🙌Belofte Woensdag🙌

"...ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg." J35:10

Jare gelede het die Here my gelei om hierdie belofte in my lewe in te spreek ("Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." S18:21) en vandag kan ek getuig dat ek dit leef, so ek wil jou aanmoedig om hierdie pragtige belofte in jou lewe in te spreek:

Ewige vreugde is op my hoof, vreugde en blydskap het ek verkry, kommer en gesug vlug weg.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

9 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. “The heart of man considereth his way,
    but the Lord directs his steps.” Proverbs 16:9 https://www.bible.com/bible/328/pro.16.9

    “For I am sure that the sufferings of this present time are not worth comparing with the glory that will be revealed in us.” Romans 8:18 https://www.bible.com/bible/328/rom.8.18
    ~~~~~~
    “Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.” S16:9 https://www.bible.com/af/bible/compare/PRO.16.9

    “Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.” R8:18 https://www.bible.com/af/bible/compare/ROM.8.18

    1. Dankie vir die deel van hierdie pragtige beloftes kosbare Kristine, die HEre rig werklik ons voetstappe.

    1. Dankie vir hierdie belofte kosbare Adina, dis so wonderlik dat ons net moet kom soos wat ons is.

    1. Dankie vir die deel van hierdie beloftes kosbare Mila, ja ons moet net glo, dan is dit moontlik. En die Here is al een wat werklik ons gebroke harte kan genees.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui