Ek Het In ‘n Twisgierige Vrou Verander

ń Aanhoudende gedrup op die dagvan 'n stortreën en 'n twisgierigevrou is net eenders. Wie haar wil teëhou,hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.
S27:15–16

Toe ek Hoofstuk 6 “Twisgierige Vrougelees het, het ek besef dat ek in 'n twisterige vrou verander het.

Ek was altyd 'n stil en teruggetrokke persoon. Soos wat dinge in my lewe gebeur het, het ek al meer verander soos 'n twisterige vrou van die wêreld. Toe ek leer oor die twisterige vrou en dat selfs die bybel praat van haar, het ek besef dit is wie en wat ek geword het. Dit was een van die groot klippe wat ek moes sluk.

Ek is dankbaar dat ek die waarheid geleer het en dat die Here my gehelp het en my verander het. En wat ek nog gereeld vir die Here vra om my te help dat ek nie terug val in 'n twisterige vrou nie, want ek wil nie weer so mens wees nie. Ja ek moet nederig bly, want dit is maklik om terug te val en ek het elke dag die Here nodig om my te help dat ek nie val nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Ek Het In ‘n Twisgierige Vrou Verander”

  1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Kristy, ja ons het beslis ons kosbare Here se hulp daagliks nodig sodat ons nie in ons ou weë val nie (want ek wil ook nooit ooit weer teruggaan na die vrou wat ek was nie en ja daar is nog baie werk in my), maar dit bewys ons totale afhanklikheid van ons Liefling Here af, want sonder Hom kan ek werklik niks doen nie.

  2. ja liefste Janine ons die Here elke second van die dag nodig met als. Ek is bly dat Hy my help en wanneer ek val tel Hy my weer op.

  3. Ons almal was daar Kristy, maar Hy sit ons op die Pottebaker se wiel en verander ons. Ja ons maak nog foute want ons almal skiet te kort, maar dis hoekom ons op die Pottebaker se wiel moet bly en dankbaar wees as Hy ons vorm.

    1. Ja kosbare Adina, ek weet ek skiet nog baie te kort en is totaal en al afhanklik van my kosbare Liefling Here se hulp en leiding om ‘n beter mens te wees. Ek is so dankbaar Hy is die Pottebakker en weet wat Hy doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui