NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 3 "‘n Kalm en Rustige Gees" 

“Julle skoonheid moet veral innerlik wees:
blywende beskeidenheid en
’n gemoed wat kalm en rustig is.
Dit is vir God kosbaar.”
1 Petrus 3:4

Dis deesdae gewild om ‘n sterk houding te hê. Tog het Jesus ons geleer “Geseënd is die sagmoediges”! Sonder dat ons dit besef, het ons afgedwaal op gevaarlike gebied, “sinkende sand.” Luidrugtige en opstandige vrouens is algemeen en aanvaarbaar. In televisie sitkoms word sulke vrouens snaaks gevind.  Sagmoedig word nou as swak beskou.  Wanneer mans van die Waarheid afdwaal, sal jy Christene hoor wat die vrou advies gee om “harde liefde” (tough love) toe te pas; gebaseer op die boek Love Must Be Tough. In hierdie les gaan ons die Waarheid oor “harde liefde” soek in God se Woord.  Is die sagmoediges nog steeds geseënd, of is die Bybel verouderd?

Harde Liefde (Tough Love)

Liefde is geduldig. God gee vir ons ‘n beskrywing van liefde. Kyk of jy die woord “hard” of enige ander woord, wat naastenby dieselfde is, kan vind. “Die liefde is geduldig; die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie…” 1 Kor 13:4-8.

Dit beveel ek julle. Nog ‘n nuwe idee in die kerk vandag is (saam met ‘n titel van nog ‘n gewilde boek) “liefde is ‘n keuse.” Lees die volgende vers saam met my om te sien of God sê ons kan “kies” om lief te hê. Of beveel God dat ons dit doen as volgelinge van Christus? “Dit beveel ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” Joh 15:17.

Julle moet julle vyande liefhê. Raad wat ons van vriende kry is om “onsself te beskerm” en “om nie lief te wees vir die wat moeilik is om lief te hê nie.” Moet ons hulle liefhê of nie? “Maar vir julle wat na My luister sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.” Lukas 6:27-28.

As julle net die liefhet wat liefdevol is. In hierdie paragraaf is God selfs duideliker. Hy vermaan dié wat net lief is vir die wat liefdevol is. “Maar ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir die wat julle vervolg.  As julle net die liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?” Matt. 5:44-46.

Oorwin die kwaad deur die goeie. Die boek wat ons aanmoedig om “hard" met ons eggenote te wees, sê ons moet ons eggenote konfronteer om sodoende ‘n krisis te veroorsaak. Met ander woorde, ons moet sake in ons eie hande neem. Lees hoe ons dit moet oorlaat aan die oordeel van God. Watse instruksies gee God aan ons? “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.

Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie self wraak neem nie geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: Dit is my reg om te straf; Ek sal vergeld sê die Here. As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is gee hom iets om te drink; want deur dit te doen maak jy hom vuurrooi van skaamte. Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Rom. 12:12,14,17,19,21. 

Hy het nie gedreig nie. Jy kan jouself dalk vra: “Hoekom moet ek soveel lyding deurmaak sonder dat ek die bevrediging van wraak kan kry?” Lees God se verduideliking vir jou lyding. “Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg…Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom (God) wat regverdig oordeel.” 1Pet. 2:21-23. 

Geseënd is die sagmoediges. As jy nie dinge in jou eie hande neem en ‘n “harde houding” inneem nie, sal ander (selfs Christene) vir jou sê dat jy ‘n deurmat is. Laat ek jou herinner wie Jesus sê geseënd is. “Geseën is die sagmoediges want hulle sal die nuwe aarde ontvang.” Matt. 5:5

Die goedheid van God. Ons word bedrieg om te glo dat konfrontasie, onhartlikheid en deur ferm te wees, die ander persoon sal laat omkeer. As dit werk, hoekom sal God goedhartigheid gebruik om ons tot inkeer te bring? Sondaars gaan nie na die altaar toe om die Here te aanvaar omdat hulle dink dat hulle gekritiseer en gekasty gaan word nie, doen hulle? “God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?” Rom. 2:4.

Doen wat voor God reg is. Mense mag jou herhinner dat Jesus die tafels in die Tempel omgekeer het.  Hulle sal hierdie voorbeeld gebruik om vir jou te sê dat jy die “reg” het om kwaad te wees vir ander.  God sê Hy is ‘n jaloerse God; kan ons dan ook jaloers wees? “elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie; ‘n Mens wat kwaad word doen nie wat voor God reg is nie.” Jakobus 1:19-20.

Daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie. Wanneer ons ‘n impuls het om iets te sê of te doen aan ‘n ander persoon wat alles behalwe sagmoedig is, dan swig ons voor ons sondige natuur en word ons nie deur die Gees van God gelei nie. “Wat ek bedoel, is dit: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie... Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.” Gal. 5:16, 17, 22-23. Die ou gesegde, “doen aan ander soos wat jy wil hê ander moet aan jou doen” is op die Skrif gebaseer, “Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.” Lukas 6:31.

Die dwaling van beginsellose mense. God het ons gewaarsku dat ons nie moet luister of mense volg wat iets sê wat teenstrydig is met die Skrif nie “Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, moet julle julle daarvoor beywer om vlekkeloos en onbersipelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe. En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is... daar is dinge in sy briewe wat moeilik is om te verstaan.  Oningeligte en onstandvastige mense gee daaraan ‘n verkeerde uitleg soos hulle trouens doen met die res van die Skrif, en dit tot hulle eie ondergang. Geliefdes, julle weet dit nou vooruit. Wees dus op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof word nie. Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van die Here en Verlosser, Jesus Christus.” 2Pet. 3:14-18. As ons die Woord ken, is ons minder kwesbaar om foute as die Waarheid te aanvaar.   

Wees volmaak. Sommige skrywers, en selfs sommige pastore, het ons vertel dat God nie verwag dat ons volmaak moet wees nie. Wat sê God Self? “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” Matt. 5:48.

Niemand sal die Here sien nie. Nog ‘n uiters belangrike rede vir jou vreedsame optrede teenoor jou man of ander is sodat hulle Christus in ons sal sien. “Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ‘n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie.” Heb. 12:14.

Die boodskap van versoening. Ons moet ambassadeurs vir Christus wees van versoening. “Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredings nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!” 2Kor 5:18-20. 

Jy kan self ook in versoeking kom. Die volgende vers is ‘n waarskuwing aan ons wanneer ons nie sagmoedig optree teenoor die wat teen ons sondig nie. “Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: Jy kan self ook in versoeking kom. Dra mekaar se laste, en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus.” Gal. 6:1-2. 

Die Here sal dit sien en dit sal verkeerd wees in sy oë. Baie vrouens is so bly wanneer hulle mans “kry wat hulle verdien” wanneer God hulle mans met finansiële moeilikheid of ander beproewings straf. Later draai   dinge ten goede om. Hoekom gebeur dit? “Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie. Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in sy oë. En hy sal jou vyand nie verder straf nie” Spr 24:17.

Doen wat die Woord sê. Dit is belangrik dat ons die Waarheid sal leer en saamstem met wat ons in die Bybel lees, maar ons moet nie daar stop nie. “Julle moet doen wat die Woord sê en dit nie net aan hoor nie anders bedrieg julle julleself... en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.” Jakobus 1:22, 25 “As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.” Jakobus 4:17.

Vergifnis

Baie vrouens vergewe nie hulle mans nie omdat hulle nie die ernstige gevolge van hulle onvergifnis ten volle verstaan nie. Kom ons soek in die Bybel om te sien wat God sê oor vergifnis:

Ons vra onsself gereeld die vraag: “Hoekom moet ek vergewe?”

Omdat God jou ook vergewe het. Deur Christus se dood aan die kruis, het God ons vergewe. “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” Efe. 4:32.

Tot vergewing van sondes. Jesus het Sy bloed vergiet om alle sondes te vergewe. Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie.” Heb. 9:22. “Want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.” Matt. 26:28.

Satan moet nie die oorhand kry nie. Ons moet ander vergewe, sodat Satan nie die oorhand oor ons kan kry nie. “Wat my betref, as ek iets moes vergewe, het ek dit klaar gedoen om julle ontwil. Daarvan is Christus my getuie. Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar al te goed.” 2 Kor: 2:10-11.

Julle Vader sal ook nie julle oortredinge vergewe nie. God het gesê dat Hy jou nie sal vergewe as jy nie ander kan vergewe nie. “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader ook nie julle oortredings vergewe nie.” Matt. 6:14-15. Maak seker as jy vergewe is dit nie net praatjies nie. “So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.” Matt. 18:35. (Lees die hele Matt. 18: 22-35.)

Bewys liefde aan hom, om die oortreder se hartseer te verlig. “Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Daaom vra ek julle: Bewys liefde aan hom.” 2 Kor 2:7-8.

Maar moet die oortreder nie eers jammer wees voor ek vergewe nie?

Vader, vergewe hulle. Die wat Jesus gekruisig het, het nie vir vergifnis gevra of berou getoon vir wat hulle besig was om te doen of gedoen het nie. As ons Christene is, is ons volgelinge van Christus; daarom moet ons Sy voorbeeld volg. “Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Lukas 23:34. Toe Stefanus gestenig was, het hy net voor sy dood uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” Handelinge 7:60.

Maar hoeveel keer verwag God van my om iemand anders te vergewe?

Sewentig keer sewe. Toe Petrus gevra het hoeveel keer hy sy broer moet vergewe, het Jesus geantwoord: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer.” Matt. 18:22 Dit is 490 keer!

Nie meer aan hulle sondes dink nie. Beteken vergifnis regtig dat ek van die sonde moet vergeet, selfs in ‘n argument? “Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie” Jer. 31:34. “So ver as die ooste van die weste af is, so verwyder Hy ons oortredinge van ons af.” Ps. 103:12. “Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.” 1Pet. 3:9. Jy moet verstaan dat Satan ou oortredings in jou gedagtes sal inbring. Wanneer hy dit doen, moet jy weer vergewe. Baie van ons wat ons mans vir egbreuk vergewe het, ervaar “terugflitse” van die egbreuk nadat ons mans terug is by die huis. Dit is amper soos ‘n soort geestelike oorlogs trauma. Ons weet ons moet altyd in die gees van vergifnis loop.

Hoe kan ek vergewe soos wat God my in Sy Woord gevra het?

God alleen. Net God kan jou help om dit te doen. Jy moet nederig word en Hom vra om jou die genade te gee. “Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?” Markus 2:7.

Maar aan die nederiges gee Hy genade. Hoe kry ek die genade wat ek benodig? “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.  Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.” 1Pet. 5:5-6.

Hy het hulle laat knak. Hoe kan ek nederigheid verkry? “Want hulle het hulle verset teen die bevele van God, hulle het die leiding van die Allerhoogste in die wind geslaan. Hy het hulle laat knak onder swaarkry, hulle het inmekaargesak en niemand het gehelp nie. Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry uit hulle ellende.” Ps. 107:11-13. “En tog, toe hulle siek was, het ek getreur soos oor ‘n sterfgeval: rouklere aangetrek en myself gekasty deur nie te eet nie. Ek het sonder ophou vir hulle gebid.” Ps 35:13. Ons kan werk, vas en bid om nederigheid te verkry. Ek het gevind dat God baie keer siekte in my of my kinders veroorsaak om my stil en nederig te kry.

Wanneer moet ek diegene vergewe wat my seergemaak het?

Moet ek nie eers skuldig daaroor voel nie? 

Maak eers vrede met jou broer. “As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.” Matt. 5:23-24. As jy nie iemand anders vergewe het nie, veral nie jou man nie, moet jy om vergifnis vra.

Bitterheid. Om iemand nie te vergewe nie, veroorsaak bitterheid. Die definisie van bitterheid is “gif”! “Moet nie verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie.” Efe. 4:31. Deur iemand anders nie te vergewe nie, vreet aan jou, nie die ander persoon nie. “Net ‘n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed.” Spr. 14:10. “Hy ken immers die geheime van die hart.” Ps. 44:21.

‘n Veronregte broer. Maak seker dat jy van die volgende Bybelse riglyne kennis neem wanneer jy om vergifnis vra. Ek het gehoor dat baie mense sê dinge het slegter geword nadat hul om vergifnis gevra het of dat dit geen goed gedoen het nie. Ek kan uit ondervinding praat. Partykeer, wanneer ek iemand anders om vergifnis gevra het, het ek dit op die verkeerde manier gedoen en het ek die persoon verder veronreg. “n Veronregte broer is ontoegankliker as ‘n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van ‘n fort.” Spr. 18:19

Neem elke gedagte gevangene. Neem jou gedagtes gevange en kyk na jou oortredings soos God dit sien en deur die oê van die ander persoon. “... neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” 2 Kor. 10:5.

Mense se guns. God ken ons motiewe en ons harte. “…maar die Here kyk na die hart.” 1 Sam. 16:7. “...Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word nie en so in mense se guns te kom nie, werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen.” Efe 6:5-6. “Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak.” Spr. 18:2. 

Elke ligsinnige woord. Elke woord wat jy sê moet versigtig gekies word. Berei elke woord voor.  “Dit sê ek vir julle: ‘Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag.’” Matt. 12:36. Begin deur neer te skryf wat jy gaan sê. Lees dan dit wat jy geskryf het hardop, plaas jouself in die ander persoon se skoene en hoor dit uit sy oogpunt. Klink dit beskuldigend? Vra vir God om die regte woorde in jou mond te sit. 

Baie praat. “Met baie praat bly die sonde nie uit nie.” Spr. 10:19. “Wie aanhou onsin praat, kom self tot ‘n val.” Spr. 10:10. Sê net wat jy gedoen het; moenie ‘n situasie veroorsaak met iets soos, “Toe jy dit, en so en so, wel toe het ek….”

Hy het nie gedreig nie. “Kom betyds tot ‘n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is ….” Matt. 5:25. As die ander persoon begin om met jou te baklei, moenie jou mond oopmaak behalwe om saam te stem nie. “Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie…” 1Pet 2.23

Ek is nie meer werd. Die verlore seun het sy woorde voorberei nadat hy besluit het om terug te keer huistoe en het hulle nederig geuiter: “Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: ‘Pa, ek het teen God en Pa gesondig! Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners’.” Lukas 15:18-19. God sal die wat neergebuig is ophef!

Soet en geneeskragtig. Maak jou woorde soet en vriendelik. “en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer.” Spr. 16:21. “Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens.” Spr. 16:24.

Pas Hierdie Dinge Toe

“Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing met volharding met godsvrug, die godsvrug met  liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken. Iemand wat nie hierdie dinge sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is...as julle hierdie dinge doen sal julle nooit struikel nie.” 2Pet. 1:4-10. 

Lê Jou Daarop Toe

“Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag” Spr. 11:27.

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.” 2Tim 2:15.

“Ek, druk julle dit dit op die hart, ek wat ‘n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.” Ef 4:1-3

In Jou Geloof

“Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.” Rom. 10:17

“Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk! Laat alles by julle in liefde geskied.” 1Kor 16:13

“Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.” Efe. 6:16.

“‘n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.” Jak 2:26.

Knap Vrouens

“‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.” Spr. 31:10-11.

“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!... as sy die Here dien, dan verdien ‘n vrou om geprys te word.” Spr. 31:29-30.

“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig.” Fil 4:8.  

Pas  Kennis Toe

“Aanvaar wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer, kennis is meer werd as die fynste goud.” Spr. 8:10

“Dit is die wyse man wat sterk is, die een wat kennis het, wat werklik mag het. Jy maak oorlog na beraadslaging, en die oorwinning kom deur baie raadgewers.” Spr. 24:5-6.

“Party van hulle dring in die huise in en kry liggelowige vroue wat met sonde belaai is en deur allerlei sinlike begeertes gedryf word, in hulle mag, vroue wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.” 2Tim 3:6-7.

Dan Selfbeheersing

“n Geduldige mens het meer waarde as ‘n bedrewe vegter, ‘n mens met sefbeheersing meer as iemand wat ‘n stad inneem.” Spr. 16:32.

“Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie ‘n woord praat as ‘n slegte mens my teëstaan nie.” Ps. 39:1. “Wie iemand so opvoed dat hy ‘n ligsinnige mens word, moet die verwyt daarvoor dra; wie iemand so leer dat hy ‘n goddelose word doen dit tot sy eie skande. Moenie ‘n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed ‘n wyse op en hy sal lief wees vir jou. Gee jou aandag aan ‘n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer ‘n regverdige en sy kennis vermeerder.” Spr 9:7-9.

“‘n Stad sonder ‘n muur om hom te beskerm so weerloos is ‘n mens as hy nie selfbeheersing het nie.” Spr. 25:28.

Dan Volharding

“Want, soos julle weet as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.” Jak 1:3.

“Julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word.” Matt. 10:22.                            

“Dink terug aan vroeër dae toe God julle tot die lig gebring het, hoe julle in die stryd staande gebly het toe julle baie moes ly.” Heb. 10:32.

Dan Toewyding Aan God (Godsvrug)

“Maar van onheilige en sinlose verdagsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. Om jou liggaam te oefen, het wel ‘n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat ‘n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.” 1Tim. 4:7-8.

“Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid.” 1Tim 6:11.

“Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse se begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenwoordige wêreld te lewe.” Titus 2:12. 

En in Godsvrug, Goedgesindheid

“Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig.” 1Pet. 3:8.

“As sy praat is dit met wysheid; as sy leiding gee is dit met liefde.” Spr. 31:26.

“Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo alles dit moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.” Kol. 3:12-14

En Uiteindelik, Liefde

“Want die liefde bedek baie sondes.” 1Pet 4:8.

“Julle moet julle vyande liefhê.” Matt. 5:44.

“...liefdevol teenoor hulle mans.” Titus 2:4

“Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.” Joh 13:34.

“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

“Die liefde vergaan nooit nie…” 1Kor 13:4-8.

Ja, Hulle Sal Weet Dat Ons Christene Is Deur Ons Liefde!

Persoonlike verbintenis: Om te begeer om sagmoedig en stil te wees. “Gebaseer op wat ek geleer het in God se Woord, verbind ek myself om alles te doen wat ek geleer het, om gewillig te wees om te luister en nie te gou te praat nie.  Ek sal diegene vergewe wat my te na gekom het en doen wat ek kan om met die wat ek te na gekom het, te versoen.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui