My hart …

Vandag wil ek U loof Here. Nie omdat daar enige veranderinge in my lewe is nie, maar omdat U veranderinge in my hart bring!
Ek maak so baie foute maar ek weet U vergewe my en ek weet dat U my U pad wys deur my foute.
Ek dank U Here!
Ek dank U vir al hierdie beproewinge op my pad. Deur al hierdie beproewinge is my pad elke dag nader aan U.
Dankie dat ek op U kan vertrou, dat ek met U kan gesels en dat U my verstaan en my gevat het net soos ek is en waar ek is.
Dankie Here!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “My hart …”

  1. Dankie Betty, ja al verander ons omstandighede nie, kan ons Hom bly loof en prys, want al sien ons niks gebeur nie, die verandering is in ons en ons Geliefde vul ons met Sy liefde en Hy genees ons. En ons kan rus in die wete dat Hy in beheer is, en Hy werk in ons situasies. Op Sy bepaalde tyd, en as ons aan Hom bly vashou, sal ons sien waarmee Hy die hele tyd besig was.

  2. Dis so pragtige lofprysing kosbare Betty en ja daardie verandering in mens se hart maak dat al die seer op die ou end die moeite werd was al voel mens dalk op daardie oomblik nie so nie, want vandag kan ek werklik sê al die seer in my lewe was die moeite werd, want ek het my Liefling Hemelse Man ontmoet soos nog nooit te vore nie. En ja wat ‘n wonderlike versekering dat die Here ons presies verstaan.
    “Ja, die berge mag wyk en die heuwels wankel, maar my troue liefde sal nie van jou wyk nie, en my vredesverbond sal nie wankel nie,” het jou ontfermer, die Here, gesê. J54:10

  3. Liewe Bettie.
    Jou boodskap raak my hart, in die diepste donkerste hou Hy ons vas. Hy laat gaan nooit van ons nie. Dit is vir my elke dag so lekker om met die Here te gesels, as ek opstaan, as ek werk toe ry, by die werk, deur die dag, Hy is daar. Ek moet net Sy naam roep, en Hy hoor my. Hy hoor wat op my hart is. Dankbaarheid in oorvloed dat ons n Vader dien wat so lief is vir ons.

  4. Liewe Betty,
    Ek wil vanoggend saam jou die Here loof en vir Hom dankie se, dis so lekker om te weet dat Hy ons aanvaar net soos ons is en dat ons enige tyd met enige iets na Hom toe kan gaan, is Hy nie wonderlik nie? Ek is ook so dankbaar dat my liefling so baie veranderinge in my hart bring, ek wil Hom net viraltyd loof! DANKIE HERE!!!! ❤️

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui