Liefde en Gehoorsaamheid

‭Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe. 3J1:4

Toe ek die les Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 13 ”As Jy My Liefhet” gelees het, het ek geleer:

Liefde en gehoorsaamheid loop saam. Om gehoorsaam te wees aan die Here is dit nie net gehoorsaamheid nie maar gehoorsaam te wees oor ek Hom lief het. Dit laat my dink hoe hartseer dit my maak wanneer my kind nie vir my luister nie. So wanneer ek nie gehoorsaam is nie maak ek Hom hartseer. Om gehoorsaamheid te toon aan die owerhede is ons gehoorsaam aan die Here. Deur gehoorsaam te wees wys ons ook ons liefde. En saam met gehoorsaamheid kom seeninge. En om Hom te vra om die gebiede te wys waar ek in rebellie leef, sal Hy.

As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer J14:15

Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.  1S15:23

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Liefde en Gehoorsaamheid”

  1. Ja kosbare Kristy, dit gaan nie oor wat ons uit die Here se hand kan kry nie, maar om gehoorsaam te wees omdat ons Hom lief het en Hy ons met so onbeskryflike ewigdurende liefde liefhet.

  2. Dankie Kristy, liefde vir ons Geliefde maak dat ons gehoorsaam wil wees, dit is nie ‘n geforseerde gehoorsaamheid nie, maar ‘n begeerte wat ons diep in ons harte het om ons liefde aan Hom te bewys deur gehoorsaamheid.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui