Ek Het Gevoel Die Here Is Heeltemal Te Laat…

“Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwinJ16:33.

Toe ek Hoofstuk 1 in Leef Die Oorvloedige Lewe, lees het hierdie volgende gedeelte my nogal laat dink:

Ek weet dat ek en jy al gehoor het dat God nooit laat is nie, maar dit is net nie waar nie. Onthou, Jesus was opsetlik laat toe Sy goeie vriend Lasarus siek was. Hy het Sy goeie vriend eintlik doelbewus laat sterf. Dit is omdat God daarvan hou om die laaste hoofstuk te skryf—die soort hoofstuk wat ons wil laat op en af spring en lof uitskree! In plaas daarvan om net ‘n siek persoon te genees, neem Jesus die wonderwerk nog verder en wek Sy vriend op, die een wat in grafdoeke toegevou is—Hy het Lasarus uit die dood opgewek!

Ek gaan eerlik wees, toe my man my gelos het vir 'n ander vrou en my boonop geskei het, ek in ongelooflike baie skuld was, my oudste seun gekies het om by sy pa te bly, ek het erg depressie gehad het, my baba gestremd gebore was, het ek gedink of laat ek sê gevoel (want ek het op gevoel geleef), dat die Here nie net laat nie, maar heeltemal te laat in my lewe, in my situasie opgedaag het. MAAR Hy was laat vir 'n baie groter doel. Hoe anders sou ek 'n passie kry om stukkende vrouens te probeer help, hoe anders sou daar 'n pragtige getuienis van herstel met my seun wees, hoe anders sou daar 'n getuienis van verlossing van depressie wees, hoe anders sou my jongste seun 'n getuienis wees...

Kosbare liefste bruid, voel dit of die Here heeltemal te laat in jou situasie is? Onthou asseblief die Here is nog steeds in beheer en Hy hou daarvan om die laaste hoofstuk te skryf, so raak saam met my opgewonde en sien saam met my uit na die pragtige hoofstuk.

Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die HERE. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. J29:11

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Ek Het Gevoel Die Here Is Heeltemal Te Laat…”

  1. Dankie liefste Janine, ja die Here sien kla die ander Hoofstuk ons kan net in Hom vertrou en opgewonde wees by Hom terwyl ons wag

    1. Ja ksobare Kristy, ons kan met opgewondenheid wag, want ons kosbare Here het beslis vir ons planne van voorspoed.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui