Vergifnis Het My Genesings Proses Verder Gevat

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God. E2:8

Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. ‬‬‭‭2K12:9

Toe ek die les HHM C2 “It’s All My Fault” ✨ gelees het, het ek die volgende geleer:

  • Vergifnis help om die genesings proses in my eie hart te begin.
  • Taai liefde werk nie en taai liefde is van die wêreld en nie van die Here af nie.
  • Om soms die skuld vir iets te vat is meer belonend as wat ons dink.

Dit laat my terug dink aan laas jaar toe ek na RMI toe gekom het en ek geleer het dat ek almal moes vergewe. En ja ek het vergewe maar het daai aand weer almal vergewe en die Here gevra om my te help. En dit het my genesings proses verder gevat. En ja ek moet elke keer weer vergewe wanneer dit in my gedagtes kom en die Here vra as dit Sy wil is dat die slegte goed nie meer in my gedagtes sal kom nie sodat dit nie weer n vashou plek in my gedagtes of hart kan kry nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Vergifnis Het My Genesings Proses Verder Gevat”

  1. Dankie dat jy die les en wat jy geleer het met ons deel kosbare Kristy. Ek sal nooit vergeet toe ek na die Wyse Vrou Toevlug (
    https://uiteindelikhoop.com/wv-toevlug-kaapstad-sa/ ) in die Kaap gegaan het nie, Adina het gedeel oor vergifnis ( https://uiteindelikhoop.com/vergifnis-adina-in-suid-afrika/ ). Op daardie stadium het ek sommer net bitter gevoel en gevoel my aardse man verdien nie my vergifnis nie (natuurlik ‘n leuen van die vyand) en ek het alleen voor die Here gaan sit en vir Hom presies vertel hoe ek gevoel het, maar daarna Sy hulp gevra om my te help om te vergewe en dis presies wat Hy gedoen het en so het my genesingsproses begin.

  2. Liefste Kristy, ek wil graag nog paar audios met jou deel oor my pad na vergifnis https://youtube.com/playlist?list=PLcDW8pvJ8F5W11zxS9EWp6X7R6hwPjYeH&si=yiSNoqRBsAZL24BA.
    Die belangrikste ding wat ek geleer het is dat vergifnis nie ‘n eenmalige ding is nie, dit is iets wat ons oor en oor moet doen, elke dag wat iets teen ons kom of ‘n herinnering by ons opkom. Ek het geleer om dadelik te vergewe ipv daaroor top en bitterheid die kans te gee om wortel te skiet in my hart.
    En ook om myself te vergewe, want die vyand kan ons tog so kasty met ons tekortkominge en foute. Ons dra partykeer so swaar aan skuld en skaamte, maar ons hoef nie, ons kan die las wat te swaar is vir ons om in die eerste plek te dra, vir Hom gee en vrygestel word, want Hy het ons klaar vergewe.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui