Hê Geloof en Moenie Vrees Nie

Ek haal gedeeltes aan en vertaal uit die Engelse boek: "Restore Your Health, Chapter 3"

Hê Geloof

Hê geloof in God se vermoë en Sy begeerte om die gesondheid van Sy mense te herstel. Fokus op die rede waarom Hy elke krisis en beproewing in jou lewe toelaat. Weereens, onthou, "Hierdie siekte sal nie eindig in die dood nie. Nee, dit is tot eer van God sodat God se Seun daardeur verheerlik kan word" Johannes 11:4. Lees weer die getuienisse van talle mense wat genees is, en glo dat jou getuienis by hulle s'n gevoeg sal word!

'n Voorbeeld van geloof: Petrus. Lees die verslag van Petrus in Matteus 14 wat in vers 22 begin. Jesus het Petrus gevra om op water te loop. As Hy jou vra om op water te loop, gaan jy uit die boot klim? Kyk wanneer Petrus na Jesus roep—dit word altyd onmiddellik deur die woord gevolg. Jesus het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê om moed te skep. Toe Petrus begin sink en hy tot die Here roep, “het Jesus dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp”! (Matt. 14:31).

Vrees. 'n Vraag wat ons onsself moet afvra, is "hoekom het Petrus gesink?" “Maar toe hy die wind sien, het hy bang geword” (Matt. 14:30). As jy na jou situasie kyk en na die stryd wat teen jou woed, sal jy sink, in wanhoop wegsink en in onrus bly! Petrus het sy oë van die Here afgehaal en die gevolg was vrees, wat hom laat sink het! Dit sê: "hy het bang geword." As jy jou oë van die Here afhaal, sal jy bang word.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

8 thoughts on “Hê Geloof en Moenie Vrees Nie”

  1. Dankie vir vanoggend se mooi lof, vrees kan so maklik die oorhand kry, al wat ons moet hê is geloof. Ek het vanoggend vir my HM gesê dat ek so hard saam Hom gaan werk vandag dat al hierdie negatiewe emosies, of dinge wat om my gebeur my nie onder kry nie, ek gaan op Hom vertrou en net op Hom fokus. Hy lei my! MY GOD het die laaste sê, nie die vyand nie. 😊

    ‭‭Matteus‬ ‭17:20‬ ‭DB‬‬
    “Omdat julle geloof te klein is,” het Hy reguit geantwoord. “Julle maak nie erns met God nie. Weet julle, as julle geloof in Hom maar net so groot soos ’n klein mosterdsaadjie is, sal julle onmoontlike dinge regkry. Dan sal julle enige struikelblok in julle lewe kan oorkom, hoe groot dit ook al is. Julle sal selfs vir hierdie berg kan sê: ‘Skuif uit die pad uit!’ dan sal dit gebeur. Niks is onmoontlik vir mense wat op God vertrou nie.”

    1. Dankie vir die deel kosbare Mila, wow as ons geloof net so groot soos ‘n mosterdsaadjie is, dan sal ons die struikelblok in ons lewe oorkom, ek het nodig gehad om dit presies nou te lees.
      Ek deel weer hierdie lewensles van Hy lei My – https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w3/
      Ons lewe is op die Rots gebou kosbare Mila, so ons wonderlike Here se planne vir ons is planne van voorspoed en ons gaan vashou aan daardie feit.
      https://uiteindelikhoop.com/kursus/k3/h1/

  2. Kosbare Janine,
    Hierdie gedeelte het my net weer vanoggend laat dink aan die volgende vers : “Met ‘n woord wat Hy gestuur het, het hy hulle genees en hulle van die dood weggeruk” Psalm 107:20
    Geestelik, emosioneel en fisies kan Hy ons met ‘n EEN WOORD genees.

  3. Dis so pragtige belofte kosbare Betty en God se woord is kragtig, lewendig eb skerper as enige tweesyende swaard, dis hoekom ons kan vashou aan God se beloftes.

    *gestuur van foon.

  4. ja liefste Janine ons moet aan die Here vas hou en bly glo en al is ons geloof so klein soos n mostersaadtjie moet ons nie in geloof val wanneer dinge moeilik raak nie ‭‭ hy hou ons hand vas
    JESAJA‬ ‭41:13‬ ‭NLV‬‬
    [13] Ek gryp jou regterhand vas. Ek is die Here jou God. En Ek sê vir jou: ‘Moenie bang wees nie. Ek is daar om jou te help!’

    1. Ja kosbare Kristy wat ‘n wonderlike versekering dat die Here ons hand vashou en dis so pragtige belofte van die Here wat ons regterhand vasgryp.

  5. Dankie Janine, ja daardie les het vir my ook baie beteken. Die vyand wil ons so graag laat glo daar is geen uitweg nie en ons geloof steel, maar ons moet net bly glo dat Hy ons of ons geliefdes se gesondheid kan en wil herstel.

    1. Ja kosbare Adina, maar daar is ‘n uitweg en dit is die Here, die Beste uitweg ooit. Ek is so dankbaar vir die Here in my lewe.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui