Ons Moet Dit Afskud

♕Belofte van vandag: “Paulus het egter die slang in die vuur afgeskud en niks oorgekom nie” Handelinge 28:5

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,
Baie keer wanneer ons wonderwerke van ons Hemelse Man ontvang, sal die vyand probeer om dit te steel of te vernietig. Maar ons moet soos Paulus die slang afgeskud het, net eenvoudig hierdie aanvalle afskud en al ons vertroue op ons Hemelse Man sit.

Baie keer wanneer ons sien iets goeds gebeur, 'n wonderwerk, dan val ons vir die vyand se planne wat teen die wonderwerk kom wat besig is om te gebeur. Ons swig teen al die leuens en verloor vertroue in ons Hemelse Man wat besig is om 'n wonderwerk in ons lewens te verrig.

Wanneer ons goeie nuus / wonderwerk ontvang moet ons ons HM (Hemelse Man) loof en bly loof, selfs al kom daar slegte nuus of iets gebeur wat ons wil laat glo dat ons wonderwerk nie regtig besig is om te gebeur nie. Maar juis dan moet ons aanhou vertrou en glo dat Hy besig is en dat die vyand natuurlik gaan probeer om ons te kry om te swig. Ons moet Hom ook juis dan aanhou loof en prys.

Ons moet ook spreek wat ons glo besig is om te gebeur, ons moet spreek dat die wonderwerk wel besig is om te gebeur en nie wanneer die aanvalle kom dood spreek wat dan dalk wel ons wonderwerk kan vernietig nie. Daar is lewe en dood in wat ons spreek.

Wat ek geleer het in die les [“Skud dit Af”] is dat wanneer ons ons HM vra om ons met iets te help, bv. ons gewig of finansies, dan moet ons Hom vertrou en nie as dinge onmoontlik lyk uitgaan en iets probeer doen om die situasie te help nie.

Ons moet bly glo en vertrou dat Hy ons sal help en dit ook spreek. En as daar aanvalle kom moet ons dit afskud soos Paulus die slang afgeskud het en HM bly loof en prys vir Sy hulp en uitkoms en dit ook spreek.

Om enigiets wat teen wonderwerke in my lewe kom af te skud en te besef dit is die vyand wat gereed staan om enige wonderwerk te steel. Om HM (Hemelse Man) te bly loof en prys en te spreek dat wat Hy gesê het Hy sal doen, wel gaan of besig is om te gebeur.

Liewe Bruide,

Vertrou op jou HM in alles, finansies, gewig, alles wat in jou lewe gebeur. En glo en vertrou dat Hy besig is om te werk en spreek dit, glo dit en vertrou Hom. En wanneer die vyand teen jou kom om dit wat HM besig is om te doen te steel of jou geloof te steel, skud dit af, loof Hom en bly spreek wat jy glo Hy gaan doen.

“Paulus het egter die slang in die vuur afgeskud en niks oorgekom nie” Handelinge 28:5

“'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed” (Johannes 10:10).

“Deur die regte woorde te gebruik, kan 'n mens sy honger stil, hy kan genoeg kry om te eet deur wat hy sê. Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra.” (Spreuke 18:20-22).

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees

Armoede Mentaliteit is as e-boek en sagteband in ons boekwinkel beskikbaar!

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!