Die Here se beskerming

Wanneer ek loop in ’n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my. ‭‭‬P23:4‬

Toe ek die les Vind die Oorvloedige Lewe. Hoofstuk 12 ”Jou Beste Beskerming gelees het, het ek die volgende geleer.

Die Here is die een wat my en my kind en geliefdes kan beskerm. 'n Mens kan nie iemand beskerm soos die Here nie. Die Here se beskerming is die beste. Ek kan my nie self beskerm teen goed in die lewe nie, al het ek in die verlede probeer kon ek dit entlik nie reg kry nie. Ek kan nie die heeltyd by my kind wees om haar te beskerm nie. Ek kan nie elke een van my geliefdes beskerm nie. Maar ek kan my Geliefde Hemelse Man vra om my te beskerm, om my kind en geliefdes te beskerm. En ek kan in vreugde in Hom wees. Want Hy sal elke een van ons elke seconde beskerm. Al gebeur daar dalk goed sal Hy ons beskerm. Maak nie meer saak hou groot die reuse vyand of beproewing is nie want God is groter en Almagtig. Hy kan enige iets doen ek hoef nie meer te vrees nie.

Hier is n paar beloftes:

Laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd juig. Beskerm dié wat u Naam liefhet sodat hulle oor U kan jubel. ‭‭P5:12‬

Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. F‭4:6

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “Die Here se beskerming”

  1. Dankie dat jy deel wat jy geleer het kosbare Kristy. Is dit nie wonderlik dat ons net na die Here hoef te gaan vir ons, ons kinders en geliefdes se beskerming. Dat die Here ons kinders en geliefdes liewer het as wat ons hulle kan hê nie. Ons kosbare wonderlike Here is rerig die beste Beskerming ooit!
    Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie. P91:11-12 https://www.bible.com/af/bible/6/PSA.91.11-12.AFR83

  2. Absoluut so waar, die Here is die een wat my kind en geliefde kan beskerm. Ek het dit gisteraand eerste hand beleef, my dogtertjie is siek ek het so moedeloos begin voel want ek weet nie meer hoe om haar te help nie, hoe om haar beter te laat voel nie. Ek was bydie dokter en het vir haar medisyne gegee, niks help nie! Terwyl sy huil begin ek bid en vra vir die Here se hulp, om haar asseblief rustig te maak en haar seer weg te vat, natuurlik het ons wonderlike Here geluister. Hy het ons beskerm, en was reg langs my die heeltyd, ek is dankbaar!

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige getuienis deel kosbare Mila, die Here is werklik die beste Geneesheer en Beskermer ooit.
      Ons het Saterdag in ‘n storm in gery en dit het begin hael en my ma het agter in die motor begin bid en dadelik het ons wonderlike Here dit laat ophou hael.

  3. Dankie Kristy, toe my kinders aan die AV blootgestel was en toe naweke saam met haar en my vm begin spandeer, was hierdie die belangrikste beginsel wat my gehelp het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui