Voel Jou Wonderwerk Dood…

“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie” (H11:1). “Want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie . . .” (25:7). 

“Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin” (J16:33NLV).

Toe ek die les Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 1 lees, het ek geleer dat die Here ons lewens wil verander, maar dat Hy ons rek deur beproewings, wat ons vertroue en geloof in Hom versterk. Ek het geleer dat al maak dit nie vir my sin nie, maak dit vir ons Liefling Here sin en is Hy nog steeds in beheer en weet Hy wat Hy doen en dat ons Hom net moet vertrou.

Lees asseblief hierdie treffende gedeeltes aangehaal uit Hoofstuk 1 "Kan Dit Sy Plan Wees"

Is dit hoe jy nou voel, dood? Is jou wonderwerk, jou belofte, jou visie, jou om-die-wêreld toer, dood...is dit dood in die graf? Ja, dit mag sekerlik dood lyk, miskien is jy seker dit IS dood, maar— dieselfde wek-uit-die-dood krag wat Lasarus opgewek het, wat Jesus opgewek het, werk nog steeds vandag. God is lief daarvoor om die oormag teen ons op te stapel, ons teen die Rooi See te druk met ons vyande kort op ons hakke en ook om seker te maak dat al die spotters bymekaar is sodat almal, almal, sal weet dat Hy God is—die Skepper van die aarde. Tyd en omstandighede is in Sy hand. So wanneer dit nie sin maak nie, moet ons net onthou dat Sy weë ver bokant ons weë is, en net sodra jy dink jy het God uitgepluis, sal Hy jou wys dat daar baie meer aan Hom is as wat jy geweet het.

Daar is meer liefde, meer medelye, meer vergifnis, en nog baie meer wat Hy vir jou in die vooruitsig stel terwyl jy jou reis geniet op hierdie oorvloedige lewe wat begin sodra jy jou lewe aan Hom oorgee en instem om saam Hom te gaan in geloof.

Kosbare liefste bruid jou wonderwerk is nie dood nie en moenie probeer sin maak uit jou seer nie, vertrou die Here en geniet die reis saam met Hom, Hy weet wat Hy doen.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

8 thoughts on “Voel Jou Wonderwerk Dood…”

  1. Ja liefste Janine Die Here is nie laat nie al het Hy 4dae later by lasarus gekom was Hy nog steet nie laat nie. En wanneer dit so voel is die Here besig met ons wonderwerk en die getuienis word soveel grooter.

    1. Ja kosbare Kristy, as die Here laat is (soos wat dit dalk vir ons voel), is die Here juis laat vir ‘n groter doel, sodat Sy naam verheerlik word.

  2. Dankie vir vanoggend se post Janine, dit het vir my baie uitgestaan. Veral die volgende het my hart rustig gemaak en my siening verander:

    1. God wil ons lewens verander,maar dat Hy ons rek deur beproewings, wat ons vertroue en geloof in Hom versterk.

    2. Dit maak nie vir my sin nie, maar maak vir God sin en dat sy weë ver bo on sin is.

    3. Dat Hy in beheer is.

    4. As my hart “dood” voel kan God dit weer lewendig maak (opwek) soos Hy vir Lasarus het.

    1. Dankie dat jy deel kosbare Mila en dit so mooi stel, want ja die Here gaan jou hart opwek, want dis net Wie Hy is en Hy het juis vir jou planne van voorspoed.

  3. Thank you Janine, for sharing this lesson with us. It is good to be reminded that the miracle my Heavenly Husband has for me is not dead. At this time in my life, my prayer is for the hope He can give me to be given daily. To hold on to the thoughts He has for me. It is not always easy but I know that I am given by the Father to my Beloved. He will never leave me. The plans He has for me will be on display. Shortly.
    ~~~~~~~~
    Dankie Janine, dat jy hierdie les met ons gedeel het. Dit is goed om daaraan herinner te word dat die wonderwerk wat my Hemelse Man vir my het, nie dood is nie. Op hierdie tydstip in my lewe is my gebed dat die hoop wat Hy vir my kan gee daagliks gegee word. Om vas te hou aan die gedagtes wat Hy vir my het. Dit is nie altyd maklik nie maar ek weet dat ek deur die Vader aan my Geliefde gegee is. Hy sal my nooit verlaat nie. Die planne wat Hy vir my het, sal ten toon gestel word. Kort voor lank.

    Community-verified icon

  4. Jou wonderwerk is beslis nie dood nie kosbare Kristine, die feit dat ons Liefling Here vir ons planne van voorspoed het, sê dit en op die regte tyd is Hy die Een wat dit sal maak gebeur.

  5. Ja Janine, ons kan tog so maklik probeer om alles uit te redeneer of sin te maak van alles wat gebeur, maar ons maak onsself net “mal” in die proses. En dit raak later ‘n swaar las om te dra, so onnodig. Ons kan net alles vir Hom gee, en rus in die wete dat HY verstaan, HY weet en HY het alles onder beheer. Ons kan net rustig saam met ons Geliefde wees terwyl ons wag om te sien HOE en WAT HY gaan doen…

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui