EK IS OKAY!

"U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding." P32:7

Toe ek gister Janine se lof "vrede te midde van enige seer" gelees het, het ek gedink EK IS OKAY!

Dit het my geinspireer om 'n lof te plaas want EK IS OKAY en God verdien al die eer. Want sonder Hom sou my pad nie maklik of die moeite werd gewees het nie.

Die laaste twee weke was maar rof, ek moes 'n afspraak bywoon wat my 'n knop in my keel gegee het, gelukkig het ek elke keer die Here se hand styfvas gehou en Hom gevra om die regte woorde in my mond te sit, ek was eindelik op my senuwees my hart voel nog rou, weereens dankbaar dat ek die Here ken.

"'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? [2] My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het." ‭P121:1-2(AFR83‬)

Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. P34:19(AFR83)

Vanoggend het ek 'n terugvoer epos van Maandag se afspraak ontvang en soos ek deur lees dink ek vir my myself EK IS OKAY, God is in beheer, hy loop voor my uit en maak my paaie gelyk (Jes 45:2)

'n Mens verstaan nie altyd nie, maar God se planne is beter. Hy berei jou en almal betrokke voor vir iets groter.

Ek is al amper twee jaar op my reis en as ek vandag terug kyk te midde van my seer is ek dankbaar ek het al so ver gekom.

Ek is ook so dankbaar dat ek in vrede leef met die mense om my, en dat God nie net so hard werk in my lewe nie, maar in die mense wie ek lief het se lewens ook.

"As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense." R12:18(AFR83)

Prys die Here!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “EK IS OKAY!”

  1. Dankie dat jy hierdie pragtige getuienis kom deel het kosbare Mila. Net gister deel ek met iemand dat ja ons gaan deur beproewinge, maar na die beproewing kom ‘n getuienis, want dis net Wie ons kosbare Here is. Jou hulp is beslis van die Here wat hemel en aarde gemaak het!
    Die Here is besig om daardie pragtige hoofstuk in jou lewe te skryf, Hy is besig met jou getuienis kosbare Mila.
    https://uiteindelikhoop.com/ek-het-gevoel-die-here-is-heeltemal-te-laat/

  2. Dankie liefste Mila vir die pragtige getuienis liefste Mila ‭
    Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan.” O21:4
    https://bible.com/bible/117/rev.21.4.NLV

    U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord. P30:12 https://www.bible.com/af/bible/compare/PSA.30.12

    Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees. R15:13 https://bible.com/bible/117/rom.15.13.NLV

  3. Dankie liefste Mila, terwyl ek jou lofverslag gelees het het ek aan die liedjie gedink:

    “It is well with my soul
    It is well, it is well with my soul
    It is well with my soul
    It is well, it is well with my soul”

    Ons gaan nog steeds altyd deur beproewings gaan, MAAR ons kan rus in die wete dat ons Geliefde by ons is en ons styf vashou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui