U lei my …

My Hemelse Man!
Vanoggend wil ek U loof en prys!
U is altyd by my, U luister na elke woord wat ek sê, U help my op as ek val, U lei my na waters waar rus is!
Dankie vir die geleentheid wat U vandag oor my pad gebring het.
Dankie dat U my deur die diep waters lei. Dankie dat wanneer ek nie meer kan asem haal nie, U my bo die waters vashou todat ek weer asem kan skep en weer nuwe krag in U vind.
Ek is lief vir U!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “U lei my …”

  1. Dankie Betty, ek voel soos jy vanoggend op pad werk toe, sê ek dankie vir die Here dat Hy is my lewe is, vanoggend het ek vir myself gedink dat ek nooit weer sonder die Here kan lewe nie. Hy hou my kop bo water, en Hy luister na elke woord wat ek sê! Ek het hom so lief, ek loop en prys die Here vanoggend saam jou, ons dien ‘n wonderlike God! ❤️

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui