Laat Die Here Toe Om Jou Heel Te Maak

"Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet." 1K2:9

Met die lees van Hoofstuk 6 in Staar Egskeiding In Die Gesig is ek weereens herinner dat daar meer vrede, vreugde en vervulling is, wat joune (en myne) kan wees, nie net wanneer jy ‘n eggenoot het, of wanneer jy herstel is nie. 

Ek gaan eerlik wees, jare gelede toe my man my gelos het, het ek gedink dis net hy wat my weer heel kon maak, maar ek was so verkeerd want na 'n herstelde huwelik het ek nog steeds nie heel gevoel nie en vandag kan ek getuig dat dit net die Here is wat my heel kon maak.

Lees asseblief hierdie treffende gedeelte aangehaal uit die boek Hoofstuk 6:

"Wat elke vrou moet doen, getroud of nie, is om haar geluk te vind, nie in haarself nie (soos die wêreld of feministe haar probeer oortuig het), nie in ‘n man nie, maar in diep intimiteit met die Here wat nie kom van kerk bywoning nie, maar in tyd wat alleen saam met die Here spandeer word.

Ek het baie keer probeer om hierdie gevoelens met mans en vroue te deel wie ernstig op soek is na herstel, maar hulle glo steeds dat as hulle die Here sou soek soos ek Hom gesoek het, dit daartoe sal lei dat hulle ook vir altyd ongetroud sal wees. Nie so nie!"

So kosbare liefste bruid spandeer genoeg tyd alleen saam met die Here en laat toe dat Hy jou heel maak.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Laat Die Here Toe Om Jou Heel Te Maak”

  1. ja liefste Janine Hy kan ons regtig heel maak en vul met liefde en blyskap, die liefde en blyskap wat van hom af kom is so veel meer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui