Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie

—Matteus 5:38 

 

In die laaste hoofstuk het ek kortliks gedeel en verduidelik dat die ry van die golf van teëspoed, beteken dat jy saam met die stroom gaan, om jou nooit te verset teen die bose wat teen jou kom nie. En hoe dit eintlik Jesus self was wat verduidelik het hoe ons moet reageer wanneer mense vir jou sê om iets te doen, en dat Hy seker gemaak het dat jy weet dat dit Hy is wat dit gesê het,  “Maar Ek sê vir julle . . . .” “Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen nie afwys nie” (Matteus 5:39-42).

Ek het ook gebieg dat ek seker gemaak het om nooit naby genoeg aan iemand te staan wat my eens op ‘n tyd “geklap” het deur hulle woorde of aksies nie, as ek geforseer was om hulle te sien, het ek seker gemaak dat ek emosioneel terugstaan. Daar is geen twyfel dat dit moeilik is om net bereid te wees om naby diegene te bly wat onvriendelik was, maar ek is seker ons kan almal saamstem dat om meer te doen of meer te gee as wat dieselfde persoon gevra het of geëis het, is amper onmoontlik om te doen. Maar dit is wanneer al daardie “niks is onmoontlik” verse handig te pas kom. Kom ons lees hulle:  

“Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: ‘Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik’” (Matteus 19:26).

“Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: ‘Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik’” (Markus 10:27).

“Niks is vir God onmoontlik nie” (Lukas 1:37).

“Daarop antwoord Hy: ‘Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik’” (Lukas 18:27).

Wat alles moontlik maak, is toe God Sy Seun vir ons gestuur het, om ons so lief te hê dat ons as vrouens waarlik geliefd kan voel—dit is wat alle dinge vir ons moontlik maak. As ons 'n tekort het aan Sy liefde, sal dit verhoed dat ons dit nie eens kan oorweeg om die beginsel van ry saam met die golf van teëspoed, aan te durf nie. En sonder enige van Sy liefde, sal vrouens dwaaslik teëspoed beveg, net om meer diep seergemaak te word, of sy sal van dit af weghardloop. 

Wat ek my bes gedoen het om uiteen te sit in die vorige hoofstuk, was wat my verander het. Weereens was dit eenvoudig om my oorvloedige lewe te vind—om alles wat ek nodig gehad het direk van God af te kry soos wysheid, en direk van die Here af, soos die liefde wat ek desperaat nodig gehad het.  

So kan ons uiteindelik saamstem dat gee ‘n ongelooflike kragtige daad is, maar dit word selfs kragtiger wanneer dit vereis, gesteel, of onvriendelik gevra word? Dit is waar, jy mag dalk dink dit is kragtig pynlik, maar die waarheid is, sodra jy genoeg van Sy liefde het om oor hierdie beginsel na te dink, sal jy begin besef dat teëspoed, soos ek dit nou verstaan, eintlik die brandstof is wat ons nodig het, of soos om die saad water te gee wat ‘n oorvloedige oes sal opbring—die baie beloftes waarop ons gewag het en wat Hy vir ons sal gee. Jy mag dalk dink dit is maklik vir my om te sê, maar net soos jy, was ek deur baie moeilike situasies in my lewe, maar nou is ek uiteindelik in staat om voordeel daaruit te trek. 

My jare lange bediening het op dieselfde manier begin as wat Erin s’n begin het, toe my man my ook verlaat het, en deur daardeur te gaan, soos baie van julle, het Hy my na RMI en haar leringe gelei. Die Here het my toe baie van Sy beginsels begin leer om my lewe oorvloedig te leef, om my gereed te maak vir wat in my lewe voorlê. Elke beginsel, soos wat ek dit uitgeleef het, het my lewe aansienlik verander. Tog moet ek sê hierdie splinternuwe beginsel moet een van die kragtigste wees, wat ook ‘n beginsel is wat ek nooit ooit van ‘n kansel af gehoor het nie of in ‘n Christelike boek gelees het nie. En alhoewel Erin dit êrens in een van haar boeke genoem het, en ek glo sy het, kan ek nie onthou dat ek dit voorheen aangegryp het nie.

Nou, sedert ek dit leef, is dit vir my die wonderlikste beginsel om volgens te leef wat, ek belowe, jou lewe vir ewig sal verander. En die rede hoekom ek dit glo, is omdat hierdie beginsel die manier was waarop Jesus Sy lewe geleef het. ‘n Lewe omring deur teëspoed, haat, misverstand, verraad, verwerping en elke ander boosheid waaruit Sy baie kort lewe bestaan het hier op aarde.

Die grondslag van hierdie beginsel is eenvoudig dit—moenie die kwaad weerstaan nie.

Daar is niks so natuurlik, so ingewortel in ons wese, as om net die teenoorgestelde te doen nie. Ons kan dit nie verhelp om die kwaad wat aan ons gedoen word te weerstaan nie. Om die waarheid te sê, die Christen word van die begin van sy Christelike wandel geleer om die kwaad te weerstaan en teen elke kwaad en kwaadwillige persoon te baklei wat teen hom probeer kom of in sy pad staan. Sommige mag hierdie twee verse opsê om te bewys dat dit waar is:

“Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug” (Jakobus 4:7).

“Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug” (Efesiërs 6:12)

Alhoewel ons hierdie beginsel van weerstaan en worsteling in die Bybel sien, gaan dit egter daaroor om ons te weerhou om kwaad te doen—nie kwaad wat aan ons gedoen word nie. Daar is ‘n geweldige verskil tussen die duiwel weerstaan wat ons in die versoeking bring om kwaad te doen, en ook worstel teen magte en die geestelike goddeloosheid wat probeer om ons vlees te voed. So wanneer ek sê moenie die kwaad weerstaan nie, weereens, is dit enige kwaad wat AAN ons gedoen word.    

Benodig Sy Gees

Een beginsel wat ek weet ek by Erin geleer het, was hoe ons maklik kan meet of iets van die Here af is of nie. Êrens het sy ons geleer dat as ons iets op ons eie kan doen, werk ons in die vlees. Terwyl die teenoorgestelde ook waar is: as ons die hulp van die Heilige Gees nodig het, dan is dit duidelik van Hom af.

Mag ek ook erken dat baklei teen die bose ook van nature na my gekom het (of om daarvan weg te hardloop). Daarom, kan ons dan nie tot die gevolgtrekking kom dat as iets “natuurlik” na my toe kom, dit moontlik is dat dit my eie vlees is wat baklei of hardloop nie? Dit is ook waar dat wat verander het, was ek wat geweet het om nie meer die behoefte te hê om te veg of te vlug nie, was as gevolg van wat Sy liefde gedoen het om my te verander.

Tog miskien selfs interessanter, ‘n selfs kragtiger en heeltemal oor die hoof gesiene waarheid, is die feit dat Jesus Sy lewe gelei het sodat ons, veral ons vrouens, Sy voorbeeld kon volg en ons was eintlik “geroep” om dit te doen. 

“Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg . . .toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel”(1Petrus 2:21-23). En die rede hoekom ek gesê het “veral” vrouens, is omdat daar onmiddelik na hierdie gedeelte in 1 Petrus 2 vir vrouens vertel word hoe om onderdanig te wees aan ‘n man wat nie die woord glo nie of in rebellie is. “Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sê nie.” (1 Petrus 3:1-2). Weereens, as daar enige verhouding is wat moeilik sal wees om “op dieselfde manier” te ly, nie terug beledig wanneer jy beledig word nie, en nie te dreig nie (om te loop, of in vandag se wêreld, om die polisie te roep), is dit in die verhouding met ‘n man op wie ons vertrou het om ons lief te hê, reg? En laat ek dit ook sê, sodra jy in staat is om dit in die man/vrou verhouding te doen, solank as wat jy na aan Hom bly en voort gaan om dieselfde ding te doen in al jou ander verhoudings en situasies, voel dit eintlik so maklik. O, maar wag ‘n gedagte het by my opgekom. 

Dol en Desperaat

Daar is vandag talle vroue en die getalle groei, wat meer as bereid is om so te ly, meer te gee en die ander wang weer en weer en weer te draai. Maar ongelukkig is hulle motivering heeltemal anders as waarvan ek in hierdie hoofstuk praat. Die vreeslik beskadigde vrou van vandag plaas haarself in ‘n warrelwind van pyn, gee oor en oor, meer as wat gevra word, in die hoop dat sy sodoende die liefde sal kry waarvoor sy dol en desperaat is! Sommige dierbare vroue is so gewoond daaraan om so te leef dat dit lyk asof sy aangetrokke tot dieselfde soort man is, weer en weer en weer.

Jy gee miskien nie genoeg om om hierdie siklus ter wille van jouself te stop nie, maar sal jy lank genoeg stop en daaroor nadink om hierdie bose kringloop ter wille van jou dogter, jou suster, jou niggie, jou kollega of jou tannie te stop? Totdat ons gewillig en braaf genoeg is om los te breek en die Liefde te vind wat die hoogste berg van pyn, seerkry, vernedering en emosionele littekens kan skuif, het ons geen hoop wat ons aan ander kan bied nie. Moet asseblief nie aanhou om hierdie hoofstuk te lees totdat jy stop om regtig te besef hoe belangrik dit is vir jou om te leer om so te leef nie. En wees dan bereid om hierdie hoop aan te bied, deur jou eie mislukkings en seerkry te deel, sodat wanneer die volgende vrou in pyn en vrees wat dol is vir liefde oor jou pad kom, sy die waarheid kan leer. Help haar om uiteindelik die diepte van Sy liefde vir haar te verstaan en wat dit in haar lewe kan beteken.

Gewillig om na die Skoonmakers Geneem te word

Nou, vir ‘n voorbeeld van hoe Hy my gehelp het om hierdie beginsel te verstaan, deur my eie persoonlike ervaring te deel oor wat gebeur het vanaf die kerk wye aankondiging deur my eks man, toe hy vir almal vanaf die preekstoel vertel het dat hy van my gaan skei. Sonder om daardie beginsel destyds regtig te verstaan, het die Here my gelei om my nie teen die kwaad te verset nie, om myself nie te verdedig toe duisende besorgde of woedende gemeentelede geëis het dat ek myself verduidelik nie. Of dit my eks man was wat sy eise vir die egskeiding gestel het of die beledigings en aantygings van die gemeentelede, sommige wat noue vriende was, deur Sy liefde alleen—was ek in staat om entoesiasties saam te stem met alles wat gesê was, deur Sy voorbeeld te volg om nie my mond oop te maak nie, soos my Man wat “maar alles oorgelaat het aan Hom (God) wat regverdig oordeel.” 

Baie van die besonderhede van wat Hy my deurgebring het, is in die Staar Egskeiding in die Gesig boek wat RMI aanbied as een van hulle vele gratis hulpbronne, so ek gaan nie besonderhede deel nie. (As jy gemis het om hierdie boek te lees, gaan asseblief na hul webwerf wat aan die einde van hierdie boek gegee word). My punt is dat Hy my regdeur daardie vroeë dae, heel aan die begin van my wat die oorvloedige lewe gevind het, gelei het om die beginsel van nie teen die kwaad te verset nie, uit te leef. Weereens, dit het begin met my eks man wat my privaat vertel het, daarna het hy die kinders vertel en toe het hy sover gegaan om dit op ‘n Sondag aan te kondig, die dag wat hy sy bedanking ingedien het.

Tog, ek is nie alleen om deur teëspoed geneem te word nie—ja, dit is hoe die Here nie net vir my geleer het nie, maar ook vir Erin, wie gewillig was om al die beginsels te deel wat ons albei gevind het (en voortgaan om te vind) in die RMI hulpbronne. En as jy al so lank soos ek in haar hulpbronne is, sal jy sien daar is een algemene beginsel wat hulle almal saambind! Hoe alle vreugde gebeur deur ons intimiteit met Hom en om die Here te soek om ons te help deur al ons moeilike situasies. Dit is die enigste manier waarop ons ook beginsels sal leer wat elkeen van ons se lewens dramaties sal verander en help om die lewens van ander te verander! Gevolglik kan hierdie beginsel nie volbring word deur eenvoudig daaroor te lees nie, maar om daardeur te loop, nadat Sy liefde tot hierdie mate ervaar is. 

In my eie lewe, vandat ek my man die eerste keer hoor aankondig het dat hy van my gaan skei, het ek gevind dat dit van my kant af nie te veel geverg het om my nie teen die kwaad te verset wat teen my gekom het nie. Toe, soos wat die jaar aangestap het, het dit gelyk asof dit makliker en makliker word. Oor die jare het ek aangeneem dat dit die vorige jaar moes wees (my moeilikste jaar ooit) toe dit begin het. Daardie jaar het gedien om enige vlees wat ek oorgehad het, dood te maak—of so het dit gelyk. Toe, met my vlees dood, was ek in staat om selfs meer van Sy liefde te absorbeer. Ek het ook ontdek dat my vlees direk gekoppel is aan die dieptes van my hart wat my kinders en hul welstand aanbetref. Ek weet dat almal wat moeders is, maklik kan identifiseer as ek sê dat as dit by ons kinders kom, is daar blykbaar iets ingebou wat instinktief veroorsaak dat ons vir hulle baklei.

Tog, selfs dan, het God ‘n manier om Sy hart met ons s’n op te lyn wanneer Hy ons herinner wat dit gekos het vir ons om Hom te leer ken en te ervaar—dit was te midde van teëspoed, was dit nie? So vir my, is die belangrikste ding in my lewe (langs my intimiteit met my Beminde Here) om te sien hoe elkeen van my kinders in ‘n intieme en kragtige verhouding met die Here stap. Wat beteken dat hulle ook ‘n lewe gevul met teëspoed sal moet leef om Hom sodoende te ervaar. Ja, soos Erin sê, “Ek ervaar geen groter blydskap as juis wanneer ek hoor dat my kinders in ‘n hegte verbondenheid aan die waarheid lewe nie” (3 Johannes 1:4).

As ek dus teëspoed gaan toelaat om nie net my te tref nie, maar ook my kinders, sonder dat ek in die versoeking kom om tussenbeide te tree of selfs om die slag te demp wat aan hulle gedoen word, dan moet ek seker maak dat ek vir hulle die beginsels gee en leer en vir hulle die voorbeeld wees om te sien hoe. Om my kinders deur te help, net soos wat ek doen vir vrouens wat ek in my kerk ontmoet of in my bediening, moet ek hierdie beginsel ken, leef en deel. Alhoewel ek weet dat ek dalk oordryf, maar dit voel dikwels asof daar ten minste een nuwe aanval per week teen my kinders kom en die fondasie van hulle lewens bombardeer, wat vir kinders die gebied van veiligheid is. Kinders (en vrouens) moet weet dat hulle veilig is en dat geen skade teen hulle gaan kom om vir hulle pyn te veroorsaak nie. Dit is die sekuriteit wat kinders nodig het om te groei, en vrouens nodig het om te floreer.  

Ons het elkeen van die gevolge gehoor op baie televisie geselsprogramme wanneer hulle delf in hoe dinge wat in ‘n kind se verlede gebeur het, verseker is om die natuurlike groeiproses te belemmer of te inhibeer en hulle lewenslank te skend. Ons word vertel hoe hierdie kinders “emosioneel gestrem” gelos word en is “geskende” volwassenes wat vol probleme en sukkel is wat hulle weg in elke faset van hulle volwasse lewens vind. Sommige van ons is hierdie volwassenes. So hoe kan ons moontlik ons kinders help, of onsself help as gewonde volwassenes, wanneer dit lyk asof die hele wêreld net een reuse teëspoed is wat teen ons kom met geen verligting?  

Deur te glo wat Hy ons vertel het, “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (Johannes 16:33). Jesus was in staat om die wêreld te oorwin, ek glo, deur hierdie een beginsel wat nooit geleer word nie, nog minder deur vandag se Christen uitgeleef word. Dit is wat Hy ons geleer het sedert die begin van Sy bediening.

Weereens, gee, en luister wanneer Hy sê, “Maar Ek sê vir julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer” (Matteus 5:38-40). 

Die heel eerste deel verklaar dit duidelik, lees dit weer—moenie verset nie.

Kom ons dink vir ‘n oomblik hieroor. Wat as Jesus teen Sy dood aan die kruis verset het, waar sou ons wees? Onthou hoe Petrus instinktief verset het (deur die wag se oor af te sny) en was deur Jesus berispe (wie die man se oor genees het). Petrus het ook gejok. Hy het toe gehardloop en weggekruip (net soos wat baie van ons doen) toe teëspoed teen hom kom, alhoewel hy ‘n ooggetuie was vir Jesus en Sy voorbeeld om hom nie teen die kwaad te verset nie. Tog, Jesus het geweet dat dit natuurlik is om te verset; daarom, Het Hy vooraf verduidelik hoe Hy sou lewe (deur nie te verset nie) en het toe die uiterste bewys van die beginsel se krag gewys deur die brander van  teëspoed te ry al die pad tot by die kruis.

As gevolg van Hom wat meer vir my wil hê, was ek geroep om hierdie beginsel te leer, te leef en te onderrig. Net toe kon ek nou in my eie lewe sien, en ook deur die lewe van Jesus van naderby te beskou, dat in plaas daarvan om te verset, kan ons eintlik die teëspoed gebruik as ‘n gladde en maklike rit wat ons reguit na die seëninge toe lei, sowel as om vir ons ‘n verhoogde platform te gee wat ons kan gebruik om vir God die glorie te gee wat Hy verdien en te staan om Sy liefde met ander te deel!

‘n Analogie

Eendag terwyl ek (êrens heen) gevlieg het, het die Here vir my ‘n analogie van hierdie beginsel gewys om nie teen die kwaad te verset nie, soos ‘n branderplankryer wat “‘n brander van teëspoed” na die strand toe ry. Dit was maklik vir my om te verstaan aangesien ek ‘n Kalifornië meisie is en het met branderplankry groot geword. So aangesien so baie van julle deur land omring is, sal ek my bes doen om jou te help om hierdie beginsel te verstaan. Hierdie analogie het nie net my gehelp nie, maar dit het my kinders gehelp om die beginsels te verstaan en in hul lewens in te werk.

Die Here het vir my n groep mense gewys wat na die see toe gekom het, maar hulle het eenvoudig op die veilige sand gesit, ver van die onheilspellende golwe. Ek onthou hulle as die toeriste wat ten volle geklee gekom het en nooit regtig met die voornemens om te swem nie. Toe sien ek ‘n ander groep wat met hulle voete in die wit water gestaan het wat vorentoe en agtertoe beweeg het saam met die gety. Ek het onthou as ‘n klein dogtertjie dat vrouens dikwels sou staan en praat, met hulle broekspype opgerol, terwyl hulle net genoeg, maar nie te veel, van die see geniet het. Wanneer ek langs hulle gestaan het, het ek gevind dat as ek net stil gestaan het, sou die gewas van die branders vorentoe en agtertoe dikwels veroorsaak dat my voete begrawe sou word sodat ek nie maklik kon beweeg nie. Interessant.

Volgende, het Hy vir my die ietwat dapperes gewys wat dit ‘n bietjie verder in die branders sou waag. Een brander na ‘n ander sou hulle tref en dikwels omslaan, aangesien hulle nie hoër op die sand was soos die dames nie, nog minder was hulle ver genoeg in die water waar die branders sou swel maar nie op hulle sou neerstort nie. Alhoewel hulle gedink het dat hulle veiliger was nader aan die strand, eerder as om dieper te gaan, was hulle eintlik direk in die pad van die gewig van elke brander, wat veroorsaak het dat hulle omgeslaan was totdat hulle uitgemergel was. Sommige van hierdie dapperder siele sou toekyk terwyl ander swemmers net onder die branders sou induik sekondes voordat dit neerstort. Tog, selfs hierdie beter, dapperder swemmers het gou moeg geword en moes teruggaan strand toe om te rus en herstel nadat hulle deur genoeg branders geduik het.  

Laastens was daar die gretige siele wat die geheim van hierdie nadelige branders geleer het. Hierdie swemmers het uitgeswem tot daar waar dit diep was, hulle het dan omgedraai om te wag vir die groot branders, en eerder as om daarteen te baklei, sou hulle met vertroue omdraai en in die rigting van die strand roei, hulle kies om saam met die brander te werk en sy woede te gebruik om na sy bestemming te ry. Hulle het eintlik die “brander van teëspoed” gery en volle voordeel getrek uit sy krag en sy woede vir hulle beswil gebruik.

Die Here het nie sy allegorie daar gestop nie. Ek het toe in my verbeelding verder langs die kus af gesien waar daar ‘n verbode area was, waar geen swemmers toegelaat was nie, waar slegs die branderplankryers met hul branderplanke toegelaat was om die grootste golwe te ry—en hulle was nie alleen nie. Op die strand was daar baie toeskouers wat bymekaar gekom het om te kyk of in verwondering te staan. Diegene, het die Here my gewys, was daardie heiliges wat die branders van teëspoed gebruik het as ‘n platform om God se grootheid te wys. In plaas daarvan om bang te wees vir die grootste golwe, sou hulle uitkyk vir hulle in groot afwagting.

Dit is wat die Here wou gehad het ek moes begin doen en wat ek jou wil aanmoedig om na uit te sien in jou eie lewe.

Platform om Sy Grootheid te Wys

Terwyl ek gereis het en met vrouens op ‘n individuele basis gepraat het, of voor ‘n groot kerk, of enige plek tussenin, het ek gevind dat ek verskeie getuienisse met hulle gedeel het, alhoewel ek dit nie beplan het nie. Hoe groter die golf van teëspoed wat ek gedeel het waarop ek gery het, hoe groter was hulle opgewondenheid as ek dit gedeel het. Die twee branders van teëspoed wat uiteindelik die meeste oohs en aahs gekry het, was die waaroor baie Christene my eintlik gekritiseer en gespot het—as dwaas of selfs in stryd met die woord van God. Een was toe ek vir my eks man se wittebrood betaal het en ook toe ek met my eks man gepraat het (na sy verlowing aangekondig was) en hom aangemoedig het om goed en geduldig met sy nuwe, aanstaande vrou te wees. Die vrouens in Afrika het veral opgewonde geraak oor hierdie twee getuienisse aangesien hulle heel duidelik was (selfs die direkteur van ‘n groot wêreldwye bediening wat oor al die nasies van Afrika strek) en het vir my gesê dat as dit hulle mans was, hulle nie sou betaal vir ‘n wittebrood nie of hom aanmoedig om goed vir die ander vrou te wees nie, maar sou eerder iets groot en “dodelik” vind om hom mee te slaan (en die ander vrou)!  

Tog, hierdie golwe van teëspoed is juis wat dieselfde Christene gedwing het om te dink oor hulle eie lewens en hoe hulle geleef het en watter impak dit gemaak het op die verlore siele van hierdie wêreld. Wat die wêreld “aanskou” vertel baie verskillende stories van Sy lewe en Sy liefde of praat teenstrydig daarmee. Nietemin, dit was nie die vrouens (of die mans) in die kerk met wie ek die graagste my “ry die branders van teëspoed” stories wou deel nie. Dit was toe ek geseënd was om dit met vreemdelinge te deel, wat toe belanggestel het om “daardie God”, van wie hulle nog nooit gehoor het nie, te leer ken. Wat die Here vir my gewys het, was dat hierdie die soort branders was waarvoor ek moes begin uitkyk en nie bang voor te wees nie, soos die branderplankryers op hulle branderplanke, moet ek eintlik uitkyk en opgewonde wees om hulle te ry!

Berei Ons Voor

Natuurlik, om enige nuwe beginsel te leer, sal altyd die regte omstandighede benodig om hulle toe te pas; gelukkig kom hierdie nou gereeld in my lewe en dalk in jou lewe ook. Daar is altyd ‘n swelling van ‘n brander op die horison, onlangs, met betrekking tot die toesig van my jongste kinders. Die volgende een sal my binne 24 uur bereik wanneer my eks man arriveer vir ‘n “ongeskeduleerde besoek,” wat my kinders seker is nog ‘n ongunstige, moontlik, groot golf sal beteken.

Tog, toesig is nie die enigste aanhoudende branders wat my tref nie, want daar in die oseaan van teëspoed, kan ek duidelik ‘n tsunami sien met betrekking tot my finansies. Soos baie branderplankryers, wanneer jy die grotes sien, is jy beide ‘n bietjie bang en terselfdertyd ‘n bietjie opgewonde. Sal ek in staat wees om vas te hou? Sal ek grasieus daarop kan beweeg, wetende dat so baie my dophou? Of, sal ek eerder tou opgooi en na die swellende brander roei (en sake in my eie hande neem) en die platform mis om God te verheerlik en te skree oor die Here se Liefde? 

Om moed te kry, lyk dit asof my gedagtes altyd terugkeer na elkeen van die branders wat die Here my tot dusver deur gebring het, wat my help om die moed te kry wat ek sal nodig hê om “daarvoor te gaan”. Terselfdertyd, omdat ek net ‘n mens is, veg ek teen die gedagtes wat probeer om in my kop te kruip met die vele “wat as” scenario's wat ek myself voorstel, soos om “uit te vee”—wat ‘n branderplankryer term is wat ek dink ek nie nodig het om te verduidelik nie. Nietemin, net ‘n vinnige blik na die gemerkte beloftes in my Bybel, of selfs ‘n kort oomblik van intimiteit saam met die Here, en daardie visioene word vervang met die vertroue wat ek gaan nodig hê. Vir my om vir God die glorie te gee wat Hy weereens verdien, en om regtig die Liefde te wys wat daar vir elke vrou van haar Man af is, wat gesterf het om vir haar Sy oorvloedige lewe hier op aarde te gee, moet ek altyd onthou dat dit alles oor Hom gaan en glad nie oor my nie.

Die platform wat Hy net vir my en jou gebou het, is juis vir die doel dat ons ‘n seën sal beërwe (en dit is wat ek opgaar om te los as ‘n erfporsie vir my kinders). Hierdie “golwe van teëspoed” is geskep om die aandag van die ongelowige te kry en te veroorsaak dat hy Jesus persoonlik wil leer ken, terwyl dit terselfdertyd gebruik word om die algemene Christen te motiveer om ‘n lewe te lei wat verborge is en gekweek word in diepe intimiteit met Hom.

Nou, Kosbare leser en liewe vriendin, raak opgewonde, soos wat jy gereed maak om die volgende brander te ry wat na jou toe aankom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui