Vrede Te Midde Van Enige Seer

"Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie." J16:33

Dadelik toe ek Hoofstuk 7 in Staar Egskeiding In Die Gesig lees het die opskrif van “Vrede te Midde van” my opgeval en ek wens ek kan nou hier skryf dat ek vrede te midde van my egskeiding ervaar het, maar dan gaan ek 'n blatante leuen moet vertel. Om eerlik te wees, ek het vrees, wanhoop, woede en 'n warboel van seer emosies, alles ineen ervaar. Vandag kan ek dankbaar getuig oor Sy genade en dat ons kosbare Here nou my vrede is te midde van enige seer.

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig, indien jy dieselfde as ek ervaar het, om al daardie gevoelens vir die Here te gee, want Hy is die enigste Een wat ons VREDE kan gee te midde van owerspel, 'n egskeiding, verwerping... 

"Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!" 2T3:16

"Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle geskenk word!" J1:2 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Vrede Te Midde Van Enige Seer”

  1. Dankie baie liefste Janine ja Hy laat toe dat goed gebeur vir n grooter doel. Ons verstaan dit wel nie altyd in die begin wanneer ons seer het nie, maar terwyl ons saam met Hom stap wys Hy ons stadig soos wat Hy sien ons gereed is. Ek weet deur die seer het die Here my na Rmi gelei en ek het die waarheid geleer oor so baie goed en die beste van als is ek my Hemelse Man gevind.

    1. Ek is dankbaar dat jy na RMI toe gelei was kosbare Kristy, dis als deel van ons kosbare Here se plan. En ja ons kosbare Here laat alles toe vir ‘n groter doel en in die middel van seer kan ons nog steeds vrede hê, want dis ons kosbare Here wat vir ons vrede gee wat alle verstand te bowe gaan.

      1. Ja liefste Janine ek so bly dat ek geleer het dat ek vreugde by hom kan he terwyl ons seer het of in die woestyn is

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui