Ons Moet ‘n Dienaar Van Almal Wees

♕Belofte van vandag: "'As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer." Johannes12: 26

~Mercy in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Mercy

Ek het vir die Here gevra vir 'n getuienis aangesien ek vir 'n baie laaaaang tyd nie 'n getuienis ingedien het nie. Soos wat ek besig was om Sy Prins en Sy Prinses boeke oor te vertaal (wat terloops briljant is vir ouers met jong kinders alhoewel ek self dit geniet het en baie daardeur geleer het). Erin verduidelik hoe ons NIE Selfversorgend moet wees MAAR dienaar van almal. Sy verduidelik dat ons harmonieus en afhanklik aan God moet lewe en hoe ons die gelukkigste is wanneer ons bedien en nie op onsself fokus nie. Wat my na 'n argument toe bring wat ek dieselfde oggend gehad het voordat ek hierdie spesifieke paragraaf gelees het. Selfversorgend of Dienaar van Almal. Ek doen al die wasgoed in die huis so vanoggend kon ek nie verstaan waarom daar 3 stelle klere langbroeke en hemde was aangesien ek die wasgoed die dag vantevore gedoen het en die mandjie was leeg!.

So terwyl ek die klere opgehang het het ek besef dat dit dieselfde klere was wat ek die dag vantevore gewas het! So die klere wat in die mandjie geplaas was was "skoon", wel ongelukkig erken ek ek het afgegaan op die persoon wat my onnodige werk gegee het. Aangesien ek nie sagmoedig opgetree het nie het ek nie vrede vir my siel gehad nie soveel so dat ek nie eens my oggend toewydings kon doen nie.

Ek het voort gegaan met die oorvertalings en aan die einde van die pargraaf het Erin geskryf dat 'n wonderlik manier om te dien is deur jou familie se wasgoed te doen...Ek kon nie glo dat ek daarna behoort te kyk as bedien en nie net 'n blote werkie nie. Het ek dit gedoen sou ek NIE so afgegaan het soos wat ek gedoen het nie. Wat ek graag wil sê is dit: Alhoewel Sy Prins en Sy Prinses reeks vir jong meisies en jong seuns geskryf was is daar so baie om daaruit te leer.

En ek wens ek het dit gelees toe ek groot geword het. Maar God is 'n God van tweede kanse en ek sal definitief hulle vir my kleindogter en kleinseuns aankoop of enige jong dame of jong heer wat ek ken. Ek het alreeds vir my haarkapster gesê dat ek een vir haar seun sal aankoop sodra hulle gedruk is. Ons behoort te leer uit voorbeeld en die grootste voorbeeld is my Hemelse Liefde wie nie gekom het om bedien te word nie, maar om te dien, en Hy het sy lewe as losprys vir baie gegee. Dankie my Hemelse Liefde dat Jy dit gedoen het en my dus skoon gewas het van alle ongeregtigheid. Ek is lief vir Jou.

Johannes12: 26
"As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer."

Ons moet onthou dat dit wat ons doen doen ons ter will van die Vader selfs wanneer niemand dit waardeer nie ons doen dit nog steeds ter wille van die Vader.

Filippense 2:5-8
"Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis."

Die Here het bedien van die minuut wat Hy gebore was tot Sy dood aan die kruis en tot vandag toe waar Hy ons nog steeds bedien uit die Hemele..ons behoort van Hom te leer en dieselfde te doen deur voort te gaan om te dien maak nie saak wat die omstandighede is nie.

Volg#Mercy Follow #Mercy
En Mercy is 'n tiende vennoot. Leer meer.

TuisGekweek "TuisGekweek Bediening" is ‘n tak van of RMIRESTORE MINISTRIES INTERNATIONAL •’n WÊRELDWYE AANLYN BEDIENING

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!