Gee Nou Dadelik Oor

Vandag se oggendtoewyding is net weer 'n herinnering dat ons alles moet oorgee aan die Here. Hou jy ook vas omdat jy vir nog 'n rukkie gou beheer oor jou situasie wil hê? Wel ek moet erken ek het altyd, maar my Liefling Here is besig om my te leer om ALLES OOR TE GEE AAN HOM, want Hy weet in elk geval presies wat om te doen in elke situasie in ons lewens.

Die Supertaal woordeboek sê die betekenis van alles is:
Al die dinge saam; die hele versameling of hoeveelheid sonder uitsondering. (Onthou die hele versameling, sonder uitsondering, so moet niks uitlos nie).

En die betekenis van oorgee is:
• Om iets aan iemand anders te gee.
• Om die stryd te staak en beheer aan iets of iemand anders te gee.

So kosbare liefste vrou gee nou dadelik alles (sonder enige uitsondering) oor aan die Here. Staak nou dadelik die stryd wat jy probeer voer om beheer te behou en gee daardie beheer oor aan ons kosbare Liefling Here.

Lees asseblief vanoggend se pragtige oggendtoewyding:
https://uiteindelikhoop.com/toewydings/my-beminde/februarie/#27Februarie

Lees nog oor oorgee:
https://uiteindelikhoop.com/ek-gee-oor/
https://uiteindelikhoop.com/gee-op-gee-oor-aan-die-here/
https://uiteindelikhoop.com/gee-op-gee-oor-aan-die-here-deel-2/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Gee Nou Dadelik Oor”

  1. ja liefste Janine Hy is al een wat als kan verander en wat als kan gebruik om bymekaar tekom vir goede. wanneer ons probeer het ons entlik niks onderbeheer nie. Waar ons Geliefde Hemelse Man als onderbeheer het en niks hom ontkant vang nie.

  2. Dankie liefste Janine, ons het eintlik geen beheer nie, al probeer ons hoe hard, ons pogings is eintlik geen poging nie. Ons planne is in elk geval waardeloos en sonder enige werklike oplossings.
    Om alles oor te gee is ook om rus te vind en vrede in jou hart te he, want ons weet ons Geliefde het alles onder beheer en Hy sal als uitwerk.

    1. Ja kosbare Adina, ons planne is werklik waardeloos, want dis werklik net ons kosbare Here wat ons die vrede, in elke situasie kan gee, wat alle verstand te bowe gaan. Hoe meer dit by my insink dat die Here beheer het oor alles, hoe meer help dit my om oor te gee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui