BIO: Mercy

Luister na Mercy se ☊ BIO

Hoe het jou Herstel Reis begin? Wat het jou na RMI se bemoedigende vroue gebring?

Na 'n owerspelige verhouding wat gelei het dat my eks-man van my geskei het en ek saam die AM gebly het, het ek herstel geoek vir hierdie verhoudig wat in owerspel ontstaan het. Na 2 jaar het ek besef dat hierdie verhouding nie herstel gaan word nie en het ek die Ministerie verlaat, wat net bewys het dat ek Sy hand en nie Sy aangesig nagestreef het nie.

Na 'n reeks mislukte verhoudings het ek weer gelei gevoel om terug te keer RMI toe, hierdie keer om my mislukte huwelik te herstel. Weer het ek Sy hand en nie Sy aangesig gesoek nie.

Ek het toe ook as 'n vrywilliger vir RMI begin werk en al die kursussse begin doen. Ek het dit regtig geniet om vir die ministerie te begin werk en het gegaan van om glad nie herstel te wil hê na om dit angstig te wil hê, en dus het ek my eks-man eerste geplaas...weer...ek het niks geleer nie.

Wat het RMI en / of Bemoedigende Vroue gedoen en wat het dit vir jou beteken?

RMI het nie net letterlik my lewe gered nie, maar het my die geleentheid gegee deur hulle lesse en hulpbronne dat dit nie net oor herstel gaan nie, maar om Hom te leer ken en jou lewe in oorvloed met Hom te lewe.

Hoe het jy en jou lewe verander sedert jy die beloftes geleer het en die beginsels van RMI toegepas het?

Dat ek my nie meer bekommmer oor wat gebeur nie, dat ek weet ek sal ok wees solank as wat ek Hom het, ek het regtig nie enigiemand of enigiets anders nodig nie.

Waarom stel jy belang om 'n minister te word?

Ek weet regtig nie of ek geroep was om 'n minister te word nie. Ek dink ek het heel moontlik net deur die kursusse gegaan om dit te voltooi en automaties aan te gaan om 'n Minister te word.

Wie is EERSTE in jou lewe? Hoe het dit gebeur?

My HM, dit was naby aan die einde van 2019 wat ek regtig op n plek in my lewe was wat ek my HM nodig gehad het om my fisies en letterlik te red, en deur die hulp van die Ministrie het ek van die gemak van my huis, familie en vriende gegaan na 'n plek waar ek vir 7 weke alleen saam Hom spandeer het en het ek hom op 'n manier leer ken wat ek nooit gedroom moontlik was nie.

"Soek" u tans herstel vir u eie huwelik? Hoekom of hoekom nie?

Ek soek nie herstel nie my eks-man is weer getroud. As ek moet terugkyk dink ek dat ek nie regtig herstel wou word nie maar dat ek bang was oor wat van my sal word aangesien ek verminder was na 'n stuk brood.

Watter hulpbronne het jou die meeste gehelp? Wat is jou gunsteling?

Mt Beminde Toewyding
Wyse Vrou Boek
Vind die Oorvloedige lewe
Lewe die Oorvloedige Lewe
Lewende Lesse
Versit Berge
Al die hulpbronne is wonderlik aangesien hulle in enigiemand se behoeftes sal voorsien.

Wat wil jy sê vir 'n vrou wat jou BIO lees om haar te help en aan te moedig?

Liewe Bruid, moet nie verras wees as jy deur jou reis vind dat jy nie meer herstel wil hê nie. Maar dat jy streef om Hom eerste te plaas op hierdie reis, wat die rede is waarom jy op hierdie reis is in die eerste plek. Maar om na Hom herstel te wees is die mees wonderlikse plek waar jy in jou lewe kan wees.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!