🙌Belofte Donderdag-Hou Niks Terug Nie🙌

"Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word." L6:38

Kosbare vrou lees asseblief hierdie pragtige gedeelte uit "My Beminde"

Gee alles vir Hom, hou niks terug nie. Jy het na Hom toe gekom in nood, maar jy doen nie afstand van alles nie.  Wat hou jou terug?

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om NIKS TERUG TE HOU NIE, gee ALLES vir ons kosbare Geliefde Here.

🙌Belofte Donderdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Donderdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

2 thoughts on “🙌Belofte Donderdag-Hou Niks Terug Nie🙌”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui