Omdat Hy My Lei

Vandag se Belofte:  "Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê; ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’" Jesaja 30:21

Luister na Mercy se ☊ Lofverslag

In die Lewenslesse, Week 3 "Hy Lei My," het ek geleer dat dit nutteloos is om met onsself te praat en selfs die antwoorde kry wat ons nodig het. Omdat ons nie self die antwoorde ken nie. Om Hom te vra om jou te lei sodat jy op die regte pad bly.

As kind het ons almal seker hierdie Psalm 23 uit ons kop uit geleer maar nie juis geweet wat dit beteken nie. Maar nou verstaan ek dat nie net Psalm 23 nie, maar dat daar ook baie meer verse in die Bybel is wat soveel betekenis het en wat belangrik is dat ons dit memoriseer om ons deur elke dag te kry. Maar wat meer belangrik is deur Sy Leiding.

Ek het nou immers nie 'n keuse om in al my omstandighede na Hom toe te gaan nie, omdat Hy my lei, spandeer ek meer tyd saam Hom in gesprek met Hom as om dinge in my eie gedagtes rond te maal.

Ek is skuldig daaraan dat ek vergeet om na my indeks kaartjies met al die wonderlike beloftes daarop te verwys. Dat ek vergeet hoe waardevol hulle regtig is.

Kom ons bid: Liewe Here gee my meer insig oor die verse wat ek sien as onbelangrik. Vernaam wanneer ek deur 'n krisis gaan leer my hoe om U Woord beter te verstaan sodat ek dit in my huidige situasie kan toepas.

"Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê; ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’" Jesaja 30:21

Die Here sal altyd daar wees en in 'n stil klein stemmetjie vir ons vertel dat ons nou die pad byster geraak het. En ons weer op die regte pad lei...Hy lei my. 

Liewe Bruid,

As kind het ons almal seker Psalm 23 uit ons kop uit geleer. Ek kan julle verseker deur hierdie les op hierdie webwerf onder andere sal julle die ware betekenis van hierdie Psalm leer soos wat julle dit nog nooit ervaar het nie.

~ Mercy in Botswana
Volg #Mercy Follow #Mercy
Ek is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!