Lees Paloma se HERSTELDE Huwelik getuienis,
"My Gehou deur Elke Oomblik Wat
Ek Geval Het"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

Hoofstuk 1 “My Geliefde”

“Ek dank God
wanneer ek onophoudelik
nag en dag aan jou in my gebede dink,
terwyl ek verlang om jou te sien as ek aan jou trane dink,
sodat ek met blydskap vervul kan word.”
—2 Timoteus 1:3-4

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Beste Geliefde Suster in Christus,

Dit is nie per toeval dat jy hierdie boek in jou hande hou nie, dit is deur Goddelike Voorsiening. God het jou roep om hulp gehoor, net soos hy myne gehoor het en Hy het gekom om jou te red. Die bladsye wat volg sal vir jou ‘n gids wees, net soos Hy vir my gelei het toe ander gesĂȘ het dat my situasie hopeloos was.

Wat Hy van my gevra het was nie maklik nie, en dit sal ook nie vir jou maklik wees nie. Maar as jy ‘n wonderwerk in jou lewe wil hĂȘ, kan dit gebeur. As jy ‘n getuienis wil wees aan ander van God se betroubaarheid, sal dit gebeur. As jy werklik wil hĂȘ dat God ‘n huwelik sal herstel wat hopeloos is, dan moet jy aanhou lees. God kan en sal jou huwelik herstel, net soos Hy myne herstel het.

Die Bybel sĂȘ dat “die HERE-Sy oĂ« deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is.” (2 Kron. 16:9). Hy het jou gesoek om jou te help. Is jy gereed?

Jy sal geesdriftige gehoorsaamheid nodig hĂȘ. “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” (Matt. 7:13-14). Dit is jou keuse: Om die nou poort wat na die hemel toe lei te kies of om nou om te draai en weg te stap.

Dit is nou die tyd om te kies. “Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seĂ«n en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hĂȘ, na Sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae...” (Deut. 30:19-20).

As jy nog besig is om te lees, en nog nie hierdie boek weggegooi het nie, dan het jy gekies om voort te gaan. Trane is in my oĂ« as ek dink aan die glorieryke herlewing van jou huwelik en gesin wat op jou wag. Ek bid vir seĂ«ninge vir elkeen van julle. Ek jubel dat ons eendag sal ontmoet aan hierdie kant of aan die ander kant “die Hemel”, waar daar geen trane is nie.

Geliefde Suster in Jesus Christus, God kan en sal jou huwelik herstel: jy het Sy Woord. “Maar Jesus antwoord en sĂȘ vir hulle: Voorwaar Ek sĂȘ vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sĂȘ julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see--sal dit gebeur.” (Matt. 21:21).

Aangesien jy hierdie boek lees, neem ek aan dat jy ‘n krisis in jou lewe ondervind met jou huwelik. Het jou eggenoot jou verlaat? Het jy hom verlaat of gevra dat hy jou verlaat? Dalk het jy hierdie boek in die hande gekry voordat enige een van julle hierdie drastiese stap geneem het. Om jou eggenoot te verlaat selfs al het julle oor egskeiding gepraat in ‘n argument of selfs al is jy geskei, moet jy glo dat “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede [kan] meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is.” (Rom. 8:28).

Soos jy deur persoonlike beproewing in jou huwelik gaan, as jy regtig wil hĂȘ dat dinge ten goede moet uitwerk, moet jy God eers liefhĂȘ en werklik Sy doel vir jou lewe begeer.

Op hierdie oomblik is Sy doel om jou nader aan Hom te trek, om jou te herskep om Sy ewebeeld te wees. Hou moed, want God het gesĂȘ, “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat.” (Heb. 13:5). God sal altyd aan jou sy wees: “Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my.” (Ps. 23:4.)

Ek is seker dat “die donker dieptes” presies beskryf hoe jy oor jou situasie voel, maar God het dit toegelaat vir jou eie beswil.

Eers na die beproewing sal jy so suiwer soos goud wees “Daarin verheug julle jul, al word julle nou--as dit nodig is-'n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud (wat vergaan) maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid.” (1 Pet. 1:6-7).

Die belangrikste ding wat jy nou moet doen is om “stil te wees en weet Ek is God
” (Ps. 46:10). Dan moet jy God se wil doen. Maak seker dat alles wat jy doen en alles wat jy sĂȘ volgens die Bybel is. Doen alles soos dit in die Bybel geskrywe staan.

God het geen begeerte dat jou huwelik vernietig moet wees nie. Daarby het Hy gesĂȘ, “Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” (Matt. 19:5–6). Die Here God van Israel sĂȘ ook “Hy haat egskeiding”. ‘Neem julle dan in ag ter wille van julle gees
’ (Mal. 2:16).

Satan is die een wat wil hĂȘ jou huwelik moet vernietig word, nie Jesus nie, nie God nie. Onthou dat “Die dief (satan) kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle (jy) lewe en oorvloed kan hĂȘ.” (Joh. 10:10). Moenie satan se leuens glo nie maar “en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.” (2 Kor. 10:5).

Moenie satan toelaat om jou eggenoot te steel nie. Moenie satan toelaat om jou gesin, jou lewe en jou kinders te vernietig nie. Moenie satan toelaat om jou toekoms te steel nie. Glo my en glo ander wie vir jou uit ondervinding kan vertel dat egskeiding jou kinders se toekoms sal steel, sowel as jou eie.

Volg eerder God se weg. Neem God as jou eggenoot terwyl jy wag vir die herstel van jou huwelik, “Want jou Maker is jou Man 
” (Jes. 54:5). “ ‘Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sĂȘ die HERE, jou Ontfermer.” (Jes. 54:10).

Lees die Bybel en laat Hy jou “reinig met die waterbad deur die Woord.” (Efe. 5:26). Bid, en glo wat die Bybel sĂȘ en moenie glo wat jy sien nie, want “die geloof is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” (Hebr. 11:1). “En sonder geloof is dit onmoontlik om (God) te behaag
” (Heb. 11:6).

Niemand, behalwe God weet waardeur jy nou gaan nie of watter antwoorde jy nou nodig het nie. As jy bid (praat net met God) en luister na Hom (lees Sy Woord, die Bybel), dan sal Hy jou lei na die oorwinning wat Hy vir jou het. Moenie kies om te doen wat ander mense sĂȘ nie, die mense van die wĂȘreld, vriende in die kerk, pastore, of enige ander raadgewer wat jou iets vertel wat hy gelees of gehoor het nie. As jy bid en God se Woord lees, sal God eerste met jou praat, in jou hart, gedurende die tyd wat jy, jou Bybel lees; dan sal iemand bevestig in watter rigting Hy jou stuur, wat in lyn met Sy woord sal wees!

Meeste mense, christene of nie, vertel jou van dinge wat goed klink en wat goed voel. Maar as dit nie volg wat die Bybel sĂȘ nie, is dit verkeerd! Jy gaan agteruitgaan. “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie.” (Ps. 1:1). Wanneer dit van God is, klink dit onmoontlik (soos om te glo dat jou huwelik gered kan word wanneer almal vir jou sĂȘ “moenie”!) en jy sal altyd die Heilige Gees nodig hĂȘ om jou te help om die taak uit te voer.

Moenie impulsief optree nie. God sĂȘ gewoonlik, “Wag!” Baie kere as jy wag, verander Hy die omstandighede. God sĂȘ Hy is die “Wonderbare Raadsman” (sien Jes. 9:6). Wil jy nie die beste hĂȘ nie? Wil jy nie ‘n berader hĂȘ wat weet wat die toekoms inhou nie? Een wie eintlik jou man se hart kan versag? Daar is net Een wie vir jou die regte rigting kan wys. Vertrou God en God alleen! Daar is eintlik meer verbrokkelde huwelike in die kerk as in die wĂȘreld, so moenie enige christen, christelike berader of pastoor volg wat vir jou wĂȘreldse raad in plaas van God se raad gee nie.

Dit is so hartseer dat meeste huwelike juis deur christelike huweliksberaders vernietig word. Hulle kry ‘n paartjie sover om oor die verlede te praat en om dit te sĂȘ wat nooit geuiter moes word nie. Wrede aantuigings is slegs leuens van satan of gevoelens van die vlees. Die berader sal dan meestal na alles weergegee is, sĂȘ dat die huwelik nie gered kan word nie.

As iemand vir jou gesĂȘ het (jou eggenoot ingesluit), dat jou situasie hopeloos is, dan moet jy begin om die Here te prys. Hopelose situasies is presies wat God gebruik om Sy Mag te bewys! “By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik!” (Matt. 19:26).

Werk saam met God. En moenie dink dat sonder jou eggenoot se hulp en samewerking jou huwelik nie gered of verbeter kan word nie. Ons bediening was gestig deur en vir mense waar daar net een eggenoot was wat wou hĂȘ dat hulle huwelik herstel moet word! Al wat jy nodig het, is jou hart en God se krag. “want die HERE--sy oĂ« deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is.” (2 Kron. 16:9).

Ek het die voorreg gehad om berading te ontvang by die ‘Beste Berader’ en ek wil graag sekere gedeeltes, wat Hy met my gedeel het deur Sy Woord, met jou deel. Geen twee situasies is ooit dieselfde nie, nietemin Sy Woord is op almal van toepassing. “GeseĂ«nd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferming en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons diĂ© wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.” (2 Kor. 1:3-4).

Deursoek Sy Woord. Nadat jy gebid het. “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind
” (Matt. 7:7). “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want diĂ© mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weĂ«.” (Jak. 1:5-8).

Jy moet geloof hĂȘ! En waar kry jy geloof? Van God! Vra van Hom geloof, want “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo.
” (Jak. 1:17).

God se Woord, Sy beginsels

Geliefde, welke geval jy die Bybel goed ken of nog nooit gelees het nie, slegs die Bybel moet jou riglyn wees om jou huwelik te red. Die boek wat jy lees, besit al die verse wat God gebruik het om my deur die vuurdoop te lei na restorasie.

God het aan my gewys dat ek baie van die beginsels van die huwelik verbreek het. Hy het my ook my ander sondes openbaar waarvan ek onbewus was of nooit mee gedeel het nie (deur sondebelydenis). Al hierdie sonde en oortredinge het gelei tot die verbrokkeling van my huwelik.

Dit is dieselfde met almal wat vind hulle huwelike is besig om te verbrokkel of heeltemal vernietig, jy ingesluit! Jy sal binnekort uitvind, indien jy nog nie daarvan bewus is nie, dat dit nie net jou man is wat God se beginsels oortree het nie. Jy sal vind, soos ek, dat jy baie bygedra het tot die verbrokkeling van jou huwelik. Hierdie insig sal die keerpunt wees soos jy, jou oortredinge aanvaar en daarna kyk, nie jou man s’n nie.

Die wysheid wat ek geleer het deur die lees van die verse wat die Here my na gelei het, het my help verstaan wat die Bybel regtig is en wat dit behoort te wees in my lewe – my riglyn. Die Bybel is vol geestelike wette van God se skepping. Toe God die wĂȘreld geskape het, het Hy dit nie net met fisiese wette geskape nie, soos die wet van gravitasie, maar Hy het ook geestelike wette ingestel.

Net soos die oortreding van ‘n fisiese wet van gravitasie nagevolge sal hĂȘ soos ons wat struikel of ‘n voorwerp wat val, so sal die oortreding van beginsels van die Woord rakende die huwelik, verbrokkeling in jou huwelik veroorsaak.

Nog ‘n ongelooflike ontdekking is dat die wĂȘreld se weĂ« altyd die teenoorgestelde is van God se weĂ« en Sy Woord. Die manier hoe jy die situasie hanteer het toe jou man jou gelos het, sy egbreuk, sy drank- of dwelmmisbruik of die egskeidingsdokumente, is meer as waarskynlik dieselfde manier hoe iemand in die wĂȘreld dit sou hanteer het. Wat jy sal vind, soos ek het, dat dit presies die teenoorgestelde manier is as wat God bedoel het ons toetse moet hanteer om oorwinning te kry. “
Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wĂȘreld; en dit is die oorwinning wat die wĂȘreld oorwin het, naamlik ons geloof.” (1 Joh. 5:4).

Toe ek God se weg begin volg het, wat die teenoorgestelde weg is as wat almal gevolg het, het ek begin sien hoe my huwelik omdraai. Die weg van die wĂȘreld eindig altyd in vernietiging, maar God se weg bring altyd genesing en herstel. “Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.” (Gal. 6:8).

Ek het ‘n kitsgids saamgestel in hierdie hoofstuk om jou onmiddellik te help om jou huwelik uit ‘n krisis te kry. Hierdie beginsels, indien jy dit nougeset volg met ‘n opregte en nederige hart, sal ‘n onmiddellike toekomstige herstel van jou huwelik tot gevolg hĂȘ. Hierdie is nie deur myself gewaarborg nie, maar wel deur God se Woord.

Hoe meer ‘n vrou hierdie beginsels volg, hoe meer herstel sal sy sien as ‘n direkte gevolg van haar gehoorsaamheid. Hulle wat in ‘n krisis bly, of wat nooit hulle huwelik se herstel sien nie, is hulle wat geweier het om te glo in die geestelike wette van God of verkeerdelik glo dat hulle bo God se wette is. Een van die “Be Encouraged” kasette is volkome gewy aan getuienisse van foute wat vrouens weerhou het van hulle herstel.

Indien jy een van daardie persone is wat sterk glo dat jy nie “onder die wette” is nie en daarom vry is om God se wette te oortree, “mag dit nooit so wees nie!”

“Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!” (Rom. 6:15).

“Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” (Rom. 3:31).

“Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?” (Rom. 6:2).

Hulle wat die wet van gravitasie verstaan het geleer om bo dit uit te styg, wat daartoe gely het dat die mens daartoe in staat is om te vlieg. Die christen wat die Woord van God bestudeer sal bo die wĂȘreld uitstyg en die ongelowige verbaas wat dan God sal soek. Nietemin, ‘n persoon wat glo dat hy bo die wet van gravitasie is, en die wet oortree deur by ‘n vliegtuig uit te spring sonder ‘n valskerm sal doodval. Dit is waarom so baie christen lewens vol vernietiging is.

 

Glo en Wees Gehoorsaam

Indien jy soos baie vrouens is wat hulle huwelike wil red, moet jy nie net glo dat God jou huwelik kan red nie, maar jy moet ook die Woord gehoorsaam wees. Hierdie boek is saamgestel deur iemand wat desperaat was – desperaat om God se Woord te volg – maak nie saak wat nie!! Is jy bereidwillig om God se Woord te volg, wat ook al die koste? Al maak dit hoe seer? Die vraag wat jy, jouself moet vra is “Hoe belangrik is dit om my huwelik te red?”

Ontvang enigiets. Indien jy nie God met ywer gehoorsaam nie, kan jy nie enigiets van Hom verwag nie, want jy is besluiteloos. “Want diĂ© mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie-- so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weĂ«.” (Jak. 1:7-8). “Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.” (Ps. 119:113).

Geloof uit dade. As jy sĂȘ jy het geloof om God te vertrou vir jou huwelik, “handel” dan daarvolgens. “Wat baat dit, my broeders, as iemand sĂȘ dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? DiĂ© geloof kan hom tog nie red nie? Maar iemand sal sĂȘ: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.” (Jak. 2:14, 18). Daar is soveel getuienisse van hulle wat gekies het om te “glo” instede om gehoorsaam te wees. Almal van hulle “glo” steeds vir hulle huwelik, maar nie een is herstel nie.

Skeur dit uit, en gooi dit weg. Weereens, hoe belangrik is dit vir jou om ‘n herstelde huwelik te hĂȘ? Is jy desperaat genoeg om te doen “wat dit ookal vat” om dit te red? As jy nie glo dat God ons tot daardie manier van gehoorsaamheid roep nie, kyk dan wat Jesus sĂȘ in (Matt. 5:29-30). “As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.”

Deur die hele hoofstuk van Mattheus 5, roep Jesus ons tot hoër gehoorsaamheid as wat geskryf is in die Ou Testament. Lees dit om jouself te motiveer tot die punt waar jy fanaties begin lyk. Indien wat jy nou doen nie mal lyk vir ander nie, dan behoort jy meer radikaal te word in jou verbintenis aan jou huwelik, want dit is wat dit vat!

Ons moet almal wees soos Petrus in ons gehoorsaamheid. Elke keer wanneer hy gevra was om iets te doen, soos toe hy Jesus toegelaat het om sy voete te was, het hy oorboord gegaan. Hy het tot oorboord gegaan toe Jesus vir hom gevra het om uit die boot te klim. Hy was die enigste een wat Jesus met soveel ywer gevolg het. Net so, het Jesus Petrus vermaan oor sy klein geloof. Is jy louwarm? “Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.” (Open. 3:16).

Glo en vertrou dat God jou wil en kan herstel en weer opbou, asook jou huwelik en jou familie. God het nie enige ander persoon daar buite vir jou nie, Hy dink ook nie jy het die verkeerde persoon gekies om mee te trou nie. “Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie 'n egbreekster is as sy 'n ander man s'n word nie.” (Rom. 7:2-3).

As jy daaraan dink om weer te trou, dit is nie ‘n opsie nie. Daardie tweede huwelik het ‘n minder as 20% kans op oorlewing. Jy sal ‘n 8 uit 10 kans hĂȘ om deur nog ‘n pynlike egskeiding te gaan! Dan is dit na nommer drie en vier. Stop nou by watter getal jy ook al is. Daar is ‘n beter weg!

In plaas daarvan, “Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!” (Ps. 27:14). (Sien ook Ps. 27:14, Jes. 35:4.) “Help U ons tog teen die vyand, want hulp van mense – dit is niks. Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap.” (Ps. 60:11). (Sien ook Ps. 108:12.) (Lees asseblief hoofstuk 11, “Want Ek Haat Egskeiding” vir meer inligting.)

Moenie met ander praat oor jou situasie nie. Praat eers met God; deursoek sy Woord vir die antwoord. “
soek, en julle sal vind
” (Matt. 7:7, Luke 11:9). “Hy is die Wonderbare Raadsman.” (Jes. 9:6). “Moenie die raad van die goddeloses volg nie.” (Ps. 1:1). Moenie met ander praat oor jou situasie nie: “
Een wat haar man in die skande steek, is vir hom soos vretende kanker.” (Ps. 140:11).

Ook, “Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.” (Spr. 31:11). En “Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.” (Matt. 12:37). “
iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.” (Spr. 16:28). (Sien ook Spr. 17:9.) (Sien hoofstuk 7, “Gaafheid uit haar Mond” vir meer kennis. Sulke kennis is uiters noodsaaklik en nie opsioneel nie: “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewys is nie.” Hos. 4:6.)

Vra God vir 'n vroulike gebedsmaat wat saam met jou God sal vertrou vir jou en jou huwelik. As jy jou huwelik wil herstel, bly weg van enkellopende groepe!! Jy hoort nie daar as jy ‘n begeerte het om jou huwelik te herstel nie. Bly weg van “ondersteuningsgroepe” wat niks meer as “selfbejammerings partytjies” is nie. As jy ‘n herstelde huwelik wil hĂȘ, moenie ‘n egskeiding herstel groep bywoon wat jou net sal aanmoedig om aan te beweeg nie. Jy moet nou kies of jy hoop of die beĂ«indiging vir jou huwelik wil hĂȘ.

In plaas van om by ‘n groep aan te sluit, stel ons voor dat jy bid en God vra vir een ander vrou wat jou sal bystaan. Ek het slegs een persoon en God gehad. Al wat jy nodig het is een ander persoon en God. Deur ons webblad kan jy ‘n bemoedigingsmaat vind wat sal verstaan.

Stop alle rusie met jou man! Hierdie een beginsel sal ‘n besluitende faktor wees of jou huwelik herstel gaan word. Daar is so baie verse oor hierdie onderwerp, ek kan vir jou bladsye en bladsye tik. Hier is ‘n paar: “
kom betyds tot ‘n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is
!” (Matt. 5:25). “’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam.” (Spr. 15:1). “Om rusie te begin, is om ‘n damwal te breek; staak liewer die getwis voor die vloed jou tref.” (Spr. 17:14). “As ‘n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir ‘n wyse, en as hy sy mond toehou, vir ‘n verstandige mens.” (Spr. 17:28).

“As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.” (Spr. 31:26). “Dit is eerbaar om ‘n rusie te vermy; enige dwaas kan ‘n rusie begin.” (Spr. 20:3). En, “Die selfsugtige mens lewe net vir homself, hy verwerp alle oorlegpleging.” (Spr. 18:1). Is jy ‘n vrou wat die hele tyd kyf? (Sien hoofstuk 6, “ ‘n Twisgierige Vrou” en hoofstuk 8, “Sonder Woorde” vir meer inligting.)

Verwyder die haat en seer en probeer om liefdevol in jou man se oĂ« te kyk.. “Die wat swaarkry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.” (Ps. 34:5). “Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.” (Matt. 23:12, Luk. 14:11, Luk. 18:14). Petrus het gevra hoeveel keur hy sy broer moet vergewe wat teen hom gesondig het. “Sewe keer?” het hy gevra. Jesus antwoord hom, “Ek sĂȘ vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.” (Matt. 18:22). Dit is 490 keer! Het jy besluit om nie jou man te vergewe vir wat hy aan jou en jou kinders gedoen het nie? Die gebrek aan vergifinis is baie gevaarlik vir jou en die toekoms van jou huwelik. (Vir meer inligting lees hoofstuk 9, “‘n Sagmoedige en Stille Gees” onder die opskrif “Vergifnis.”) Indien jy sukkel om te vergewe, kry ons getuieniskasset. Dit is ‘n kragtige voorbeeld van hoe God “jou vergifnis gee” vir jou man soos jy aan Hom oorgee!

Jy moet begin om jou eggenoot te sien soos God hom sien. Bid vir jou eggenoot. Jy moet hom en almal wat by hom betrokke is vergewe (vriende, familie, medewerkers en die ander vrou ook). (Weereens sien hoofstuk 9, “Sagmoedige en Stille Gees” onder die opskrif “Vergifnis” oor die gevare van nie vergewe nie.) Dan sal jy gereed wees om te bid vir die man wat God graag wil hĂȘ jou eggenoot moet wees. Hou op om na al die slegte goed te kyk wat hy besig is om te doen. Vervang dit met om vir God te vra om jou die goeie te wys wat hy doen en gedoen het in die verlede. (Sien hoofstuk 7, “Wysheid en Vriendelike Onderrigting is op Haar Tong” onder die opskrif “Respek” vir meer inligting.)

Dank God vir hierdie dinge en maak tyd om dankie te sĂȘ vir jou man wanneer hy bel of kom kuier. Maar as jy, jou man verlaat het of beveel het om die huis te verlaat, moet jy hom bel en sy vergifnis vra. Hierdie punt is krities. Hoe langer jy wag, hoe groter is die moontlikheid van owerspel, as dit nie alreeds gebeur het nie. (Lees asseblief die getuienisse op ons webblad wat bewys lewer van hoe hierdie beginsels gewerk het in die lewens van baie vrouens wat dit gevolg het.)

Wanneer jy bely het, moenie aanhou bely nie. Dit kan teenwerkend wees. Dit is ook nie die kwessie of jou man die verskoning aanvaar of nie. Jy doen dit uit nederigheid en gehoorsaamheid aan God, niks meer nie.

Praat vriendelik en liefdevol met jou man wanneer jy ‘n geleentheid kry om met hom te praat. “Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens.” (Spr. 16:24). “’n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput.” (Spr. 17:22, Spr. 18:14). Jy hoef nie bly te wees oor jou huweliksprobleme nie, maar wees bly dat God dit alles onder beheer het. “Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om te huil. Later lewer dit egter vir die wat daardeur gevorm is, ‘n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.” (Heb. 12:11).

Moenie na skinderstories luister of na iemand wat vir jou slegte dinge van jou man probeer vertel nie. “Liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie
” (1 Kor. 13:7). Miskien sĂȘ jou man dat hy nie betrokke is by iemand anders nie, maar jy weet hy is. Nietemin, moet jy hom eerder glo. Jy is nie dom of naĂŻef nie, jy wys God se onvoorwaardelike liefde. 

Soms is dit jou familie of naaste vriende wat jou probeer oorreed om voort te gaan met die egskeiding of jou man af te skiet oor die dinge wat hy gedoen het of doen. Jy moet jouself afsonder van hulle wat probeer om jou te laat afdwaal van God deur jou vlees en emosies te voer. “Vermy ‘n dwase mens; jy sal nie by hom leer om verstandig te praat nie.” (Spr. 14:7). “Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; bly weg van iemand wat baie praat.” (Spr. 20:19). As jy van jou man skinder, sal ander ook jou man beskinder! “Wie sy naaste beskinder, wil ek uitwis
” (Ps. 101:5).

Omdat jy baie raad sal ontvang wat in teenstelling is met die wil van God en Sy Woord, moet jy nie jou situasie met ander bespreek nie. Uiteindelik sal dit self-bejammering en woede in jou opwek. Hierdie emosies is van die vlees en sal veg teen jou gees. God sĂȘ in Gal. 5:17, “Wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.” Om na besprekings te luister of berading vir jou situasie te soek, sal verwarring veroorsaak aangesien die meeste Christene nie regtig die Woord van God ken nie en sommige pastore jou sal adviseer in stryd met God se Woord! Tensy hulle “op dieselfde water geloop het” mag hulle God se beginsels verontagsaam en verkleineer wanneer jy die hele onbuigsame Woord van God, desperaat nodig het om jou huwelik te red!

Moenie probeer uitvind wat jou man doen nie. Indien jy vermoed daar is iemand anders, of jy weet daar is iemand anders waarmee hy betrokke is, doen dan wat God sĂȘ: “Hou jou oĂ« op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree.” (Spr. 4:25). “Moenie bang wees dat ‘n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in ‘n strik beland nie.” (Spr. 3:25-26). En weereens onthou, Liefde “glo alles.” (1 Kor. 13:7).

Moenie jou man of ander persone betrokke konfronteer nie! Dit is ‘n net van satan. Ek, soos baie ander vrouens, het in hierdie slaggat geval. Passop! Jy sal die vlees bevredig maar die nagevolge sal jou vernietig en enige gevoelens wat jou man vir jou het. Moenie met die ander vrou oor die telefoon of in persoon praat of vir haar ‘n brief stuur waarin jy haar vergewe nie. Dit is nie God nie. Dit is die duiwel wat speel met jou self-regverdigheid.

Baie maal dink vroue verkeerdelik dat hulle hulle mans moet konfronteer omdat hulle nie daarmee moet wegkom nie. Almal wat hulle mans gekonfronteer het, uit onkunde soos ek of deur hierdie boek of my persoonlike waarskuwing te ignoreer het aan my geskryf om te sĂȘ hoe spyt hulle is. Hulle almal het gedeel dat dit vele aaklige nagevolge gehad het! Moet asseblief nie soos Eva wees wat voortgegaan en gedoen het wat sy geweet het verkeerd is nie!

Sodra die sonde ontbloot is, sal dit voor jou gesig gewapper word en sal jy die voordeel verloor wat God jou gegee het as “jou eie vrou” (Spr. 5:18). Jy moet onthou, Liefde “glo alles
” (1 Kor. 13:7).

Jy moet ten alle tye onthou dit is ‘n geestelike oorlog. Soos met alle oorloĂ«, is dit dwaas en gevaarlik om die vyand te laat agterkom wat jy weet. Geen oorlog in die Bybel was ooit gewen deur eerstehandse inligting te openbaar nie. Dit vertel ook nie vir ons om die vyand se strategie te openbaar nie. In plaas daarvan, waarsku die Bybel, ons moet dit veg as ‘n geestelike oorlog. 1 Tim. 1:18 sĂȘ om die “goeie stryd te stry
” “
maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie.” (2 Kor. 10:3). Ons word gesĂȘ: “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.” (1 Pet. 5:8).

Jou man, en ander werk saam met die duiwel as sy slawe om jou huwelik, toekoms en kinders te vernietig. “Julle weet tog: as julle, julle aan iemand onderwerp, is julle die slawe van die een aan wie julle gehoorsaam is. As dit sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.” (Rom. 6:16). Om hierdie oorlog te wen, moet jy ‘n slaaf van regverdigheid wees – moenie hom konfronteer oor sy sondes of wat jy weet nie!!

Moenie probeer uitvind waar jou man is indien hy nie vir jou gesĂȘ het waar hy is nie! Dit is God se beskerming vir jou! Wees stil, wees kalm. Gaan na jou binnekamer en begin om te veg deur gebed op jou knieĂ« voor God. God kan jou man se hart verander, maar jy sal dit verhard as jy openlik wantroue, suspisie en jaloesie toon. “Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here; soos ‘n stroom water lei Hy dit soos Hy verkies.” (Spr. 21:1). Die ander vrou sal dan skuldig vertoon, nie jy nie. Elke man beskerm en verdedig die egbreekster wanneer sy vrou fisies of verbaal die ander vrou aanval. Wees stil! Luister na die “Be Encouraged” videos en kassette om hierdie noodlottige fout te vermy.

Moenie oorhaastig reageer met enige besluit nie. Op hierdie stadium dink jy nie helder nie en reageer jy heel waarskynlik op jou emosie eerder as wysheid. “
oorhaastigheid bring foute.” (Spr. 19:2). “
 ‘n verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.” (Spr. 14:15). “Daar is ‘n lewenswyse wat vir ‘n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood.” (Spr. 16:25 en Spr. 14:12). “Jy sien self: vir die man wat praat sonder om eers te dink, is daar minder hoop as vir ‘n dwaas.” (Spr. 29:20).

“Mense kan dobbel, maar die Here bepaal hoe dit uitkom.” (Spr. 16:33). “Wie wysheid het, is versigtig en vermy kwaad.” (Spr. 14:16). Moenie oorhaastige veranderinge maak soos om ‘n “besoekersskedule” op te stel nie. Moenie haastig wees om ‘n egskeiding te kry nie. God sĂȘ: “Ek haat egskeiding.” (Mal. 2:16). Moenie uittrek of jou huis verlaat nie: “Sy [‘n egbreekster] is luidrugtig en uitdagend, haar huis is te nou vir haar; sy maak haar rontes in die strate, op die stadpleine, sy staan en loer by elke hoek.” (Spr. 7:11). Moenie haar weĂ« volg nie!

Het jy na jou man gegaan met jou behoeftes, vrese of probleme – sodat hy jou in die steek laat of verwerp? Memoriseer hierdie verse: “My God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens Sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus.” (Fil. 4:19). “As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie
! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!” (Ps. 27:13).

“As die Here tevrede is met ‘n mens se lewe, laat Hy selfs so ‘n mens se vyande in vrede met hom lewe.” (Spr. 16:7). “Alles aan haar spreek van ‘n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.” (Spr. 31:25). In plaas van smeek, neem die geleentheid om dankie te sĂȘ vir jou man en hom te prys dat hy vir jou versorg het in die verlede. Dit is God se manier: dit word vergenoegdheid genoem.

Deel van jou probleem is moontlik jou beroep. God het gesĂȘ ons moet wag vir dinge, maar ons beweeg vooruit en bestorm dinge, miskien het jy “nodig” gehad om te gaan werk. Nou is jou huis leeg terwyl jy werk, jou kinders is in ‘n dagsorg en jou man het sy eie woonstel. Satan is ‘n leuenaar!

Binnekort gaan jy jou huis wat jy so hard voor gewerk het verloor. Laat God toe om jou huis, jou familie en jou huwelik te red. (Sien die gedeelte “Almal se dienaar” in les 14, “Die Maniere van Haar Huishouding” vir meer inligting. Hierdie les kan jy vind in “'n Wyse Vrou.”)

Moet nooit jou man se hulp en ondersteuning soek in jou huidige beproewinge nie. Daar is geen beter manier om jou man van jou weg te dryf as om hom alles te vertel wat verkeerd is by die huis nie! Die rede hoekom hy jou verlaat het was om te “vlug” van die moeilikheid. Hy sal nooit terugkeer na ‘n huis waar daar chaos is of om jou te kom help nie – nooit! ‘n Man wat jou verlaat of betrokke raak met ‘n ander vrou konsentreer daarop om geluk te vind. As jy hulp kry deur jou liefdesverhouding met God, soos jy behoort, dan wanneer moeilikheid kom (en dit sal), sal jou man huis toe hardloop.

Het jy ooit jou man aangemoedig om jou te verlaat? Ons by Restore Ministries het te veel vrouens gesien wat hulle mans gevra het om te loop, of wat eerste die woord “egskeiding” genoem het in tye van woede. Wanneer jy ‘n slegte saaitjie plant, moenie verbaas wees as hy in owerspel beland nie. Woorde het meer krag as wat jy besef. “Dit sĂȘ Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sĂȘ, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag.” (Matt. 12:36).

As daar al ooit probleme soos alkohol, dwelms of mishandeling was, moenie owerspel daarby voeg nie. Miskien wou jy hĂȘ hy moes jou verlaat oor alkohol, dwelms of owerspel. Of miskien het julle net gevoel julle is nie meer lief vir mekaar nie. Lees asseblief hoofstuk 8, “Gewen sonder ‘n Woord” onder die opskrif “Vertroos diegene” vir meer inligting.) Mans wat uit hulle huis getrek het word as “enkel” beskou al is hulle nie! Om uitmekaar te gaan is die eerste stap na egskeiding. En egskeiding is ‘n lewensveranderende fout.

Baie ouer vrouens wat onkundig is oor die vernietiging van uitmekaargaan, adviseer jong vrouens om hulle mans te vra om hulle te verlaat of om hulle nie toe te laat om terug te kom nie. Ouer vrouens, soos gemeld in Titus 2, moet onderrig wat goed is en jonger vroue aanmoedig “
om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die Woord van God nie in twyfel kom nie.”

Die uitmekaargaan waarvan gepraat word in 1 Kor. 7:5 moet met wedersydse toestemming gedoen word en vir die doel om te vas en bid. Hierdie vers bevestig dit: “En as ‘n vrou met ‘n ongelowige man getroud is en hy gewillig is om by haar te bly, moet sy nie van die man skei nie.” (1 Kor. 7:13).

Om ‘n keuse te maak om uitmekaar te gaan of te skei, kies jy om nie net jou lewe te vernietig nie, maar ook jou man se lewe sowel as die toekoms van jou kinders. Jou (toekomstige) kleinkinders, jou ouers en al jou vriende sal ook die verwoestende effek van hierdie selfsugtige, onkundige en dwase besluit ervaar.

Deur voor te stel dat jou man jou verlaat, het jy die eerste stap in die rigting van egskeiding geneem. Is dit nie tyd vir omdraai voordat dinge verder gaan nie? Die wĂȘreld en satan het jou oortuig dat hierdie uitmekaar gaan of egskeiding dinge beter sal maak, maar dit is ‘n leuen! As dit waar was, sou 8 uit 10 mense nie in 'n tweede of daaropvolgende huwelik geskei het nie. Weereens, is die Bybel duidelik: “En as ‘n vrou met ‘n ongelowige man getroud is en hy gewillig is om by haar te bly, moet sy nie van die man skei nie. (1 Kor. 7:13).

Indien jou man jou verlaat het, moet jy ophou om hom te agtervolg, druk of in sy pad te staan. Hy sal net harder probeer om van jou af na die bose toe te hardloop. “WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie.” (Ps. 1:1). Die enigste padblokkade behoort “doringtakke” te wees. (Hos. 2:6). Jy moet die boek van Hosea in jou Bybel lees. Ons het vir jou ‘n gebed geskryf wat jy kan memoriseer gebasseer op die “pad versper met doringtakke.” (Jy sal dit in hoofstuk 17, “Om in die Bres te Tree.” vind). Bid dit daagliks vir jou man.

Baie bedienings moedig “staanders” aan om die eggenoot te volg wat hulle verlaat het, met die laat van telefoonoproepe, kaarte, briewe en verklarings oor hulle “huweliksooreenskoms”. Dit is nie skriftuurlik nie en het veroorsaak dat baie “lewenslange staanders” geword het. Die Bybel sĂȘ, “As die ongelowige egter wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die gelowige man of vrou nie gebind nie. God het julle geroep om in vrede te lewe.” (1 Kor. 7:15). “WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie” (Ps. 1:1). Die Bybel sĂȘ: Jy moet jou man laat weet dat hy vry is om te gaan (gebaseer op 1 Kor. 7:15). Dit sal hom stop om te hardloop, te skei of in ‘n ander huwelik te spring!

Maar ek is reeds geskei. Dit is nooit te laat nie al het ‘n egskeiding reeds plaasgevind. Baie “trou weer” hulle gewese eggenoot na hulle egskeiding. “Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” (Rom. 12:21). God het Sy profeet Hosea spesifiek gevra om weer met sy vrou Gomer te trou nadat sy blatant ontrou was aan hom. “Want sy is nie my vrou nie, en ek is nie haar man nie
” “
Dan sal sy dalk sĂȘ: ‘Ek sal na my eie man toe teruggaan, want ek was by hom beter versorg as nou.’ ” (Hos. 2:7). “Die Here het vir my gesĂȘ (Hosea), ‘Gaan knoop weer ‘n liefdesverhouding aan met ‘n vrou wat vir ander mans lief is en egbreuk pleeg
’ ” (Hos. 3:1). God het die storie van Hosea gebruik om sy verbondenheid aan Sy eie bruid (die kerk) te wys asook sy sterk gevoel oor die huwelik.

Moenie toelaat dat jou kinders jou pyn of woede sien teenoor jou man nie. Doen alles om jou kinders te beskut van wat besig is om te gebeur. Dit sal slegs negatiewe gevoelens veroorsaak teen hulle vader. (Luister asseblief na “Be Encouraged” kasset #4, om te sien hoe om dit skriftuurlik te doen.) Moenie jou man blameer nie. “‘n Wyse vrou sorg vir haar huis; ‘n vrou sonder wysheid breek alles af.” (Spr. 14:1). “Die Here draai die hart, soos ‘n stroom water lei Hy dit soos Hy verkies.” (Spr. 21:1). Wees versigtig waarheen jy, jou kinders se harte draai. “Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.” (Mal. 4:6). Want “
die vaders is vir hulle seuns ‘n sierraad.” (Spr. 17:6).

Die Here het hierdie beproewinge in jou en jou kinders se lewe toegelaat, vir ‘n tyd, om jou nader aan Hom te trek en sy werk in julle almal te volbring en dan jou saam terug te bring vir Sy glorie. Wanneer jou man nie naby is om te blameer nie, kyk na God! Wanneer jy nader aan Hom is, kan Hy jou meer na Sy beeld verander! “Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.” (Ps. 34:5).

Moenie toelaat dat jou kinders sleg van hul vader praat nie. Jy moet respek afdwing vir hul vader (ongeag of hulle 5, 15 of 25 is!). “Eer jou vader en jou moeder.” (Exod. 20:12, Deut. 5:16, en Mark 7:10). Weereens onthou, “Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.” (Mal. 4:6). (As jy sleg gepraat het van hul vader, vra eerste God se vergifnis, daarna vra jou man se vergifnis en daarna jou kinders.) “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie.” (Spr. 28:13). Begin dan jou man opbou in jou kinders se oĂ« en jou eie. (Sien hoofstuk 7, “Wysheid en Vriendelike Onderrigting is op haar Tong” onder die opskrif “Respekteerbaar ” vir meer inligting.)

Onthou, dit sal moeilik wees om respek af te dwing vir hulle vader as jy nie respek vir jou man toon.

Moenie toelaat dat jou kinders tugteloos raak nie. “
’n kind wat sonder dissipline grootword steek sy moeder in die skande.” (Spr. 29:15) In plaas daarvan dat jou kinders uiting gee aan hulle woede, gebruik die tyd om hulle te leer om hulle vader te vergewe en vir hom te bid. Wanneer die woede verdwyn het, sal hulle steeds die pyn voel, leer hulle dan om op die Heiligie Gees staat te maak vir vertroosting. Hierdie vers het my 5 jarige gememoriseer: “God self het gese: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.’” (Heb. 13:5). U kinders is op die oomblik verward, gee hulle duidelike aanwysings. (Sien les 15, “My Mother’s Teaching” vir meer inligting in “A Wise Woman.”) Weereens, gaan jy probleme hĂȘ om dit af te dwing as jy ‘n tekort het aan beheer.

Wees versigtig om nie die “maklikste” weg te kies nie. Dit mag na die maklikste weg lyk, maar op die einde is dit die weg na meer droefheid, beproewinge, moeilikhede en hartseer as wat jy op die oomblik ondervind. Ons wat deur moeilike huwelike, uitmekaargaan en deur egskeidings is, wil jou waarsku teen enige idees, boeke of ander mense wat jou wil oortuig na die weg van die wĂȘreld, dit eindig altyd in ramspoed! As die wĂȘreld dit goedkeur dan weet ons as christene dit is die wye pad na vernietiging.

Smal is die weg wat lei na die lewe en hulle wat dit kry, is min! “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en die wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en die wat dit kry, is min.” (Matt. 7:13-14). Jy moet kyk vir daardie smal weg in al jou besluite, die manier hoe jy met ander praat en die manier hoe jou beproewinge, nou en in die toekoms, wat na jou kant toe kom hanteer.

Wees asseblief versigtig wat jy lees. Die boeke wat se grondslag filosofie of geskryf deur sielkundiges of huweliksberaders is, sal jou verstand vul met vernietigende gedagtes. Wees versigtig om boeke te lees met onderwerpe soos “harde liefde”, “gee smaak aan jou huwelik” en “mede-afhanklikheid”. Ons het die skade gesien wat hierdie idees aangerig het in huwelike en vrouens wat na dit gekyk het in desperaatheid. Begin om jou verstand te hernuwe met God se Woord. As jy iemand is wat in die Woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink (soos in Psalm 1), sal jou voorspoedig wees in alles wat jy aanpak!!

Kyk na God en hulle met dieselfde “denke” wat jou bemoedig om God te vertrou vir jou huwelik. Gaan asseblief na die Berader (God se Woord) wat gratis is, en spaar jou geld en jou huwelik. God wil jou vir Homself hĂȘ. Bly weg van “professionele”. Elke professionele mens het sy/haar manier en oortuigings. Daar is miljoene beide christene en sekulĂȘre huweliksberaders en boeke oor huweliksprobleme. As hulle al die antwoorde geken het, hoekom is daar ‘n epidemie van egskeidings, veral in die kerk?!!

Waar moet jy begin? Wat moet jy doen? Begin om jou afgebreekte huis na die rots te skuif. “Die stortreĂ«n het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.” (Matt. 7:25). “ ‘n Wyse vrou sorg vir haar huis; ‘n vrou sonder wysheid breek alles af.” (Spr. 14:1). “Daar is verstand nodig om ‘n huis te bou, insig om sy fondamente te lĂȘ, kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goed.” (Spr. 24:3).

Prys God in alle dinge. “Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ‘n offer van lof bring, die lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat Sy Naam bely.” (Heb. 13:15). “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” (Fil. 4:4).

Leer om regtig te bid. “En Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ‘n muur sou bou en die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie.” (Ezek. 22:30). Om in die bres te tree beteken nie om in jou man se pad te staan nie!

Neem elke gedagte gevange. “
en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” (2 Kor. 10:5).

Begin om jou verstand te vernuwe om soos God s’n te wees en om af te kyk na jou situasie soos Hy daarna kyk, van bo af. Kry 'n Wyse Vrou en werk daardeur saam met ‘n vriendin. Kry ‘n “Bybel Beloftes Boek” van jou plaaslike christelike boekwinkel en sit dit in jou badkamer. Baie vrouens gebruik dit as hulle bidkamer wanneer hulle kinders en man in die huis is. Dit is ‘n plek van toevlug en jy kan Sy beloftes bepeins.

Kry 3x5 kaartjies en skryf verskillende Bybelverse neer wat jy kan gebruik om jou gedagtes te vernuwe om in die Gees te veg (die Swaard van die Gees is die Woord van God), of om dit te gebruik as jy ‘n aanval van vrees, twyfel of leuens ervaar. Hou dit by jou en lees dit oor en oor. Hou op om so baie oor jou probleme te praat, luister na God en lees Sy Woord. Psalm 1 gee ‘n belofte aan jou “
maar iemand wat in die Woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.” Prakties gesproke, as jy hierdie boek lees en oorlees tot ‘n punt waar dit uitmekaar val of tyd maak om die 3x5 kaartjies te maak met die verse wat jy nodig het, sal jy nie kan help om op die Woord te mediteer nie. Omtrent elke vrou wat ek ontmoet wat ‘n gerestoreerde huwelik het, het een van hierdie dinge of albei gedoen.

Geen huwelik is te ver heen nie! “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” (Matt. 19:26.) Weereens onthou dat dit nie waar is dat jy en jou man, saam hulp moet soek vir julle huwelik nie. Ons het die goeie “vrugte” van vrouens wat God gevra het om hulle mans se harte te verander en aan hulle te werk gesien, en God was getrou. (Matt. 7:16, 20.) “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sĂȘ: “Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal, en intussen is daar ‘n balk in jou eie oog?’ Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.” (Matt. 7:3, Luk. 6:41.) Ons bid dieselfde vir jou: dat jy duidelik sal sien hoe om regtig jou man te help deur `n goddelike vrou te wees met `n sagmoedige en stil gees wat glimlag oor die toekoms.

Hoe lank? Baie vroue het my al gevra vir “hoe lank” hulle eggenote weg sal wees of “hoe lank” hulle beproewing sal aanhou. Dit mag help as jy daaraan dink as ‘n reis. Hoe lank dit neem hang dikwels af van jou. Soos die Here jou ‘n plek wys waar Hy aan jou werk, werk jy saam met Hom. Moenie op `n syspoor gebring word deur die alledaagse lewe nie. Satan sal die “sorge van die wĂȘreld” bring om die Woord van God uit jou te wurg. Hy sal ook situasies, noodgevalle en ander krisisse bring wat jou aandag van jou bestemming sal wegdraai – jou gerestoreerde gesin!

Te dikwels lyk dit of die reis “gaan staan”. Neem net die volgende stap van gehoorsaamheid. Ons “Be Encouraged” videos of kassette kan help. Wanneer jy moeg raak van wag, moenie moed verloor nie. Dit is die tyd wat God gebruik om ons geloof te rek en ons aandag te fokus op die werk wat Hy in ons lewens doen. Al wat nodig is, is ons gehoorsaamheid, wat geestelike krag sal vrystel om ons onthalwe. Dit is nie nodig dat God vir ons `n gedetailleerde verduideliking gee wat Hy doen nie. Ons weet dat Hy sy doelwitte sal laat uitwerk wat ookal gebeur, ook wanneer ons `n fout maak. Ons moet glo dat Hy werk met mense en situasies en omstandighede rangskik Hy vir sy goeie werk met ons.

Daar is NOG hulp!

Toe vroue voortgegaan het om na ons toe te kom, moeg en sonder hoop, is ons gelei om 'n gemeenskap op ons webwerf te skep om meer hulp, ondersteuning, medelye en leiding te gee aan diegene wat hul huwelike en al die verhoudings in hul lewens wil herstel.

Ons nooi jou graag uit om deel te neem aan ons gemeenskap. Ons het soveel wonderlike lofverslae oor hierdie gebied van ons bediening ontvang, en dit groei van mond tot mond. Wat nog meer opwindend is, is dat ons gesien het hoe meer verhoudings op 'n gereelde basis herstel was, meer as wat ons ooit gedink het!

Ons wil jou ook help om 'n eVennoot te vind, wat 'n aanmoediging, gebed en aanspreeklikheidsvennoot is. Vroue word gepaar met ander vroue wat deur dieselfde of 'n soortgelyke situasie gaan en het 'n hart om elke area van hul lewens te herstel. As jy wil aansluit, besoek ons ​​webwerf by:

Uiteindelikhoop.com

Baie vroue in jou situasie praat met lof van die verandering in hulle omstandighede nadat hulle 'n Wyse Vrou gelees het, wat blyk om van ontsaglike waarde te wees vir die herstel proses.

Om meer hoop te gee wanneer almal jou vertel dat jou situasie hopeloos is, het ons ons getuienisboek, By die Woord van hulle Getuienis. Hierdie boek is vol getuienisse van hopelose huwelike wat God wonderbaarlik herstel het. As jou ouers, vriende, pastore of kollegas dink jy is mal omdat jy glo dat God jou huwelik kan herstel, gee hulle 'n By die Woord van hulle Getuienis boek en kyk hoe hulle jou begin aanmoedig eerder as om jou te ontmoedig!

Ons het ook 'n boek, vrae en antwoorde, wat bewys is dat dat dit baie nuttig is om baie van die vrae wat jy mag hĂȘ oor die herstel van huwelike te beantwoord. Hierdie boek bevat meer as 300 vrae, wat deur die Skrif beantwoord word. In hierdie boek vind jy die antwoorde vir die meeste, indien nie al, van die vrae wat jy mag hĂȘ in terme van die praktiese uitloop van die beginsels waaroor jy nou leer.

Ons gewildste hulpbron is 'n video reeks wat in meer besonderhede gaan en jou meer help om al jou baie vrae te beantwoord — die Word aangemoedig video reeks. Dit sal die meeste, indien nie al jou vrae beantwoord wat jy dalk nog het oor die praktiese toepassing van die beginsels wat jy gelees het of nog gaan lees.

Ons sien uit na die geleentheid om jou te help deur ons webblad en vir jou te bid as jy gebedsversoeke stuur. Tot dan, laat my nou vir jou bid
.

“Liewe Here, lei asseblief hierdie spesiale suster tydens die moeilikheid in haar huwelik. Wanneer sy van koers af raak, sal sy agter haar ‘n stem hoor sĂȘ: ‘Hier is die pad, loop hierlangs. (Sien Jes. 30:21)

“Al val daar duisende om haar, vir haar sal niks tref nie. Verseker haar dat wanneer sy `n duisend sien val aan haar regterkant en tienduisend aan haar linkerkant, help haar om te weet as sy U volg, dit nie met haar sal gebeur nie. (Sien Psalm 91:7) Verberg haar onder U beskermende vlerke.

“Help haar om die smal weg wat na die lewe lei te vind, die oorvloedige lewe wat U het vir haar en haar gesin. Here ek bid vir `n getuienis wanneer hierdie moeilike of gebroke huwelik gerestoreer word sodat U dit vir U Glorie kan gebruik. Ons gee U al die eer en glorie, Amen.”

"Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelĂȘ die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in diĂ© dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het." my herstelde huwelik! 2 Timotheus 4:7-8

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal. 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui