Gee Op…Gee Oor

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee." M11:28

Die Skrywer van Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 4 sê dat as 'n Christen, sal ek en jy elkeen tye in ons lewens tegemoet gaan wanneer al wat ons wil doen, is opgee. Ek stem heeltemal saam, daar was al honderde kere waar ek net gevoel het ek wil opgee en nou moet ek erken dat dit was omdat ek self die las probeer dra het. En so baie van ons maak die fout wanneer ons opgee om dan terug te keer na ons ou lewens toe en ja ek was ook al daar, maar vandat ek geleer het om alles oor te gee aan ons kosbare Here, het my lewe verander. Hy is werklik die Enigste Een wat my rus gee wanneer ek uitgeput en oorlaai is, daardie rus wat alle verstand te bowe gaan.

Kosbare liefste vrou as jy uitgeput en oorlaai voel, gee op, MAAR gee dit oor aan die Here. Leer van Hom kosbare vrou en ervaar Sy ewigdurende Liefde

"Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed." M11:29

Luister asseblief na die pragtige illustrasie wat ons kosbare Here vir my laas jaar  gegee het oor opgee en oorgee:
Deel 1 & Deel 2

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Gee Op…Gee Oor”

  1. Dankie liefste Janine. ja om oor te gee aan die Here het my al baie gehelp op my reis en ek gee nog steet als oor aan hom. Sonder Hom kan ek nie en net Hy kan werklik als verander.

    1. Ja kosbare Kristy net ons Liefling Here kan werklik alles verander, ons moet Hom net vertrou wat Hy weet wat Hy doen.

  2. Hallo Janine, dank je wel voor het delen van deze bemoediging. Op dit moment ben ik aan het luisteren naar een groep vrouwen op youtube die praten over “Geef het aan God om te weten wat Zijn Wil is”. Niet toevallig dat ik jouw blog lees. Want het is een bevestiging hoe belangrijk het is om niet op te geven wanneer situaties moeilijk worden, wanneer je niet weet wanneer je iets moet doen of beter gezegd wanneer je iets niet moet doen. Het is een leermoment. Want onze gedachten zijn niet Zijn gedachten en als we het overgeven aan Hem dan zullen er geweldige dingen gebeuren. Alleen Hij kan resultaten bereiken die ons zo blij zullen maken. Die wijzelf niet bij machte zijn om voor elkaar te krijgen. Terwijl we in rust en vrede aan de voeten kunnen blijven zitten van onze Hemelse Geliefde💞
    ~~~~~~
    Hallo Janine, dankie dat jy hierdie aanmoediging deel. Op die oomblik luister ek na ‘n groep vroue op youtube wat praat oor “Gee dit aan God om Sy Wil te ken.” Dit is nie toevallig dat ek jou blog lees nie. Want dit is ‘n bevestiging van hoe belangrik dit is om nie tou op te gooi wanneer situasies moeilik raak, wanneer jy nie weet wanneer om iets te doen nie of beter nog wanneer om iets nie te doen nie. Dit is ‘n leermoment. Want ons gedagtes is nie Sy gedagtes nie en as ons ons aan Hom oorgee, sal groot dinge gebeur. Net Hy kan resultate bereik wat ons so gelukkig sal maak. Wat ons self nie kan bereik nie. Terwyl ons in rus en vrede aan die voete van ons Hemelse Geliefde kan sit 💞

    1. Ek stem saam kosbare Kristine, net ons Liefling Here kan die resultate bereik wat ons gelukkig sal maak, want Sy planne vir ons is planne van voorspoed. My eie lewe is ‘n bewys, want as ek in my eie krag iets probeer bereik het, het ek ‘n gemors daar van gemaak, ons Liefling Here weet net beter en wat die beste vir ons is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui