Dit gebeur vir ‘n rede

Liefste bruide, as ek terugdink aan my herstelreis die afgelope 4 jaar, dan kan ek net in verwondering staan oor wat my Geliefde in my lewe gedoen het.

Ek was daar waar jy dalk nou is, stukkend, verwerp, depressief, verward en met geen hoop nie. Ek weet hoe dit voel om nie te kan opstaan in die oggende nie, want jou hart is so gebroke dat jy nie kans sien om die lewe aan te pak nie. Ek weet hoe dit voel om vir jou kinders te moet sorg terwyl jy nie eers krag en lus het om vir jouself te sorg nie. Om deur 'n huwelikskrisis, owerspel en dalk egskeiding te gaan, is seker een van die moeilikste dinge waardeur enige vrou kan gaan, erger nog, as jy verwerp word en gelos word vir iemand anders.

MAAR, in my wanhoop het ek UiteindelikHoop.com gevind. En die Here het my op 'n reis gevat van genesing en vergifnis. En waar ek nou is, is myle verwyderd van daardie donker plek. Ek het vrede, ek het vreugde, ek het liefde gevind wat geen mens ooit kan beskryf nie. Ewige liefde van die beste Man wat enige vrou kan he. Iemand wat jou nooit, ooit sal verwerp of seermaak nie, jou nooit minderwaardig of vernederd sal laat voel nie.

"Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie;
en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie;
maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.
Want jou Maker is jou Man; Here van die leërskare is sy Naam;
en die Heilige van Israel is jou Verlosser.
Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
Want soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die Here jou geroep,
en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God." JESAJA 54:4-6

Maak nie saak wat jou situasie nou is nie, getroud, vervreemd, geskei, ongetroud, ons almal het eers ons Eerste Liefde nodig. As jy Sy bruid word, sal elke leemte in jou hart gevul word, jou hart sal oorstroom van liefde en jy sal onvoorwaardelik kan liefhe en liefde gee. Jy sal nie meer desperaat wees VIR liefde nie, want jy sal toegevou wees in jou Hemelse Man se liefde.

En natuurlik wat my baie gehelp het, en elke een van ons bedienaars, is om ander te help. Wanneer jy niks het om te gee nie, GEE uit dit wat jy het. Wanneer jy nie hoop het nie, GEE vir iemand anders hoop, wanneer jy nie tyd het nie, spandeer tyd saam met iemand wat alleen is. Lees asseblief hierdie les: "Saai en Maai" Ons moet die hoop wat ons gevind het deel met ander wat deur dieselfde gaan as ons, want die reis waarop ons Gelliefde ons geroep het, is om ander wat na ons kom te help.

As jy gelei voel om ander te help, besoek asseblief ons Aanlyn Universiteit, RMIOU

Hoe begin ek? How to Get Started!

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Dit gebeur vir ‘n rede”

  1. Kosbare Adina,
    Baie dankie vir hierdie bemoediging vanoggend.
    Ons het beslis on Eerste Liefde nodig. Nie net nodig nie, ons moet terug gee aan Hom deur te doen wat Hy van ons vra sonder om iets van Hom terug te verwag.
    Hy het reeds alles vir ons gegee wat ons nodig het deur vir ons sondes, onverdiend aan die kruis te sterwe.

    1. Betty ek is so bly dat hierdie boodskap jou vanoggend bemoedig het. Wanneer ons in daai donker plek is waar ons voel daar is nie hoop nie, en dinge gaan of kan nie verander nie, is dit moeilik om selfs net te dink daaraan dat dinge kan beter word, maak nie saak wat gebeur nie. Maar soos ek gese het, hier waar ek nou is, kan ek omdraai en terugkyk om vir ander te se daar is hoop, en niks is te groot of onmoontlik vir ons Geliefde nie. Daar is ‘n lewe wat ons Geliefde wag om vir jou te gee, te midde van die situasie waarin jy nou dalk mag wees, Hy wil vir jou die Oorvloedige Lewe gee (https://uiteindelikhoop.com/vind-die-oorvloedige-lewe/).

      Ek self het gesien hoe Hy my situasie ten goede omgedraai het nadat ek toesig oor my kinders verloor het, nou sien ek hul elke dag. Maar jy kan my hele getuienis hier lees https://uiteindelikhoop.com/rjn-mcl-adina/.

    2. Ek stem saam met Adina, dis wanneer mens nou terugkyk dat mens kan sê daar is werklik hoop. En dit is so vervullend om terug te saai in vrouens se lewens in, want selfs ons seer draai ons wonderlike Here om in ‘n getuienis om ander vrouens te help.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui