wen nie, nie eens die prys wat die Apostel Paulus gebruik om vir jou en my te motiveer nie (en ek was nog altyd ‘n kompiteerende persoon). Deel van die rede is dat ek sou verkies dat my Man die Een wees wat my groet, nie as Sy “goeie en getroue” slaaf nie maar my omarm op die manier wat ek my verbeel my Bruidegom sal doen by ons ontmoeting wanneer ek hierdie aarde verlaat—my vasgryp en rondom die wolke swaai.

Paul also said, “I do all things for the sake of the gospel, so that I may become a fellow partaker of it. Do you not know that those who run in a race all run, but only one receives the prize? Run in such a way that you may win. Everyone who competes in the games exercises self-control in all things. They then do it to receive a perishable wreath, but we an imperishable” (1 Corinthians 9:23-25).

Paulus het ook gesê, “Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê. Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hule doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike” (1Korintiërs 9:23-25).

Once again, Paul tries to motivate you and me while writing to the Philippians, “Therefore, since we have so great a cloud of witnesses surrounding us [remember this literally means the people in your life who “witness” and watch how you live your life differently], let us also lay aside every encumbrance and the sin which so easily entangles us, and let us run with endurance the race that is set before us, fixing our eyes on Jesus, the author and perfecter of faith, who for the joy set before Him endured the cross, despising the shame, and has sat down at the right hand of the throne of God. For consider Him who has endured such hostility by sinners against Himself, so that you will not grow weary and lose heart” (Hebrews 12:1-3).

Weereens, probeer Paulus vir jou en my te motiveer terwyl hy aan die Fillipense skryf, “ Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuienis rondom ons het [onthou dat dit letterlik beteken die mense in jou lewe wat “getuig” en dophou hoe jy hoe lewe anders lewe], laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie’ (Hebreërs 12:1-3).

Though many of you have read this verse in Hebrews, I found another version that seemed to fit just a bit better this morning in The Message Bible

Alhoewel baie van julle die verse in Hebreërs gelees het, het ek ‘n ander weergawe in Die Boodskap Bybel gevind wat lyk asof dit vanoggend net  ‘n bietjie beter pas.  

“Do you see what this means—all these pioneers who blazed the way, all these veterans cheering us on? It means we’d better get on with it. Strip down, start running—and never quit! No extra spiritual fat, no parasitic sins. Keep your eyes on Jesus, who both began and finished this race we’re in. Study how He did it. Because He never lost sight of where He was headed—that exhilarating finish in and with God—He could put up with anything along the way: Cross, shame, whatever. And now He’s there, in the place of honor, right alongside God. When you find yourselves flagging in your faith, go over that story again, item by item, that long litany of hostility he plowed through. That will shoot adrenaline into your souls!” (Hebrews 12:1-3 Message).

“Die lewe is soos ‘n wedloop. Op die pawiljoen het ons ‘n skare mense wat voor ons met geloof en vertroue in God geleef het. Hulle moedig ons aan om gelowig vol te hou met die wedloop. Laat ons dan ontslae raak van enigiets wat ons hinder om die wedloop van die lewe behoorlik te hardloop. Dit is veral die sonde wat ons gedurig wil pootjie. Laat ons soos die ander gelowiges hardloop met alles wat ons het. Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken op op God te vertrou en Hy sal ons ot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. Dink aan sy voorbeeld. Die skande en vernedering van die kruis was nie vir Hom te veel nie. Hy het dit alles verdra omdat Hy geweet het dat daar soveel blydskap daarna vir Hom wag. Kyk nou net, nou sit Hy op die ereplek by God in die hemel. Hou Hom gedurig in gedagte. Dink aan alles wat Hy moes deurmaak, ja, aan al die slegte dinge wat die sondige mense aan Hom gedoen het. As julle sy voorbeeld volg, sal julle nooit moedeloos word en tou opgooi nie.” (Hebreërs 12:1-3 Die Boodskap)

Again, though I love imagining sitting alongside God, I do so imagining sitting with my Husband, by His side. As a woman, we are born and created to desire this kind of love, not the selfish, self-centered, self-serving love of the human race—light-years and plans beyond what most could imagine.

Weereens, alhoewel ek my verbeel dat ek langs God sit, ek doen so en verbeel my ek sit by my Man, langs Sy sy. As ‘n vrou, is ons gebore en geskape om na hierdie soort liefde te hunker, die die lefsugtige, self-gesentreerde, self-dienende liefde van die mensegeslag nie-ligjare en planne bo wat meeste hulle kan verbeel. 

“Now glory be to God, who by his mighty power at work within us is able to do far more than we would ever dare to ask or even dream of—infinitely beyond our highest prayers, desires, thoughts, or hopes” (Ephesians 3:20 TLB). 

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in ewigheid. Amen.” (Efesiërs 3:20 Afr 83).

“God can do anything, you know—far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams!” (Ephesians 3:20 Message). 

“God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie. (Efesiërs 3:20 Die Boodskap).

Analogy of a Full Moon Witness

Analogie van ‘n Vol Maan Getuienis 

Looking at the full moon outside my window, I found myself talking to the Lord like I always do. Being Sunday, I forced myself to stay off my computer to take the much needed day of rest with Him. What I found myself saying was that the full moon is like us when we face Him our Sun, His Son, when the world is not blocking or getting in the way of how we live our lives. The beauty, and amazing part, of how God created this universe, is that even if only a sliver of His light shines on our lives, the rest blocked by the many things of this world, even then our crescent can and does attract those who are gazing at our lives— looking for hope.

Terwyl ek na die vol maan buite my venster kyk, vind ek myself met die Here praat soos wat ek altyd doen. Omdat dit Sondag is, het ek myself geforseer om van die rekenaar af te bly om die dag van rus te kry wat ek bitter nodig het saam Hom. Wat ek myself gevind sê het was dat die vol maan is soos wanneer ons Hom in die gesig staar ons Son, Sy Seun, wanneer die wêreld nie blok of in die pad kom van hoe ons ons lewens lei nie. Die prag, en ongelooflike deel, van hoe God die heelal geskep het, is dat selfs as daar net ‘n spaander van Sy lig op ons lewens skyn, en die res deur die vele dinge van hierdie wêreld geblok word, selfs dan sal ons sekelmaan die wat in ons lewens staar kan aantrek —en soek vir hoop.  

Giving Up:
Turning Back vs Turning it Over

Opgee:
Terugdraai vs Oorgee

So, yes, I actually came to the place where I wanted to give up, but that’s when I realized that whatever I had been doing that caused me to become weary, leading to wanting to give up, had been due to me carrying too much of the load—the burdens He needed to be given! Burdens of planning or thinking or anything else I’d been doing that began to weigh on me. Coming to the overwhelming feelings of wanting to give up is showing me and you that we need to give up, in order to turn us to turn everything over to the One who’s waiting to take those burdens that He wants us to give up—No, not to turn back—but in order for us to realize that He’s a Gentlemen, a Warrior, a Provider, and anything else we need rather than us doing it. 

So, ja, ek het eintlik op die plek gekom waar e wou opgee, maar dit is toe wat ek besef het dat watookal ek besig was om te doen wat veroorsaak het dat ek afgemat geword het, en gelei het daartoe dat ek wou opgee, is omdat ek te veel van die laste gedra het—die laste wat aan Hom gegee moes word! Laste van beplanning en dink of enige iets anders wat ek besig was om te doen het op my begin neerdruk. Om die punt te bereik waar jy ooweldigende gevoelens kry om te wil opgee wys vir jou en my dat ons nodig het om op te gee, sodat ons kan omdraai en alles aan die Een oorgee wat wag om daardie laste wat Hy wil hê ons moet opgee te neem—Nee, nie terugdraai nie—maar sodat ons kan beef dat Hy ‘n Heer is, ‘n Krygsman, ‘n Voorsiener, en enige iets anders wat ons nodig het eerder as wat ons dit doen.  

Read what the Lord’s saying to you, “Are you tired? Worn out? Burned out on religion [performing good works in order to please others]? Come to me. Get away with Me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with Me and work with Me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with Me and you’ll learn to live freely and lightly” (Matthew 11:29-30 Message).

The Lord wants to and is equipped to carrying the heavy burdens, even the tiny ones that we think we can manage. 

Lees wat die Here vir jou sê “Voel jy moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe. Kom wy jou lewe aan My toe. By my sal jy wer sin van die lewe ontdek. Kom luister na wat Ek vir jou oor jou lewe wil leer. Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te lewe nie. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te hê. Kom ontdek watter vreuge dit bring om te leef soos God wil hê jy moet leef. Dis nie moeilik om so te leef nie; om die waarheid te sê, as jy so begin leef, sal jy agterkom hoe lekker die lewe regtig kan wees” (Matteus 11:29-30 Die Boodskap).  

So often the burdens I’m experiencing are due to me being yoked to other people’s desires or demands on me, and probably even more often, it’s due to the yoke I’ve put on myself, desires and demands or perfections, I’ve put on myself.

So dikwels die laste wat ek ervaar is as gevolg van my wat gejuk is aan ander mense se begeertes of  vereistes op my, en moontlik meer dikwels as gevolg van die juk wat ek op myself plaas, begeertes en vereistes of perfeksies, wat ek op myself geplaas het.   

Again listen to what He’s saying to you, “Take My yoke upon you and learn from Me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls. For My yoke is easy and My burden is light” (Matthew 11:29-30). HIS yoke is always light and easy. So when we feel like giving up, give up that burdensome yoke and exchange it for His—light and easy—where we will find rest for our very souls.

Luister weer na wat Hy vir jou sê, “Neem my juk op julle en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (Matteus 11:29-30). SY juk is altyd sagmoedig en nederig. So wanneer ons voel asof ons wil opgee, gee daardie moeisame juk op en verruil dit vir Syne—sagmoedig en nederig—waar ons rus vir ons siele sal vind.  

The reason He led me to write this chapter, I believe, is because this morning I received another letter from a woman who wrote to let me know she’s quitting. I get so many letters of women quitting, though I believe there are many more who quit and never write to me or RMI.

Die rede wat Hy my gelei het om hierdie hoofstuk te skryf, is omdat ek vanoggend nog ‘n brief gekry het van ‘n vrou wat geskryf het om my te laat weet dat sy opgee. Ek kry so baie briewe van vrouens wat opgee, alhoewel ek glo dat daar vele meer is wat opgee maar nooit aan my of HMI skryf nie.

So, for all of you who want to quit, give up, throw in the towel, find an easier path, please DO. But rather than turning back to your old life or something the world will gladly offer you (leading to more pain), sit down where you are OR better yet, run to and fling yourself into His waiting arms. Let Him hold you tightly, assuring you that everything that has made you worn out isn’t His yoke at all. 

So, vir almal van julle wat wil opgee, of die handdoek ingooi, ‘n makliker paadjie vind, DOEN dit asseblief. Maar eerder as om terug te keer na jou ou lewe toe of iets wat die wêreld jou met vreugde sal offer (en meer pyn veroorsaak), sit waar jy is OF nog beter, hardloop en gooi jouself in Sy wagtende arms. Laat Hy jou styf vashou, en verseker dat alles wat jou afgemat gemaak het glad nie Sy juk is nie. 

“The Lord is my Shepherd, I shall not want. He makes me lie down in green pastures; He leads me beside quiet waters. He restores my soul” (Psalm 23: 1-3). Then during your time of laying down in those cushy green pastures, next to the still waters, together you can sort out all that you need to give to Him.

“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag” (Psalm 23:1-3). Dan gedurende die tyd wat jy in daardie sagte groen weivelde rus, langs die waters van vrede, kan julle saam alles uitsorteer wat jy nodig het om vir Hom te gee.

It was just two days ago that all I could think about all day long was that all of this, all that I have gone through and am going through (and wow, things have been very tough lately and seem to get tougher every day), is for just one reason—to know Him, to yoke myself to Him and to allow all of this as His way of showing me how to live my life differently. Living it abundantly. There is no other way around learning this truth.

Dit was net twee dae gelede wat al waaraan ek heeldag kon aan dink was dat dit alles, alles waardeur ek is en deurgaan (en wow, dinge was onlangs moeilik en lyk asof dit moeiliker word), is vir net een rede—om Hom te ken, om myself aan Hom te juk en dit alles toe te laat as Sy manier om my te wys hoe om my lewe anders te lewe. Oorvlodig te lewe. Daar is geen ander manier om hierdie waarheid te leer nie. 

Nothing else matters, but in knowing Him personally and living your life yoked to Him—nothing in my life, nothing in your life (not even if this is not how you feel or how you think).

Niks anders maak saak nie, maar deur Hom persoonlik te ken en jou lewe aan Hom gejuk te leef—niks in my lewe, niks in jou lewe (nie eens as dit nie is hoe jy voel of hoe jy dink nie).

For those who want to hear praise “well done” remember, a trophy gets dusty, praise ceases to feel the same, prestige and fame come with a price. That’s why again it’s important that we understand that there was only one thing that motivated those whom we now look to for encouragement, those individuals who one day became great—it was because through everything, they came to know Him.

Vir die wat die lof wil hoor “wel gedaan” onthou, ‘n trofee raak stowwerig, lof staak om dieselfde te voel, prestige en faam kom teen ‘n prys. Dit is hoekom dit belangrik is dat ons verstaan dat daar net een ding is wat diegene gemotiveer het na wie ons nou na kyk vir aanmoediging, daardie indivdue wat een dag groot geword het—dit was omdat deur alles, hulle Hom leer ken het.  

As Paul said, paraphrased by the Message Bible, “The very credentials these people are waving around as something special, I’m tearing up and throwing out with the trash—along with everything else I used to take credit for. And why? Because of Christ. Yes, all the things I once thought were so important are gone from my life. Compared to the high privilege of knowing Christ Jesus as my Master [my Lover], firsthand, everything I once thought I had going for me is insignificant—dog dung. I’ve dumped it all in the trash so that I could embrace Christ and be embraced by Him” (Philippians 3:7-9 Message).

Soos wat Paulus gesê het, geparafraseer deur Die Boodskap Bybel, “ Al dié dinge was eers vir my ook baie belangrik. Maar Christus het my oë laat oopgaan. Dit het glad geen waarde meer vir my nie. Ek het besef hoe dit ‘n mens se aandag kan aftrek van wat regtig belangrik is, en dit is dat ek Christus Jesus my Here leer ken het. Dit het my laat besef dat al hierdie ander dinge eintlik niks in vergelyking daarmee is nie. Vandat my pad Jesus s’n gekruis het, het die hele manier waarop ek na dinge kyk, verander. Al daardie dinge wat eers vir my so belangrik was, is nou vir my minder as niks werd, want Jesus het vir my alles geword. Hy is nou vir my belangriker as alle ander dinge tesame. Daarom het ek alles gelos vir Hom. Wanneer God na my kyk, moet Hy sien dat ek in ‘n intieme verhouding met Jesus staan. Jesus het mos my saak met God reggemaak. Dit was nie omdat ek so  mooi na die wet geluister het nie, maar omdat ek Jesus vertrou. Vrede en goeie verhoudings tussen God en en mens word ervaar deur almal wat in Jesus glo. God sorg daarvoor” (Filippense 3:7-9 Die Boodskap).

Let me close by assuring you of this one fact I’ve learned Living the Abundant Life, “My beloved is mine, and I am His . . . When I found Him whom my soul loves; I held on to Him and would not let him go . . . For I am [wonderfully] lovesick” (Song of Solomon 3:2–4; 5:8).

Laat my afsluit deur jou te verseker van hierdie een feit wat ek in die Lewe die Oorvloedige Lewe geleer het, “My beminde is myne, en ek is Syne . . . toe kry ek die man wat ek liefhet?” Ek het Hom vasgegryp. Ek het hom nie weer laat los . . . die liefde verteer my” (Hooglied 3:2-4; 5:8).