🙌Belofte Woensdag🙌

"Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil." S30:5(Afr83)

"Elke woord van die Here is waar. Jy kan daarop reken. Wie by Hom wegkruip, is veilig. Hy beskerm elkeen." S30:5(DB)

Die Supertaal Woordeboek sê die woord betroubaar beteken "waarop vertrou en gereken kan word" so kosbare vrou onthou jy kan op die Here se woord reken en vertrou wat Hy sê, al Sy beloftes is betroubaar, Hy is betroubaar, so hoekom nie al jou vertroue in Hom sit nie!

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. ‘Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus. ‘
    GALÁSIËRS 4:7
    https://www.bible.com/af/bible/5/GAL.4.7

    ‘ Om dié rede wag die Here om aan julle genade te betoon; om dié rede rig Hy Hom op om Hom oor julle te ontferm. Want die God van reg is die Here; gelukkig is almal wat op Hom wag. Ja, volk wat op Sion, in Jerusalem, woon, julle sal sekerlik nie meer huil nie. Die sal beslis genade aan julle bewys op julle roepstem om hulp. Wanneer Hy hoor, sal Hy julle antwoord.’

    Jesaja 30:18-19
    https://www.bible.com/af/bible/3499/ISA.30.18-19

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige beloftes deel kosbare Adina, wow ons sal sekerlik nie meer huis nie, dis pragtig!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui