Ek Gee Oor…

Ek hou nogal daarvan om in beheer van my lewe te voel, ek weet so baie van ons doen. Ek is glad nie avontuurlustig nie, so dis heeltemal meer as ok vir my om in 'n gemaksone te wees.

En ewe skielik word ek uit my gemaksone gevat, ek trek die week saam my ouers in 'n plek in (my ouers het vandag ingetrek en ek trek Saterdag) en boonop trek ek weg van die plek waar ek gehou het van om te bly. En natuurlik het ek dit probeer keer en selfs die pak tot op die einde uitgestel net vir ingeval ek nie hoef te trek nie, ek het myself natuurlik ook moeg gedink en uitgeredeneer, totdat ek nie meer kon nie en nou oorgee, so ja ek trek en sit juis en tik in my nuwe kamer. En kan ek noem my gemaksone waar ek gebly het, was ook my veilige hawe en vandag openbaar die Here aan my dat Hy my Veilige Hawe wil wees... eina...hoekom het ek buitendien ooit 'n veilige hawe in 'n plek geskep, terwyl net die Here werklik ons Veilige Hawe kan wees!

En ek kan vandag getuig, dat dit ok voel om oor te gee, dis ok om nie heeltemal te weet wat die toekoms inhou nie, solank my toekoms net in die Here se hande is. En vandat ek oorgegee het, ervaar ek hierdie vrede wat alle verstand te bowe gaan, Sy vrede. So kosbare liewe vrou, gee oor, dis baie bevrydend.

Lees asseblief hierdie stuk geneem uit Vind die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 10 "Oorgawe"

Oorgawe is die pad na die oorvloedige lewe en daarom is dit iets waarmee ons sukkel. Oorgawe beteken eenvoudig om beheer op te gee van en om ons bestemming in die hande van iemand anders te plaas. Maar, solank ons enige beheer oor enige aspek van ons lewens handhaaf, verloor ons die geleentheid vir ware vryheid, die vryheid wat vreugde en vrede bring.

Die waarheid is—dink en redeneer sal uiteindelik lei tot kommer en vrees, wat tyd en energie wegneem van jou verhouding met die Here. Hy het keer op keer vir my gesê dat Hy nie ‘n vrou of ‘n helper nodig het nie—Hy is volkome. Waarna Hy hunker is ‘n bruid wat nie gestres en verteer is deur probleme nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Ek Gee Oor…”

  1. Liefste Janine. Om te laat gaan en nìe in beheer te wees nie, om nìe om te beplan nie, is seker die een ding wat die moeilikste vir my is om te doen.
    Baie dankie vir hierdie bemoediging, ‘n plèk moet nie jou veilige plek wees nie, maar God moet.
    God het reeds ons pad vir ons uitgelê, al wat ons moet doen is om Hom in bestuur te los en nie oor te neem by Hom nie. Hy is perfek!

    1. Dit was vir my ook baie moeilik kosbare Betty, maar ek wil nie die seëning van die Here mis oor ek nog klou nie, so kom ons probeer saam om net in elke area van ons lewens oor te gee. Ja kosbare Betty, Hy is perfek en in beheer van alles, so ons kan maar rus in Hom en nie meer in beheer probeer wees nie.
      Ek sien nou met hierdie trekkery, hoe meer ek net oorgee, hoe meer ervaar ek hierdie vrede wat alle verstand te bowe gaan, Sy vrede.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui