Beginsel #3 “Die Seën & Salwing Vloei”

♕ Vandag se belofte: “‘Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie." Maleagi 3:10

Kosbare bruid ek hoop jy het laas week Beginsel #2 uit "Hoe om Hierdie Jaar Geseënd te Wees" gelees en dat jy reg is vir Beginsel #3. Maak asseblief seker om te joernaal, want daar kan jy jou hart teenoor ons Liefling Here uitstort, asook om kommentaar te los en te deel wat ons Liefling Here vir jou geleer het uit Beginsel #3.

Kom ons gaan voort waar ons opgehou het met die begrip dat, #1 God ons wil seën. En dat as dit waar is dat God ons wil seën, waarom is nie alle gelowiges dan geseënd nie?

My begrip is dat die antwoord om dieselfde rede is dat NIE almal gered is nie. Omdat nie almal “in die Here Jesus Christus glo nie” en dat God vir ons sê dat Hy wens “niemand verlore sal gaan nie maar dat almal hulle moet bekeer.” En as jy die Herstel Jou Huwelik boek gelees het of  'n Wyse Vrou  of  'n Wyse Man, sal jy weet dat ons aan God se voorwaardes moet voldoen om Sy belofte te verkry. Ongelukkig, vergeet ons somtyds hierdie voorwaardes, daarom herinner ek jou aan die derde beginsel.

Beginsel #3 Om geseënd te wees, moet jy Hom lief genoeg hê om gehoorsaam aan Hom te wees.

Dit is nie wat ek sê nie, dit is wat Hy gesê het in Johannes 14:15. Jesus sê eenvoudig, “AS julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.”

Glo dit of nie, die oomblik toe ek my bediening begin vermeerder het (soos die Here my beveel het om te doen toe Hy dit op my hart gelê het om die bediening weer oor te neem in 2004), het ek verrassende dinge begin sien. Ek het gevind dat baie wat by ons gemeenskap aangesluit het, nie hulle vepligtinge nagekom het nie. Destyds was dit 'n vereiste om boeke te lees om by ons Herstel Gemeenskap aan te sluit, wat baie misluk het om te lees alhoewel hulle hulle verbind het om dit te doen toe hulle aangesluit het. Dit is toe wat ek gekyk het of mense hulle Bybels daagliks lees, daagliks stiltetyd het en ander dinge wat gehoorsaam behoort te word om geseën te word met ‘n herstelde huwelik waaroor hulle voortdurend gepraat het en behep was om te verkry

Die openbaring het regtig gekom as ‘n antwoord op my gebede. Gedurende die somer van 2003, het ek aanhoudend na God “uitgeroep” en Hom gevra hoekom sommige huwelike herstel was en ander nie—aangesien ek Hom herinner het dat Hy NIE onderskeid maak tussen mense soos dit in Handelinge 10:34 verduidelik word nie. En soos wat ek verwag het, was God getrou om baie dinge aan my te onthul, deur baie kwessies wat die oorsaak was, te ontbloot.

Interessant, is ek nie die enigste een met hierdie vraag nie. Baie van julle vra dieselfde ding wanneer julle aan ons kantore skryf of wanneer julle julle Herstel Reis met julle eVennote bespreek en moontlik toe jyself na God uitgeroep het.

Om Sy wette na te volg is op sigself 'n beginsel en aangesien dit een van God se wette is beteken dit, soos jy weet, dat gehoorsaamheid nie opsioneel is nie. Elkeen van God se wette was in plek gesit toe Hy die heelal geskep het. Net soos die wet van swaartekrag, is daar geen manier rondom die nagevolge nie. As jy spring, val jy. Dit lyk nie asof ons verbaas is daaroor nie. So hoekom is ons so verbaas en verward wanneer ons nie seëninge sien nie—alhoewel ons bid en glo vir hulle en wanneer ons WEET dat God ons wil seën?

Wanneer ons seëning dan nie binne ‘n redelike tyd kom nie, begin ons  bevraagteken of God ons wil seën al dan nie. Weereens, daar is geen twyfel dat Hy jou op elke manier moontlik wil seën nie, maar as jy Sy beginsels en/of Sy wette oortree, dan kan Hy jou eenvoudig nie seën nie. Dit is eenvoudig so.

Jare gelede het ek met die bediening gedeel dat toe ek weer die bediening in 2003 oorgeneem het, dat God BAIE dinge op my hart gedruk het wat Hy gesê het moes verander vir Sy seëning om in te vloei, deur en op my. Sommige van wat Hy gesê het, het amper onmoontlik gelyk om te bereik. Maar een vir een is hulle voltooi soos wat ek Hom gesoek het om my te help, hoofsaaklik deur eenvoudig meer tyd saam Hom te spandeer. Dit was nie deur werk of najaging nie, maar deur stil saam met Hom te sit wat dinge gebeur het.

Dit is ‘n beginsel wat meeste gelowiges faal om te verstaan en dan skryf hulle na ons kantore toe of vertel iemand wat binne hoor afstand is. Hulle kan eenvoudig nie verstaan hoe of hoekom dinge nie uitdraai soos hulle gedink het dit sal nie. Soos om ‘n sonde te bely of om vergifnis van iemand te vra. Selfs al doen hulle dit met die regte hart, die persoon wat jy genoodsaak voel om dinge mee reg te maak, mag nie goed reageer nie—tog dit maak nie saak hoe hulle reageer nie. Die beginsel is eenvoudig dat God jou hart gesien het toe jy gekies het om Sy wette te gehoorsaam. En dit is wat saak maak en wat jou sal verander en seën!

Gehoorsaamheid is baie dikwels moeilik om te onderskei. Toe ek hierdie reeks oor Hoe om Geseënd te wees, die eerste keer geskryf het, het ek die Here ywerig gesoek en gesê dat ek Hom elke dag deur die dag sou soek om te onderskei wat Hy wou gehad het ek moes doen oor diegene wat nie gehoorsaam was nie en nie hulle verpligtinge nagekom het nie. Ek het eintlik vir Hom gesê “Wat is die punt om mense in ons gemeenskap te hou wat hoop om hulle huwelike te herstel, wanneer Jy en ek weet hulle sal nie herstel word nie. Dit is asof ek aan misleiding deelneem.”

Dis toe wat ek die Bybel by hierdie vers in Maleagi 3:18 oopgemaak het ”So jy sal weer onderskei tussen die regverdige en die bose, tussen een wie God dien en een wat Hom nie dien nie." Nadat ek dit gelees het, het ek aangehou lees en myself by ‘n gewilde vers in Maleagi 3:10-11 bevind, “‘Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie, sê die Here die Almagtige.”

Daar was toe GEEN twyfel nie en daar is nou GEEN twyfel nie, baie van julle baklei teen die verslinder wat kort op jou hakke is om aan te hou om jou finansieël te vernietig en beslis om jou huwelik klaar te vernietig, jou eggenoot en jou familie. So ek vra jou weer, wat doen jy om hom te stop?

Die waarheid is, jy kan niks anders doen as om by die plek van oorgawe te kom en Sy beginsels te gehoorsaam nie. Nie die wat jy wil gehoorsaam of die wat vir jou aanloklik is nie, maar die wat die moeilikste is. Want die vyand doen sy bes om jou te keer om die beginsels wat die moeilikste is, te volg.

Die tweede waarheid is dat jy niks sonder Hom kan doen nie. So hou op om te probeer. In plaas daarvan, soos wat ek vroeër gesê het, spandeer eenvoudig meer tyd saam met Hom. Verandering sal nie plaasvind deur te werk of strewe nie, maar deur stil by Hom te sit. Dis wanneer dinge gebeur. Dit is wanneer ons verander word. Dit is wanneer ons van Glorie tot Glorie gaan. Dit is wanneer seëninge oorloop in ons lewens—en oorspoel na dié wat die naaste aan ons is. Nou is die tyd om te...

JOERNAAL

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Beginsel #3 “Die Seën & Salwing Vloei””

  1. Ja liefste Janine die Here wil ons seen met als, maar ons moet begin om gehoorsaam te wees. laat my dink wanneer ons kinders ongehoorsaam is hou dit ons laat voel. So voel Hy, ons moet gehoorsaam wees en dan kan Hy ons seen.

  2. Hierdie beginsel om ons volle tiende na die Here toe te neem is so baie belangrik en ek het gesien in my eie lewe hoe lewensveranderend dit is en natuurlik om in ons kosbare Here se teenwoordigheid te sit. Om te dink ek het jaar na jaar myself probeer verander en dit net nie reggekry nie, dis net die Here wat my kan verander.

  3. Ja om tiende te gee aan ons skatkamer waar ons gevoed word is lewensveranderend teen oor om net tiende te gee waar mens nie regtig gevoed word nie. En dit net die Here wat n mens regtig kan verander. Die Here ons Hemelse Man is wonderlik.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui