Hy is die Rots, sy werk is volmaak,

alles wat Hy doen, is regverdig.

Hy is die getroue God, sonder onreg,

Hy is regverdig en betroubaar.

—Deuteronomium 32:4

 

Daar was geen twyfel dat God my sou laat skryf oor die laaste paar weke van my lewe nie. Alhoewel onmeetbaar moeilik en terwyl ek diep in die middel daarvan is, moet ek sĂȘ dit was opwindend. Net ‘n week terug, sou ek nie my beproewings beskryf het as “opwindend” nie, maar weereens, het God my in die hande gekry (op my versoek) en weereens, is ek verander (deur my Hemelse Man en Sy perfekte liefde teenoor my).

Ek is op hierdie oomblik op ‘n klein skroefvliegtuig op pad na Miami; dit is my tweede vlug met nog dertien om te gaan voordat ek oor meer as ‘n maand weer by die huis sal aankom. Ek sien daarna uit om RMI-lede te ontmoet sodra ek in Miami aankom; en om te sien wat Hy beplan het. Dit gaan opwindend wees. Die opwinding het toegeneem omdat ‘n ander lugdiens wat my mĂŽre na BrasiliĂ« sou bring, pas bankrotskap verklaar het, so my vlug was gekanselleer.

Nie te veel moeite vir God nie, maar dit verg wel om by Hom in te skakel; om die geloof wat ek nodig het te verseker sodat ek nie, in plaas daarvan,  eerder na ‘n toestand van paniek draai as om opgewonde te bly oor wat voorlĂȘ nie.

Dit is alles as gevolg van God wat my verander het. God het my verander deur my so uit te rek dat ek vir Hom gesĂȘ het dat ek op die punt staan om te breek. Hy het vir my gesĂȘ ek sou nie, so ek het opgehou om bekommerd te wees. In plaas daarvan om my te bevry, Hy het my eenvoudig daaraan herinner dat dit alles nodig was om gereed te wees vir wat Hy vir my vorentoe beplan het. Ek weet dit is groot, Hy het vir my gesĂȘ, maar die besonderhede is nog soos ‘n droom, ‘n verspotte droom, wat niemand sal glo nie—nie eers ek nie—en ek glo daar sal regtig mal, maar tog wonderlike dinge wees voordat wat ook al Hy vir my beplan het, gaan gebeur.

“Die Here het geantwoord: Kyk na die ander nasies: julle sal verstom staan oor wat julle sien. Ek gaan nog tydens julle lewe iets doen wat julle nie sal glo as dit vir julle vertel word nie” (Habakuk 1:5).

God teenoor Jesus

Mag ek iets hier tussenbeide bring? Meeste Christene glo dat jy kan wissel tussen God en Jesus, Vader en Man, omdat dit eenvoudig “name” is van dieselfde Persoon. Ek hoop dat jy weet dat ek nie daaroor besorg is om oor geloofsoortuigings of leerstellings te debatteer nie, my doel is om eenvoudig elke vrou te help om alles te ontvang wat haar geweier is. So die waarheid is dit, as jy ‘n man nodig het, Jesus wil jou man wees meer as enigiets anders. Praat eenvoudig met Hom soos wat jy met die wonderlikste-verlief-op-jou Man van jou drome sal praat. As jy ook ‘n Vader nodig het, miskien omdat jy nooit ‘n vader gehad het nie, of nie ‘n goeie vader nie, of ‘n vader wat jou verlaat het (hy het jou verlaat, afgeskeep, of is selfs oorlede), praat dan met God, die Vader op daardie manier. Met hierdie begrip, toe ek gevoel het ek word uitgerek, het ek geweet dit was my Vader, God, wat besig was om die rek werk te doen. My man is nie so nie, veral omdat ons op ‘n ewige wittebrood is.  

As jy twyfel of dit waar is, probeer dit dan net. Begin om te besef daar is baie meer aan Wie vir jou omgee as wat daar vir jou vertel is. Dit is nie net Een Persoon nie en daar is bewyse dwarsdeur die Bybel. Hier is een, in hierdie vers het God gesĂȘ: “Toe het God gesĂȘ: ‘Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld
’” Genesis 1:26. Die Here het ook iets gesĂȘ in Jesaja 6:8, “Toe het ek die Here hoor vra: ‘Wie kan Ek stuur? Wie sal ONS boodskapper wees?’” Verwysings na ONS is dwarsdeur die Bybel en as gevolg van ‘n gebrek aan begrip, het die kerk verplig gevoel om te interpreteer wat hulle die Drie-eenheid genoem het, die verskillende denominasies het oor eeue heen sterk menings oor die onderwerp uitgespreek.

Ongelukkig, was die meeste onakkuraat, as gevolg van die feit dat jy eenvoudig nie iets kan verduidelik wat so kragtig is nie, en veral omdat dit onmoontlik is om te doen as jy dit nie eers ervaar het nie, want dit is ‘n verhouding wat hulle probeer verduidelik. Dit is soos ‘n vrou wat probeer verduidelik hoe dit voel om ‘n moeder te wees as sy nog nooit ‘n moeder was nie. Jy kan nie verduidelik hoe jy gaan verander nie, nie totdat jy moederskap ervaar het nie. Hoe kan jy dit verduidelik? En wanneer jy probeer verduidelik, is dit onmoontlik, want dit kan nie verstaan of begryp word deur ons verstand nie. Dit kan slegs ervaar word deur die hart. So ook, deur God se Seun te ervaar as jou Man, en ook God as ‘n Vader wie jou lief genoeg gehad het om vir jou Sy Seun te gee, en daarom ook lief genoeg vir jou is om jou te help om te verander en om jou te help om voort te gaan om te groei deur jou uit te rek. So nou het ek my sĂȘ gesĂȘ, laat ons terugkeer na wat ek besig was om met jou te deel...

Daar is geen twyfel dat dit wat vir my voorlĂȘ, my lewe sal verander en almal rondom my, maar hierdie hoofstuk, liewe bruid, gaan nie oor my nie, dit gaan oor jou. God wil jou lewe ook verander, maar om dit te doen moet Hy jou rek, en die enigste manier om dit te doen is deur ongelooflike beproewings in jou lewe te bring om in staat te wees om jou geloof en vertroue in Hom te rek. Dit is net God se manier. Dit is eers wanneer hierdie beginsel verstaan word, wat beteken jy omhels dit, dat jy op die punt sal kom wat jy opgewonde is oor wat na jou gegooi word, want jy sal dan in staat wees om te ontvang wat Hy vir jou wil gee, die manier wat Hy gee. Maar ons kan dit nie verstaan as ons nie gewillig is om saam met en deur hierdie beginsel te werk nie, in plaas daarvan om teen dit te baklei.

Sonder om dit te besef, is die kerk laat glo (myself ingesluit) dat enigiets wat met ons gebeur het, of met ons gebeur, wat nie ‘n ooglopende seĂ«n was of is nie, was/is ‘n aanval deur die vyand waarteen ons moet baklei. Tog, wat ek uitgevind het deur baie, baie beproewings, verdrukking en krisisse, was dat meeste van hierdie “aanvalle” eenvoudig God se manier is om my op die pad te lei en om my te help om te rek om my te seĂ«n, en dat ek teen God baklei het en dit was glad nie die vyand nie. Ja, ek weet en glo daar is ‘n teenstander, die Bybel sĂȘ dit vir ons, maar ek dink dat hierdie klein mannetjie hopeloos te veel aandag kry wanneer hy regtig magteloos is in die lewe van die gelowige wie uitverkoop is aan Jesus. 

Laat ek vir jou ‘n voorbeeld hiervan gee. VroeĂ«r hierdie jaar, terwyl ek op pad was Europa toe, het ek my verbindingsvlug verpas (omdat my vliegtuig te laat geland het), ek het myself op ‘n baie klein skroefvliegtuig bevind (God het so ‘n sin vir humor en is vasbeslote om die juk van my afkeer van vlieg te breek, maak nie saak wat dit verg nie). Dit was nie, soos dit blyk, die vyand wat my geblokkeer het van my toespraak afspraak in GenĂšve, Switserland nie. Dit was eintlik God wat my gelei het sodat ek nie net met ‘n klein groepie vrouens sou praat nie (my keuse), maar deur my verbindingsvlug te mis en my te forseer om ‘n skroefvliegtuig deur die Alpe te neem, eerder as om eenvoudig oor die manjifieke berge te vlieg—sou ek weet dat dit Hy was wat wou gehad het dat ek met die hele kerk praat (Sy plan), wat mans ingesluit het (met wie ek nie wou praat nie).

“Soos die hemel hoĂ«r is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes” (Jesaja 55:9).

Alhoewel ek die vers hierbo vorentoe en agtertoe ken, is ek steeds verbaas hoe elke keer as ek dit lees en daaroor peins, die krag van die boodskap meer werklik word soos wat ek elke dag deur geloof lewe. Ons gedagtes en planne is so minderwaardig en so ver onder die planne wat God vir ons het. Dit is hoekom my gebedslewe heeltemal verander het, omdat ek uiteindelik weet dat vir my om te stipuleer wat ek wil hĂȘ (‘n gedetailleerde lys maak), my lewe net kompliseer. In plaas daarvan is my begeerte om eenvoudig Sy plan vir my lewe uit te leef. Ek het nie meer die begeerte om deel van Sy beplanning vergadering te wees nie. So in plaas van bid, geniet ek dit om eenvoudig met my Man te praat: ek vertel Hom hoe ek voel en probeer om te onthou om in stilte te sit want dikwels het Hy ook iets wat Hy vir my wil vertel. Maar ek is nie meer gretig om vir Hom te vertel (of erger, Hom smeek) wat ek nodig het of wil hĂȘ nie, want ek het alles wat ek wil hĂȘ en nodig het in Hom.

Terselfdertyd moet ek ook verduidelik wat gebeur sodra jy kies om Hom op hierdie vlak te vertrou, dit gaan lyk asof niks meer eenvoudig en/of perfek uitwerk nie. Sodra jy net toelaat dat God God is en toelaat dat Sy wil geskied, lyk dit onvermydelik asof jy Hom heeltemal gemis het. Dit is vir my onmoontlik om die aantal kere te tel wat ek myself gedurende die afgelope paar weke gevra het, “Kan dit Sy plan wees?” 

Byvoorbeeld, die oggend toe ek vertrek het vir my wĂȘreldwye toer, het ek by die bank gestop om kontant te trek soos wat ek normaalweg doen. Meeste mense sal jou vertel dat dit gevaarlik is om kontant aan jou te dra (en veral wanneer jy reis waarna ek op pad is), maar dit maak geen verskil aan my nie. Ek sal eerder gevaarlik leef in die fisiese wĂȘreld as om gevaarlik in die geestelike ryk te lewe, dit is wanneer ons veiligheid kies, gemak of wat ons eerder sal wil doen as om te doen wat God vir ons sĂȘ om te doen. Die interessante ding is dat deur hierdie eenvoudige bedrag geld te trek, het dit omtrent al my bankrekeninge skoongemaak. Interessant. Sou dit nie beteken dat dit nie Sy plan was nie? Sou Sy plan my en my gesin in ‘n benarde posisie plaas?

Nog ‘n voorbeeld was net vyf dae voor ek vertrek het, ek het nie net opgemerk dat ek binnekort nie meer geld in al my rekeninge sou gehad het nie, maar ek het nie my om-die-wĂȘreld kaartjies gehad nie, ek het ook nie my paspoort of my visum vir Afrika gehad nie—die lys was eindeloos. Daardie Maandag oggend, toe ek hierdie onheilspellende lys in my kop gemaak het, kon ek voel hoe die negatiewe emosies probeer oor vat. So toe sĂȘ ek vir die Here, “Liefling, ek het regtig nou meer van Jou nodig.” Onthou, ons hoef nie te smeek of te soebat of te vra vir enige “iets” spesifiek nie, in plaas daarvan het ek geweet wat ek nodig gehad het (en wat jy altyd nodig het) en dit was meer van Hom. Nietemin, maak nie saak hoeveel keer ek dit gesĂȘ het nie, die emosies het my bly oorweldig. Dit is toe dat ek besef dat daar geen perfekte “formule” is nie en wat Hy my gelei het om te doen was om eenvoudig te vra wat ek volgende moet doen om meer vreedsaam te voel. Dit was toe dat Hy my na my dek gelei het, koffie in die hand, en geen Bybel—sodat Hy net met my kon praat.

Nadat ek gaan sit het, het Hy vir my gesĂȘ om te dink aan die “slegste geval” en dit was dat sonder reis dokumente en geld, ek net eenvoudig nie kon gaan nie; onmiddelik het my “slegste geval” my beste geval geword! Ek sou met graagte al die tyd en geld verbeur wat ek in hierdie reis belĂȘ het net om by die huis te bly saam met my kinders. Tog, hierdie moontlikheid het net 24 uur geduur. Later daardie dag terwyl ek gery het, het daardie stil, klein stemmetjie van die Here (wat ek geleer ken het en lief gekry het) vir my gesĂȘ, “Jy weet jy gaan.” Alhoewel ek dit haat om te erken, het trane in my oĂ« opgedam want ek wou nie gaan nie. Alhoewel ek nie reageer het soos wat ek wou nie, was Hy net so lief vir my. Weet jy dit? Die Here is nie teleurgesteld in jou nie, Hy is nie kwaad vir jou nie, Hy gaan jou nie straf nie―Hy het jou meer lief as wat jy ooit sou kon weet.

Binne ‘n kwessie van net 72 uur, het alle onmoontlikhede moontlik geword omdat dit Sy wil en Sy plan vir my was om te gaan, en dit was deur my uit te rek dat Hy in staat was om my net ‘n bietjie meer te leer oor om op Hom te vertrou. My kaartjies het gekom, my visum vir Kenia het in die pos gekom en my paspoort het net betyds gekom. Elke onmoontlikheid op my lys was volbring omdat Hy God is.

“Ek is die HERE die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?” (Jeremia 32:27).

Die Komplot Verdik en Ek Glimlag Nog Steeds

Vandag is Maandag, my derde dag op toer en ek loop deur die strate van Miami terwyl ek 100 pond (46 kg) se bagasie sleep (aangesien ek RMI boeke dra), terwyl die vliegtuig waarop ek bespreek was (op hierdie oomblik) oor Venezuela vlieg. Die lugredery wat ek vroeĂ«r genoem het, wat my BrasiliĂ« toe moes neem, het sonder my vertrek, want terwyl ek probeer het om my op ‘n ander lugredery te bespreek (onthou, die een wat ek op was, het bankrotskap verklaar), het die kaartjie agent my gevra vir my Brasiliaanse visum. Dit is interessant dat ek nie een gehad het nie; ek het nie eers geweet dat ek een nodig gehad het nie. Ek het dus met die Here gepraat oor wat ek verder moes doen en Hy het vir my gewys dat ek koffie en ‘n paar oliebolle moes gaan kry. Is jy nie lief vir hierdie Man van ons nie?!?! By die kafee, het ek die tafel met ‘n reisende nood verpleegster gedeel wie gretig was om van Jesus te hoor, my nuwe Man.  

Ons het vir ‘n volle twee ure gepraat, wat ek bekommerd was om te doen, maar onthou, ek het my lys van “slegste gevalle” opgestel en dit kan beteken dat ek net ‘n kort reis na Miami onderneem het en van Suid-Amerika, Afrika en Europa kon vergeet, hoe wonderlik sou dit nie wees nie!

Wat ek nie geweet het nie is dat Hy my gelei het om te wag omdat die Brasiliaanse konsulaat se kantoor nog nie oop was nie. Toe ek die lughawe verlaat het, het die situasie ‘n bietjie dol geraak want dit het beteken dat ek net veertig minute gehad het om by die kantoor uit te kom, die papierwerk in te vul en my aansoek in te dien. Op daardie stadium het ek nie geweet dat dit ten minste ‘n week sou neem om goedgekeur te word nie, maar gelukkig het Hy my in die duister gehou oor hierdie feit. So, nadat ek ‘n taxi geroep het, is ek middestad toe (‘n dertig minute rit) terwyl my RMI gasvrou poskantoor toe gegaan het om ‘n poswissel vir honderd dollar te kry aangesien hulle gesĂȘ het hulle aanvaar nie kontant nie.

Alhoewel ek vyf minute voor die kantoor sou toemaak, daar aangekom het, was my gasvrou (terwyl sy op pad was) uitgeroep na, kan jy glo, nog ‘n noodgeval? En geen poswissel het beteken geen visum. Kon dit God se plan wees? Ek het net een dag gehad om die V.S.A. te verlaat en na BrasiliĂ« te gaan, anders sou ek my vlug na Johannesburg, Suid Afrika verpas. Met elke opposisie wat teen my gekom het, het God ‘n weg gemaak waar daar nie ‘n weg was nie—my visum, was vir my gesĂȘ, sou die volgende dag tussen twaalfuur en eenuur gereed wees. Nietemin, soos ek gesĂȘ het, was die lugredery bankrot en die besprekingslyn ontkoppel. Tog, ek het geweet dat as God wou gehad het ek moes in BrasiliĂ« kom en aanhou reis, Hy ‘n weg sou maak—maar, weereens, wie sou nie vra nie, kan dit God se plan wees? En ek moes myself vra, “Is dit nie moontlik dat ek God gemis het nie?”

Dit beteken dus dat dit tyd is vir ‘n Woord versterker:

“Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, en laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen” (Jeremia 17:10).

“Die Here het sy oĂ« oral op die aarde sodat Hy diĂ© kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou” (2 Kronieke 16:9).

So, nee, dit beteken, nee, jy het God nie gemis nie en nog minder het ek! Wanneer dinge nie perfek in plek val nie, beteken dit nie dat ons God gemis het nie, of dat Hy ons verlaat het nie. Dit beteken eenvoudig dat Hy ons na ‘n hoĂ«r vlak van geloof en vertroue in Hom bring. Onthou . . .

“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie” (HebreĂ«rs 11:1). “Want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie . . .” (2 KorintiĂ«rs 5:7). 

“Ek sĂȘ hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wĂȘreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wĂȘreld reeds oorwin” (Johannes 16:33NLV).

Die punt is dit, of ek nou Suid Amerika, Suid Afrika, Kenia of die Nederlande bereik op hierdie toer is nie die punt nie. Die punt is dat ek Hom lief genoeg gehad het om my tasse te pak, my kinders vir vyf weke te los en te gaan. Dit is al wat Hy van my en jou vra.

  • Sal jy gaan wanneer Hy lei?
  • Sal jy Hom genoeg vertrou om uit jou gemaksone te kom en gewillig wees om daardie stil, klein stemmetjie te hoor selfs wanneer dit lyk asof jy op die verkeerde pad in 'n eenrigtingstraat is?

Ek is—wat van jou?

So, wat van al die mense wat jy ken wat jou sal bespot en belaglik maak omdat jy so leef? Wel, dit gebeur wanneer jy op God vertrou, reg? Kyk net na Nehemia wat probeer het om die tempel te herbou in Nehemia 4.

Ons hoef net te kyk na Wie altyd die laaste hoofstuk skryf om te weet dat Hy belowe dat ons nie beskaamd sal word nie. Op die ou einde, sal die nederiges (diĂ© wat op Hom vertrou en gewillig is om ‘n dwaas te wees vir Hom) opgehef word. Alhoewel, in die middel, sal ander jou uitjou en spot en vir jou skree, “Waar is jou God nou?” Tog weet ons Hy sal uiteindelik opdaag; tog, somtyds is Hy laat. O, jammer skud dit jou bootjie?

Ek weet dat ek en jy al gehoor het dat God nooit laat is nie, maar dit is net nie waar nie. Onthou, Jesus was opsetlik laat toe Sy goeie vriend Lasarus siek was. Hy het Sy goeie vriend eintlik doelbewus laat sterf. Dit is omdat God daarvan hou om die laaste hoofstuk te skryf—die soort hoofstuk wat ons wil laat op en af spring en lof uitskree! In plaas daarvan om net ‘n siek persoon te genees, neem Jesus die wonderwerk nog verder en wek Sy vriend op, die een wat in grafdoeke toegevou is—Hy het Lasarus uit die dood opgewek!

Is dit hoe jy nou voel, dood? Is jou wonderwerk, jou belofte, jou visie, jou om-die-wĂȘreld toer, dood...is dit dood in die graf? Ja, dit mag sekerlik dood lyk, miskien is jy seker dit IS dood, maar— dieselfde wek-uit-die-dood krag wat Lasarus opgewek het, wat Jesus opgewek het, werk nog steeds vandag. God is lief daarvoor om die oormag teen ons op te stapel, ons teen die Rooi See te druk met ons vyande kort op ons hakke en ook om seker te maak dat al die spotters bymekaar is sodat almal, almal, sal weet dat Hy God is—die Skepper van die aarde. Tyd en omstandighede is in Sy hand. So wanneer dit nie sin maak nie, moet ons net onthou dat Sy weĂ« ver bokant ons weĂ« is, en net sodra jy dink jy het God uitgepluis, sal Hy jou wys dat daar baie meer aan Hom is as wat jy geweet het.

Daar is meer liefde, meer medelye, meer vergifnis, en nog baie meer wat Hy vir jou in die vooruitsig stel terwyl jy jou reis geniet op hierdie oorvloedige lewe wat begin sodra jy jou lewe aan Hom oorgee en instem om saam Hom te gaan in geloof.

Ja, ek raai, dit IS Sy plan.

1 thought on “Hoofstuk 1 “Kan dit Sy Plan Wees?””

  1. Kosbare liefste bruid, ek weet ek het ook al gevoel of ek die Here gemis het, maar met hierdie les is dit weer bevestig dat ons die Here nie gemis het nie. Ja alles maak dalk nie nou vir ons sin nie, maar weet dat dit vir die Here sin maak en dat Hy alles nog steeds onder beheer het en weet wat Hy doen, so ja dit is alles deel van Sy plan, Sy groter plan vir ons. En terwyl Hy ons rek, rek Hy ons geloof en vertroue in Hom, is dit nie wonderlik nie! Sy gedagtes aangaande ons, is planne van voorspoed so ons moet Hom net vertrou. So ons wonderwerk is nie dood nie, Hy het vir jou baie meer in die vooruitsig, geniet die oorvloedige lewe saam met Hom. Onthou niks is vir die Here onmoontlik nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui