🙌Belofte Woensdag🙌

"Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie." J14:27

Kosbare liefste vrou kom ons onthou dat die wêreld en sy mense nie vir ons die vrede kan gee waarna ons opsoek is nie, net ons kosbare Here kan. So vind al jou vreugde en vrede in Hom.

"Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg." P37:4-5

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

9 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

    1. Dis ‘n pragtige belofte kosbare Kristy, dankie dat jy dit deel, wow ons kosbare Here gee vir ons ‘n geopende deur en niemand kan dit toemaak nie.

  1. ‭NUMERI 23:19 AFR83‬
    [19] God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?

    https://bible.com/bible/6/num.23.19.AFR83

    ‭DEUTERONOMIUM 31:8 AFR83‬
    [8] Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

    https://bible.com/bible/6/deu.31.8.AFR83

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige beloftes kom deel het kosbare Mila, Hy sal ons beslis nie in die steek laat nie en wat Hy belowe gaan Hy doen, Hy is betroubaar, ons kan Hom met liefde vertrou.

  2. ‘ In plaas van julle skande word julle dubbeld vergoed. Ja, in plaas van vernedering sal hulle jubel oor hulle deel; daarom sal hulle ‘n dubbele deel in hulle land in besit neem. Daar sal vir hulle ewige vreugde wees. ‘

    Jesaja 61:7
    https://www.bible.com/af/bible/3499/ISA.61.7

    ‘ “Staan op, laat jou lig skyn! Ja, jou lig het gekom, en die heerlikheid van die Here skyn oor jou. Nasies sal na jou lig trek, en konings na die helder lig van jou sonsopkoms. In plaas daarvan dat jy verlate en gehaat is, sonder enige verbygangers, sal Ek jou ‘n voorwerp van ewige trots maak, ‘n vreugde van geslag tot geslag. Jou son sal nie weer ondergaan nie, en jou maan sal nie verdof nie; want die Here sal vir jou ‘n ewige lig wees, en jou routyd sal verby wees. ‘

    Jesaja 60:1,3,15,20
    https://www.bible.com/af/bible/3499/ISA.60.1,3,15,20

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige beloftes met ons deel kosbare Adina, wow daar sal beslis vir ons ewige vreugde wees, ‘n vreugde van geslag tot geslag.

  3. “Het zijn de gunstbewijzen des Heren, dat wij niet omgekomen zijn,
    want zijn barmhartigheden houden niet op,
    elke morgen zijn zij nieuw,
    groot is uw trouw!” Klaagliederen 3:22-23 https://www.bible.com/bible/328/lam.3.22

    “Laat uw wijze van doen onbaatzuchtig zijn, weest tevreden met wat gij hebt. Want Hij heeft gezegd: Ik zal u geenszins begeven, Ik zal u geenszins verlaten.” Hebreeen 13:5 https://www.bible.com/bible/328/heb.13.5
    ~~~~~~
    “Dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot.” K3:22-23 https://www.bible.com/af/bible/compare/LAM.3.22-23
    “Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” H13:5 https://www.bible.com/af/bible/6/heb.13.5

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige beloftes deel kosbare Kristine, Sy barmhartigheid is beslis geen einde nie en eks so dankbaar daarvoor. En ja ek beleef werklik in my lewe dat Hy my nooit ooit verlaat nie en nooit ooit in die steek laat nie, ek is ongelooflik daarbaar daarvoor. Ek kan my lewe nie sonder Hom voorstel nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui